Slaan oor na hoofinhoud

DIE STRUKTURE VAN PROFESIE 1

DIE  STRUKTURE VAN PROFESIE  Chiasma - Steven Dubee

Hierdie manier van skryf bewys onomwonde dat Die Bybel deur God geïnspireer was. Die skryfstyl word Chiasma genoem. 

Indien u 'n boek begin lees maar u is te nuuskierig oor die klimaks, kan u in baie gevalle die laaste hoofstuk gaan lees en nog steeds weet wat die storie was; met chiasma is dit nie moontlik nie. 

Met chiasma is daar 'n opbouing tot in die middel, dan word inligting basies in truraat herhaal vanaf die middel, sodat inligting wat aan die begin deurgegee word, weer aan die einde gevind word. Die Bybel is as 'n geheel in die vorm geskryf; maar individuele boeke van die Bybel ook. 

Ek dink u sal beter verstaan met voorbeelde.

Gen 1 & 2 Die paradys voor die sondeval - Openbaring 21 & 22 Die Nuwe Jerusalem en die herstel van die paradys.

Gen 3 satan bring sonde in die paradys - Openbaring 20 satan gestraf en sonde word weggeneem.

Kom ons kyk na die sondvloed; Gen 6 tot 9. Kyk hoe dit opbou van voor en agter tot 'n klimaks in die middel.

Gen 6:10 Noag en sy seuns - Gen 9:18,19 Noag en sy seuns

Gen 6:13 God gaan die lewe op aarde uitwis - Gen 9:15 tot 17 God gee teken dat Hy nooit weer lewe op aarde sal verdelg deur vuur nie.

Gen 6:13 Aarde vervloek - Gen 9:13 tot 17 Aarde geseën

Gen6:14 tot 16 Ark Gen 9:10 Ark

Gen 6:17 tot 20 Lewende wesens in die ark - Gen 9:10 Lewende wesens verlaat die ark.

Gen 6:21 Voedsel - Gen 9:3 Voedsel

Gen 7:2 & 3 Diere in die mens se hand - Gen 9:2 Diere in die mens se hand oorgegee.

Gen 7:13 tot 16 Bestyg die ark Gen 8:15 tot 19 Verlaat die ark.

Gen 7:16 tot 19 Watervlakke styg - Gen 8:13 & 14 Watervlakke daal

Gen 7:20 Bergtoppe bedek - Gen 8:5 Bergtoppe raak sigbaar.

Gen 8:1 Dit is die klimaks van die verhaal. God dink aan Noah en sy familie en al die diere.

U kan sien hoe hierdie storie op gebou het dan weer terugkeer na die begin. Jy vind ook waar teksverse oor verskillende boeke saam in 'n lering vasgevang moet word om die hele prent te kan bou.

Dan 12:4 Daniël kry opdrag om 'n profesie geheim te hou tot aan die einde toe.

Ope 22:10 Dit is die einde; niks mag meer teruggehou word nie. 

Moenie verbaas wees omdat u nou eers kennis neem van inligting wat nog altyd in u Bybel was nie.

Die hele Opebaring is ook in die styl geskryf.

Ek gaan net Ope 1:1-8 teenoor Ope 22:6-21 stel. U sal met verdere studie sien hoe alles na die middel lei.

Ope 1:1 Wat gaan gebeur - Ope 22:6 Wat gaan gebeur

1:2 Getuig van Jesus - 22:16 Getuig van Jesus

1:3 Salig is hy wat die profesie lees, hoor en bewaar - 22:7 Salig hy wat die profesie bewaar (Teen die tyd behoort u dit klaar gelees en gehoor het)

1:7 Jesus kom - 22:12 & 20 Jesus kom

1:8  Jesus is die Alpha en Omega - 22:13 Jesus is die Alpha en Omega.

Die Bybel is wel deur die mens geskryf maar dit is duidelik dat dit nie kon gebeur het sonder God nie. Wat dit meer merkwaardig maak is dat van die skrywers nie eers in dieselfde tydperk geleef het nie en tog kan en moet die Bybel as 'n eenheid gelees en beskou word.

Mense probeer baie hard om teenstrydigheid in die Bybel te vind net om met deuglike studie uit te vind daar is geen.

Om die rede waarsku God ons ook om niks weg te neem of by te voeg nie want jy kan die chiasma breek.

Ope 22: 18 & 19 'Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

En as iemand iets van die woorde van die boek van die profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.'

Mat 5:18 & 19 'Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.'

God het Sy stempel beslis op Sy Woord afgedruk.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die Verlore Seun Hoofstuk 1

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 1 (Gebaseer op die gelyknamige Bybelse gelykenis) Hierdie verhaal dra ek op aan een van ons Mier-familie, Nicolene Engelbrecht. Sy is vir my ’n baken van hoop en innerlike krag. (Ek kan nie meer sê nie, want ek respekteer haar privaatheid.) Om hierdie storie te kon skryf, het ek name aan die karakters gegee. Alhoewel dit ’n verhaal is, sal daar Skrifgedeeltes aangehaal word om die agtergrond in lyn met die Bybel te hou. Josáfat is keelvol vir die harde werk. “Hoekom moet ek soos ’n arbeider leef terwyl my pa ryk is? Dis mos onnodig. Ek wil die lewe gaan beleef. Die stories wat die verkoopsmanne altyd vertel, klink vreeslik interessant. Dit klink vir my asof die mense dáár buite regtig leef. Hier moet ek maar op ’n hopie sit. Die bediendes se meisiekinders is so pragtig, maar ek is nie eens veronderstel om aan hulle te raak nie. As ek dit wel doen, moet ek hulle dreig met verkoop aan buitelanders, en dat hulle nooit weer hul families sal ...

Voorwoord van Die Verlore Seun

🌿 Voorwoord – Die Verlore Seun Skrywer: Rooi Mier Daar is verhale wat jy lees — en dan is daar verhale wat jou lees. Die Verlore Seun is so ’n verhaal. Dit is nie net ’n hervertelling van ’n bekende Bybelse gelykenis nie. Dit is ’n menslike reis deur skuld, trots, verwerping, verlange, genade en herstel. Dis die verhaal van ’n seun wat wegstap… maar ook die verhaal van ’n pa wat bly wag. Van ’n ma wat bly bid. Van ’n broer wat seer dra. En van ’n huis wat leeg bly totdat liefde weer inkom. Hier ontmoet jy Josáfat — koppig, seker van homself, vas oortuig dat vryheid buite die vaderhuis lê. Jy stap saam met hom deur keuses, gevolge, verliese en die lang, stil pad terug. Jy leer ook vir Absalom ken — ’n pa wie se arms wyer is as sy wonde, en Leah — ’n ma wie se gebede harder praat as haar trane. Maar hierdie verhaal gaan nie net oor húlle nie. Dit gaan oor óns. Oor elke mens wat al verkeerd gekies het. Oor elkeen wat al gedink het: “Ek het te ver gegaan. Daar is geen...

Seënwense vir 2026 – Rooi Mier

Seënwense vir 2026 – Rooi Mier ’n Nuwe jaar, ’n nuwe begin met nuwe uitdagings en verwagtinge. Ons is hoopvol dat dit in 2026 beter met ons sal gaan. Dan is daar ook onsekerheid oor die onbekende. Hoe ons egter die jaar gaan beleef, rus grootliks in ons verhouding met ons Skepper. Wie is Hy vir jou? Wat is ons verwagtinge van Hom? Is Jesus Christus jou Verlosser en Saligmaker? Indien Hy is, wil ek u bemoedig dat u nie hoef te vrees nie, want ek word bemoedig deur Paulus in II Timótheüs 1:7: Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Laat ons God eerste plaas in alles, daarom word ons bemoedig: Matthéüs 6:33-34 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. Kom ons versterk ons verhouding met God. Laat Hy vir ons ’n liefdevolle Vader wees, altyd teenwoordig...