Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket #RooiMier

#Stukkendeharte S1 Hoofstuk 2 – Rooi Mier

#Stukkendeharte S1 Hoofstuk 2 – Rooi Mier Die Maandagoggend is hy vroeg op pad skool toe. Sy naweek was glad nie lekker nie. Hy het ook tot ’n besef gekom dat hy nie net Juffrou Muller bewonder nie; hy het diep gevoelens vir haar. Al die leerders beweeg na die saal toe die klok lui. Dit is die Maandagoggendbyeenkoms. Na skriflesing en gebed deur Mnr Jacobs, gaan staan Mnr Solomons, die skoolhoof, agter die mikrofoon. Nadat hy die gewone gesê het oor samewerking tussen onderwysers en leerders, kondig hy aan dat Juffrou Muller nie die week by die skool gaan wees nie. Haar ma het skielik Vrydag afgesterf. Die begrafnis sal Donderdag wees, maar net ’n onderwyser of twee gaan dit bywoon ter ondersteuning. Die Mullers wil dit klein hou. ’n Hulponderwyser gaan haar klasse waarneem. Dit was die langste week in Lawrence se skoolloopbaan. Hy deel nie sy ontdekking van liefde met sy beste vriend, Anton, nie, want hy weet wat hy gaan sê: “Chill L, jy is nog jonk, buddy. Los daai vir die adults.” D...

#Stukkendeharte S1 Hoofstuk 1 – Rooi Mier

#Stukkendeharte – Rooi Mier #Stukkendeharte S1 Hoofstuk 1 – Rooi Mier Die klok lui. Dit is tyd om periodes te ruil. Lawrence van Wyk is opgewonde, soos altyd, om by die Wiskundeklas uit te kom. Om die waarheid te sê, hy het die Ekonomieperiode omgewens. “Auw die L, jy is alweer haastig vir Maths. Of is dit vir Sahara Muller, die beauty met breins? Daai kind is te mooi vir ’n Wiskunde-onnie. Daai grysgroen oë van haar is soos magnete. Julle twee het nogal dieselfde kleur oë.” Anton le Fleur knipoog vir Lawrence. “Bra, hou jy net jou hande tuis en jou oë in jou boeke. Ek sal die loerwerk doen. Watch my, ek gaan daai blom nog vra om met my te trou.” “Jy sal moet chill, buddy. Volgende jaar begin daar nog sewe jaar se studies.” “Daai is mos hoekom ek nou my move moet maak. Ek kan nie die Uptise verlaat voor ek haar as my eie het nie. Sahara Muller – nee, van Wyk – jy is myne.” “Jy vergeet daai kind is bekeer, nè. Dan is sy nog ouer as jy ook.” “Wie worry nou oor age? En die bekering is haa...

Eendag!! – Rooimier

Eendag!! – Rooimier Eendag lank gelede was daar ’n Man. Hy was genoem die Woord. Die Woord deur wie die aarde se woestheid en leegheid tot orde geroep is. “Laat daar lig wees.” Die Woord deur wie die hemelruim gevul is met son en maan. Die Woord deur wie plant en dier tot stand gekom het. Op die sesde dag het hierdie Woord egter stil geraak. Hy het afgebuk en my gevorm met Sy hande — vir my, vir wie Hy vyf dae lank ’n plek om te leef voorberei het. Hy het my aangestel as heerser oor Sy skepping. Dankie, Skepper van hemel en aarde en alles wat daarop leef. Dankie, Formeerder van liggaam en Lewegewende Asem. U het my ’n lewende siel gemaak — ’n mens. Eendag lank gelede was daar ’n Man gewees. Hy was Verlosser genoem. Hierdie Man het gesien hoe ek eet van die verbode vrug. Om my te beskerm, moes Hy my uit die tuin verban. As ek daar gebly het, sou die slang my ook van die boom van die lewe laat eet het. Sou ek, sondaar, dan vir ewig gelewe het — ewig met sonde op sonde? Hy moe...

Plekke genoem in #Stukkendeharte, 'n toekomstige verhaal. Meiringspoort Wes Kaap

Plekke genoem in #Stukkendeharte, Meiringspoort, Wes Kaap  Hfst 48. Dit is hier waar Shane tango. 'n Mens moet ten minste een keer in jou lewe hierdeur ry. Daar is ook 'n pragtige waterval. Ek kan egter nie daai foto wat ek het plaas nie. Daar is kopiereg op. Meiringspoort: ’n Natuurlike Meesterstuk in die Hart van die Klein-Karoo Meiringspoort, geleë tussen die dorpe De Rust en Klaarstroom in die Wes-Kaap, is ’n asemrowende bergpas wat die Swartberge deurkruis. Hierdie 25 km lange kronkelpad volg die loop van die Grootrivier en bied ’n unieke kombinasie van dramatiese rotsformasies, kristalhelder waterpoele en ’n ryk biodiversiteit. Dis nie net ’n pad nie—dis ’n ervaring wat jou nader aan die hart van die Karoo bring. Die geskiedenis van Meiringspoort dateer terug na 1858 toe dit amptelik geopen is. Dit was ’n ingenieurswonder van sy tyd en het die noordelike en suidelike dele van die Kaapkolonie verbind. Vandag is dit steeds ’n belangrike roete, maar o...

Plekke genoem in #Stukkendeharte,'n toekomstige verhaal. Die Eiland en Augrabies Watervalle naby Upington Noord Kaap

Plekke genoem in #Stukkendeharte,   Die Eiland, Upington   Sakkie se Arkie in Upington waarvan Larisa herinneringe het in Hoofstuk 18. Die laaste twee foto's is Augrabies Watervalle. As u die watervalle in dy volle glorie wil sien is dit nou die tyd. Die Oranjerivier is in vloed. Ontsnap na Die Eiland en Augrabies: Twee Skatte van die Noord-Kaap In die hart van die Noord-Kaap lê twee van Suid-Afrika se mees onderskatte juwele: Die Eiland Vakansieoord in Upington en die majestueuse Augrabies-watervalle. Hierdie bestemmings bied ’n unieke kombinasie van ontspanning en avontuur – perfek vir gesinne, natuurliefhebbers en reisigers wat iets besonders soek. Die Eiland Vakansieoord: ’n Oase aan die Oranjerivier Slegs ’n paar minute buite Upington, aan die oewer van die rustige Oranjerivier, lê Die Eiland Vakansieoord. Hierdie bekostigbare en gesinsvriendelike oord is bekend vir sy ruim kampeerplekke, skaduryke bome, en ’n unieke swembad wat afkoeling bied in die warm Kala...

Plekke genoem in #Stukkendeharte,'n toekomstige verhaal. See Punt Kaapstad Wes Kaap

Plekke genoem in #Stukkendeharte, See Punt, Kaapstad Uitsig wat Sahara het uit haar woonstel. See Punt. See Punt en Kampsbaai: Twee Juwele aan Kaapstad se Atlantiese Kus Kaapstad is bekend vir sy asemrowende natuurskoon, en twee van sy mees ikoniese voorstede – See Punt en Kampsbaai – beliggaam die siel van die stad se kuslewe. Hierdie twee buurtes, net ’n paar minute van mekaar af, bied ’n unieke kombinasie van ontspanning, styl en natuurlike prag wat besoekers en plaaslike inwoners keer op keer terugbring. See Punt: Die Hartklop van die Atlantiese Seekus See Punt (Sea Point) is ’n dinamiese, lewendige voorstad wat reg teen die Atlantiese Oseaan lê. Die beroemde See Punt-promenade strek oor kilometers en is ’n gunsteling vir draf, stap, fietsry of net om die sonsondergang te bewonder. Met die oseaan aan die een kant en die majestueuse Seinheuwel aan die ander, is dit ’n plek waar stad en natuur harmonieus saamvloei. Die area is bekend vi...

Plekke genoem in #Stukkendeharte, 'n toekomstige verhaal. Die Palmlaning op Die Eiland Upington Noord Kaap

Plekke genoem in #Stukkendeharte,   Die Palmlaning in Upington Sahara, Larisa, Janice en Lawrence parkeer hier in Hoofstuk 37. Palmlaning by Die Eiland, Upington Die Palmlaning op Die Eiland is een van daardie stil, ikoniese plekke wat Upington se karakter vorm. Die laan met ry-palms langs die Oranjerivier bied skadu, koel briesies en 'n gevoel van tydloosheid — perfek vir 'n middagstap, fotosessie of 'n rustige piekniek. --- Waar is dit en hoekom besoek dit Ligging: Die Eiland Holiday Resort lê langs die Oranjerivier en is 'n gewilde oord vir besoekers wat die rivier en omliggende natuur wil ervaar.   Aktiwiteite: Gaste geniet kano- en watersport, voëlkyk en ontspanning op die grasvelde; daar is ook kampeer- en chaletsgeriewe vir oornagbesoekers. --- Wat om te doen by die Palmlaning - Staptog en fotosessies: Die palmrye skep pragtige lyne en skadu-effekte vir fotografie.   - Piekniek en ontspan: Neem 'n kombers en 'n koelhouer; die grasv...

Plekke in #Stukkendeharte, 'n toekomstige verhaal -Upington, Noord Kaap.

Plekke in #Stukkendeharte -Upington Upington: ’n Oase van Geskiedenis, Gasvryheid en Groei Upington, geleë aan die oewer van die Oranje Rivier in die Noord-Kaap, is veel meer as net ’n warm dorpie in die woestyn. Hierdie unieke plek is ’n smeltkroes van geskiedenis, kultuur, moderne ontwikkeling en natuurlike prag wat besoekers en inwoners telkens verras. ’n Blik op die Verlede Upington het ontstaan rondom die sendingstasie gestig deur die Londense Sendinggenootskap in die 1870’s. Dit is later vernoem na Sir Thomas Upington, ’n voormalige premier van die Kaapkolonie. Die stad het gegroei as ’n belangrike landbou- en handelsentrum, veral danksy sy ligging aan die rivier en die ontwikkeling van besproeiingstelsels wat die streek se wingerde en vrugteboorde gevoed het. Die Mense van Upington Die gemeenskap van Upington is ’n diverse en hartlike mengsel van kulture – van Nama en Boesman-afstammelinge tot Afrikaanse boere en stedelike entrepreneurs. Hierdie mense is ...

Al Wiekker, Al Wakker

Al Wiekker, Al Wakker – Rooi Mier (Nie ’n storie nie, nog minder ’n gedig; net gedagtes wat neergepen moes word.) Onthou jy nog die aande – die aande van samesyn, die aande van ’n mamma en pappa, en ook die aande van ’n boetie en sussie; die vol magies boontjiesop, toe botter weggesmelt het in warm, tuisgebakte brood. Die aande van ’n kole-stoof se hitte, die tyd toe sussie nog op pappa se skoot gesit het, en boetie plat op die vloer, met sy kop op mamma se skoot. Die aande van kopkrap oor hier kiep-kiep, die vraagtekens oor daar kiep-kiep, dan: woerts! in die hoekie, toe “al wiekker, al wakker” nog ’n raaisel was; die tyd toe nagtelike kloppe nie vrees ingeboesem het nie. Daar kom toe die eenoogmonster – hy breek familietyd op, almal vasgevang in ’n fiktiewe wêreld van geweld en sedeloosheid. Boetie en sussie loer deur hul vingers na dit wat mamma sê hulle mag nie kyk nie. Pappa vergeet die huisgodsdiens. Hoekom is die sepies nou in mamma se gebedstyd? Al wiekker, al wakke...

#Stukkendeharte - Rooi Mier

        ! ! ! B I N N E K O R T ! ! ! DEUR   ROOI                                  MIER         #stukkendeharte