Al Wiekker, Al Wakker – Rooi Mier (Nie ’n storie nie, nog minder ’n gedig; net gedagtes wat neergepen moes word.) Onthou jy nog die aande – die aande van samesyn, die aande van ’n mamma en pappa, en ook die aande van ’n boetie en sussie; die vol magies boontjiesop, toe botter weggesmelt het in warm, tuisgebakte brood. Die aande van ’n kole-stoof se hitte, die tyd toe sussie nog op pappa se skoot gesit het, en boetie plat op die vloer, met sy kop op mamma se skoot. Die aande van kopkrap oor hier kiep-kiep, die vraagtekens oor daar kiep-kiep, dan: woerts! in die hoekie, toe “al wiekker, al wakker” nog ’n raaisel was; die tyd toe nagtelike kloppe nie vrees ingeboesem het nie. Daar kom toe die eenoogmonster – hy breek familietyd op, almal vasgevang in ’n fiktiewe wêreld van geweld en sedeloosheid. Boetie en sussie loer deur hul vingers na dit wat mamma sê hulle mag nie kyk nie. Pappa vergeet die huisgodsdiens. Hoekom is die sepies nou in mamma se gebedstyd? Al wiekker, al wakke...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.