Die Verlore Seun – Hoofstuk 13 Die Slot Rooi Mier Josáfat voel oorweldig. Hy het op die meeste verwag dat sy pa hom ’n dienskneg sou maak nadat hy soveel hartseer veroorsaak het. Dieselfde vader wat hy verwerp het, verwelkom hom nou met ope arms terug. Daar is absoluut niks wat hy kan doen om dit te vergoed nie. Hy dink aan sy verlede. Alles wat hy deurgemaak het, was die gevolg van sy eie keuses. Hy het sy pa geblameer omdat hy sogenaamde “outydse” waardes op hom afgedwing het. Nou besef hy: sy pa het dit nie afgedwing nie — hy het hom ’n keuse gegee. Om binne die raamwerk van familie-waardes te leef, was sy eie besluit. Hy het Markus ook geblameer. Maar waarvoor? Omdat Markus gehoorsaam was? Omdat hy die waardes nie net aanvaar het nie, maar geleef het? Ag, as ek maar net nie so kortsigtig was nie, kon ek my al die pyn gespaar het. “Ja, Josáfat,” hoor hy sy pa se stem in sy gedagtes, “sonde en ongehoorsaamheid bring pyn — meestal vir jouself. Ons word vir ons eie sondes ver...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.