Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket vergifnis

Onder die Brug Hoofstuk 10, ’n Onverwagte Ontmoeting, ’n Ongeluk en ’n Verlore Verlede

Onder die Brug Hoofstuk 10, ’n Onverwagte Ontmoeting, ’n Ongeluk en ’n Verlore Verlede deur RooiMier  John klim by Kaapstad-stasie uit die taxi. "Here, U sal moet onderneem. Ek is al langer as ’n jaar in die Kaap, maar ek ken nog nie eers regtig Kaapstad nie. Kapenaars… hulle is soos vreemdelinge. Ek sal hulle seker nooit verstaan nie." Hy stap doelloos oor die dek. By die trappe agter af, voel iets skielik bekend. Dis waar hy destyds afgeklim het, die eerste keer toe hy hier aangekom het. Mense spoed verby in alle rigtings — elkeen in sy eie wêreld. Aktetasse, sportsakke, werkers, bedelaars. Niemand groet nie. Niemand kyk op nie. Party loop soos zombies, oë vasgepen aan hul selfone. Twee stamp in mekaar vas. Niemand sê jammer nie. ‘n Prediker probeer sy boodskap bring, maar die mense ignoreer hom. Net een man lyk of hy luister. John nader hom en hoor die laaste woorde: “In die laaste dae sal mense liefdeloos wees. Hulle sal hulself meer liefhê as vir God… Lees di...

Onder die Brug Hoofstuk 8, Die Skaduwee van Verraad

Onder die Brug Hoofstuk 8, Die Skaduwee van Verraad deur Rooi Mier Na maande se getroue diensbywoning het John besluit om sy lewe heeltemal te verander. Hy dien nou die Here met oorgawe. Intussen het hy ’n goeie verhouding met Elton sowel as met die pastoor opgebou. Weens sy ouderdom kry hy slegs tydelike werk, wat hom genoeg tyd gee om saam met die pastoor deur te bring. Dit het daartoe gelei dat sy verhouding met God standvastig en diep gewortel geraak het. Hy was juis op pad na die pastoor se huis toe. By sy aankoms hoor hy stemme van agter die huis af. Nadat hy geklop het en niemand oopgemaak het nie, besluit hy om om te stap na waar hy die stemme hoor. Terwyl hy langs die huis afstap, hoor hy Jolene se naam en gaan staan stil om te luister. “Jy sê daai ding, boeta Drew — jy het Jolene verkrag. Ek dink tog jy en Elton was soos broers.” “Dis so, ja, maar ek het haar nog al die tyd begeer. Wat hy nie weet nie, is dat sy die hele tyd ook met ’n ander vriend ges...

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug Onder die Brug neem jou mee op ’n reis van pyn, hoop en onverwagte genesing. Hierdie Afrikaanse kortverhaal speel af in die strate en skuilplekke van Kaapstad, waar mense soms aan die rand van die samelewing leef – maar tog, selfs daar, skyn die lig van vergifnis en liefde. Die verhaal volg John, ’n man van geloof en volharding, wat homself oorgee aan die uitdagings van die lewe en die onvoorspelbare draaie van menslike verhoudings. Hy word gekonfronteer met verraad, verlies en onsekerheid, maar vind tog krag in sy geloof en die eenvoud van opregte gebed. Saam met hom ervaar ons die pyn en vreugde van Elton en Jolene, asook die onverskrokke veerkragtigheid van Martin, ’n voormalige “bergie” wie se lewe onverwags ’n wending neem. Die verhaal ondersoek diep menslike emosies: die swaar las van misverstand en die bevrydende krag van vergifnis. Dit wys hoe selfs in die donkerste oomblikke – of onder ’n stad se koue brug – genade, liefde en gemeenskap...