Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket bergie verhaal

Onder die Brug Hoofstuk 10, ’n Onverwagte Ontmoeting, ’n Ongeluk en ’n Verlore Verlede

Onder die Brug Hoofstuk 10, ’n Onverwagte Ontmoeting, ’n Ongeluk en ’n Verlore Verlede deur RooiMier  John klim by Kaapstad-stasie uit die taxi. "Here, U sal moet onderneem. Ek is al langer as ’n jaar in die Kaap, maar ek ken nog nie eers regtig Kaapstad nie. Kapenaars… hulle is soos vreemdelinge. Ek sal hulle seker nooit verstaan nie." Hy stap doelloos oor die dek. By die trappe agter af, voel iets skielik bekend. Dis waar hy destyds afgeklim het, die eerste keer toe hy hier aangekom het. Mense spoed verby in alle rigtings — elkeen in sy eie wêreld. Aktetasse, sportsakke, werkers, bedelaars. Niemand groet nie. Niemand kyk op nie. Party loop soos zombies, oë vasgepen aan hul selfone. Twee stamp in mekaar vas. Niemand sê jammer nie. ‘n Prediker probeer sy boodskap bring, maar die mense ignoreer hom. Net een man lyk of hy luister. John nader hom en hoor die laaste woorde: “In die laaste dae sal mense liefdeloos wees. Hulle sal hulself meer liefhê as vir God… Lees di...

Onder die Brug Hoofstuk 3, Tussen Skuld en Genade

  ONDER DIE BRUG Hoofstuk 3, Tussen Skuld en Genade deur Rooimier “Jolene, hoekom het jy nie my oom laat inkom nie?” “Vir wat? Ek ken nie die man nie, en vir al wat ek weet is hy ook ’n verkragter soos jou vark van ’n pa.” Sy draai van John af. “Jou broer was ’n verkragter, maar die blêrrie man wil mos niks weet nie. Hy en sy God vergewe mos verkragters.” “Ek is jammer, Oom John. Sit asseblief. Waar is my maniere? My naam is Elton. Ek het nou net hier aangekom. Was saam met my pastoor – een van ons gemeentelede het afgesterf. Gelukkig is ek met vakansie en kon saamgaan.” Elton klink na iemand wat verskriklik baie kan praat – as jy hom nie in die rede val nie, kry jy nie ’n spreekbeurt nie. Nes sy pa, dink John. “Ek is verskriklik dors. Kan ek water kry, asseblief?” “Jammer, my oom. Jy is seker honger ook. Jolene, skep vir ons, asseblief, my vrou.” Hy stap na haar toe en gee haar ’n soen op die wang. “Oom gaan mos hier slaap. Ek kry solank vir jou ’n slaapplek reg. Die b...