Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket Jesus Christus

Eendag!! – Rooimier

 Eendag!! – Rooimier Eendag lank gelede was daar ’n Man. Hy was genoem die Woord. Die Woord deur wie die aarde se woestheid en leegheid tot orde geroep is. “Laat daar lig wees.” Die Woord deur wie die hemelruim gevul is met son en maan. Die Woord deur wie plant en dier tot stand gekom het. Op die sesde dag het hierdie Woord egter stil geraak. Hy het afgebuk en my gevorm met Sy hande — vir my, vir wie Hy vyf dae lank ’n plek om te leef voorberei het. Hy het my aangestel as heerser oor Sy skepping. Dankie, Skepper van hemel en aarde en alles wat daarop leef. Dankie, Formeerder van liggaam en Lewegewende Asem. U het my ’n lewende siel gemaak — ’n mens. Eendag lank gelede was daar ’n Man gewees. Hy was Verlosser genoem. Hierdie Man het gesien hoe ek eet van die verbode vrug. Om my te beskerm, moes Hy my uit die tuin verban. As ek daar gebly het, sou die slang my ook van die boom van die lewe laat eet het. Sou ek, sondaar, dan vir ewig gelewe het — ewig met sonde op sonde? Hy moes onder...