Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket familie

Onder die Brug Hoofstuk 8, Die Skaduwee van Verraad

Onder die Brug Hoofstuk 8, Die Skaduwee van Verraad deur Rooi Mier Na maande se getroue diensbywoning het John besluit om sy lewe heeltemal te verander. Hy dien nou die Here met oorgawe. Intussen het hy ’n goeie verhouding met Elton sowel as met die pastoor opgebou. Weens sy ouderdom kry hy slegs tydelike werk, wat hom genoeg tyd gee om saam met die pastoor deur te bring. Dit het daartoe gelei dat sy verhouding met God standvastig en diep gewortel geraak het. Hy was juis op pad na die pastoor se huis toe. By sy aankoms hoor hy stemme van agter die huis af. Nadat hy geklop het en niemand oopgemaak het nie, besluit hy om om te stap na waar hy die stemme hoor. Terwyl hy langs die huis afstap, hoor hy Jolene se naam en gaan staan stil om te luister. “Jy sê daai ding, boeta Drew — jy het Jolene verkrag. Ek dink tog jy en Elton was soos broers.” “Dis so, ja, maar ek het haar nog al die tyd begeer. Wat hy nie weet nie, is dat sy die hele tyd ook met ’n ander vriend ges...

Onder die Brug Hoofstuk 2, Die wagte van Ravensmead

Onder die Brug Hoofstuk 2 – Die wagte van Ravensmead deur Rooi Mier Verwese, moeg en duidelik verhongerd stap hy met sy sak deur die voorhek. Sy klere is skoon, maar verkreukeld. Ag, hopelik is ek nou by die regte mense, dink hy. Hy klop aan die voordeur, maar niemand antwoord nie. Ná twee minute loop hy mismoedig na die hek toe. By die hek kyk hy terug en sien ’n gordyn beweeg – of het hy hom verbeel? Net daar en dan besluit hy om weer te gaan klop. Niemand antwoord nie. “Hallo, dit is John Daries hier. Bly die Daries-familie hier?” skree hy. Geen antwoord nie. Hy hou aan klop vir nog ’n minuut. John besluit dat hy nêrens gaan nie – want hy hét nêrens om te gaan nie. Hy is honger en dors, maar moes leer dat Kapenaars niemand vertrou nie en ook nie maklik gee nie. Dit is sy tweede dag dat hy in Ravensmead ronddwaal op soek na sy broer Paulus. Hy het sy laaste geld op ’n halwe brood en ’n koejawelsap uitgegee gisteraand en toe op Tygerbergstasie gaan sit en slaap. Hy begin t...