Slaan oor na hoofinhoud

DIE SABBAT 3 - Steven Dubee

DIE SABBAT 3 - Steven Dubee

Was die Sabbat in die Nuwe Testament onderhou? 

Jesus?


Luk 4:31 En Hy het afgekom na Kapérnaüm, ‘n stad van Galiléa, en hulle op die sabbat geleer. Luk 13:10 En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer. Luk 6:6 En op ‘n ander sabbat het Hy in die sinagoge gegaan en geleer. En daar was ‘n man, en sy regterhand was uitgedor. Luk 4:16 Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.

Apostels? 

Han 17:2 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte Han 18:4 En hy (Paulus) het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig.

Han 13:14 Maar hulle (Paulus en Barnabas) het van Perge af verder gegaan en in Antiochíë in Pisídië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.

Jode en Heidene? 

Han 18:4 En hy het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig. Han 13:44 En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.

Han 13:42 En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op volgende sabbat tot hulle gespreek sou word. 

Ons sien hier dat nie net die Jode nie, maar ook die Grieke die Sabbat onderhou het.

Die Sabbat was beslis nie net vir die Jode nie. Die geestelike Israël moet dit ook onderhou.

Sal die Sabbat nog bestaan met die Wederkoms? 

Mat 24:20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie. 

Die teksgedeelte praat van die wederkoms; maw, die Sabbat sal nog bestaan wanneer Jesus kom.


Sal die Sabbat in die hemel onderhou word? 

Jes 66:22-23 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.

En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE. 

 

Die Sabbat sal in die Nuwe Jerusalem ook onderhou word.

Ander Sabbatskrifte 

Mar 2:27 En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie. 

Dit is gemaak dat die mens daaruit kan baat vind. ‘n Dag waar niks anders saak maak as om in God se teenwoordigheid te wees nie Mar 2:28 Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

Jes 58:13-14 As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek. 

Jes 56:2 Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.


Vader, ons dank U vir U openbaring. Gee dat ons dit sal toepas en onthou in ons daaglikse wandel met U en ons medemens. Ons vra dit in die naam van Jesus. 

Amen.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die Verlore Seun Hoofstuk 1

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 1 (Gebaseer op die gelyknamige Bybelse gelykenis) Hierdie verhaal dra ek op aan een van ons Mier-familie, Nicolene Engelbrecht. Sy is vir my ’n baken van hoop en innerlike krag. (Ek kan nie meer sê nie, want ek respekteer haar privaatheid.) Om hierdie storie te kon skryf, het ek name aan die karakters gegee. Alhoewel dit ’n verhaal is, sal daar Skrifgedeeltes aangehaal word om die agtergrond in lyn met die Bybel te hou. Josáfat is keelvol vir die harde werk. “Hoekom moet ek soos ’n arbeider leef terwyl my pa ryk is? Dis mos onnodig. Ek wil die lewe gaan beleef. Die stories wat die verkoopsmanne altyd vertel, klink vreeslik interessant. Dit klink vir my asof die mense dáár buite regtig leef. Hier moet ek maar op ’n hopie sit. Die bediendes se meisiekinders is so pragtig, maar ek is nie eens veronderstel om aan hulle te raak nie. As ek dit wel doen, moet ek hulle dreig met verkoop aan buitelanders, en dat hulle nooit weer hul families sa...

Voorwoord van Die Verlore Seun

🌿 Voorwoord – Die Verlore Seun Skrywer: Rooi Mier Daar is verhale wat jy lees — en dan is daar verhale wat jou lees. Die Verlore Seun is so ’n verhaal. Dit is nie net ’n hervertelling van ’n bekende Bybelse gelykenis nie. Dit is ’n menslike reis deur skuld, trots, verwerping, verlange, genade en herstel. Dis die verhaal van ’n seun wat wegstap… maar ook die verhaal van ’n pa wat bly wag. Van ’n ma wat bly bid. Van ’n broer wat seer dra. En van ’n huis wat leeg bly totdat liefde weer inkom. Hier ontmoet jy Josáfat — koppig, seker van homself, vas oortuig dat vryheid buite die vaderhuis lê. Jy stap saam met hom deur keuses, gevolge, verliese en die lang, stil pad terug. Jy leer ook vir Absalom ken — ’n pa wie se arms wyer is as sy wonde, en Leah — ’n ma wie se gebede harder praat as haar trane. Maar hierdie verhaal gaan nie net oor húlle nie. Dit gaan oor óns. Oor elke mens wat al verkeerd gekies het. Oor elkeen wat al gedink het: “Ek het te ver gegaan. Daar is geen pad terug n...

Die Verlore Seun Hoofstuk 2

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 2 Daardie aand gaan Absalom bekommerd bed toe. Die kind van hom is ’n ware willewragtig. Hy weet Josáfat gaan nie ophou voordat hy sy sin gekry het nie. Ons het hom nie so grootgemaak nie, dink hy. Hy dink die lewe is maanskyn en rose, maar hy gaan hom vasloop. “Leah, ons het ’n probleem.” “Wat is dit, my man? Was daar weer moeilikheid onder die slawe? Ons behandel hulle beter as die meeste boere in die kontrei, maar daar bly maar probleme. Dit is net daai opstoker, Saul, wat altyd moeilikheid maak.” “Nee, vrou. Dit is Josáfat.” “Ai, die kind. Wat het hy nou weer aangevang? Moet ons hom nie maar na sy oom toe stuur nie?” “Ons kan nie ons probleem op iemand anders afsmeer nie. Ons moet dit self hanteer.” “Wat is sy probleem dié keer?” “Hy wil weggaan. Hy wil die plaas verlaat om die wêreld te leer ken.” “Na een van die stede toe? Nog ’n Sodom of Gomorra? Die mense leef daar asof daar nie ’n God is nie.” “Nou wat gaan jy maak, my man?”...