Slaan oor na hoofinhoud

#Stukkendeharte S1 Hoofstuk 1 – Rooi Mier

#Stukkendeharte – Rooi Mier

#Stukkendeharte S1 Hoofstuk 1 – Rooi Mier

Die klok lui. Dit is tyd om periodes te ruil. Lawrence van Wyk is opgewonde, soos altyd, om by die Wiskundeklas uit te kom. Om die waarheid te sê, hy het die Ekonomieperiode omgewens.
“Auw die L, jy is alweer haastig vir Maths. Of is dit vir Sahara Muller, die beauty met breins? Daai kind is te mooi vir ’n Wiskunde-onnie. Daai grysgroen oë van haar is soos magnete. Julle twee het nogal dieselfde kleur oë.”
Anton le Fleur knipoog vir Lawrence.
“Bra, hou jy net jou hande tuis en jou oë in jou boeke. Ek sal die loerwerk doen. Watch my, ek gaan daai blom nog vra om met my te trou.”
“Jy sal moet chill, buddy. Volgende jaar begin daar nog sewe jaar se studies.”
“Daai is mos hoekom ek nou my move moet maak. Ek kan nie die Uptise verlaat voor ek haar as my eie het nie. Sahara Muller – nee, van Wyk – jy is myne.”
“Jy vergeet daai kind is bekeer, nè. Dan is sy nog ouer as jy ook.”
“Wie worry nou oor age? En die bekering is haar saak; ek glo wat ek glo en sy wat sy wil. Goeie môre, Juffrou Sahara van Wyk – ag, Muller.”
“Lawrence, gaan sit net. Môre almal. Ons gaan voort met Trigonometrie.”
“Juffrou Muller, u moet dringend na die kantoor kom.”
Die interkom grens ’n bietjie.
“Gaan julle solank deur gister se werk. Ek is nou weer terug.”
Juffrou Muller haas haar by die klas uit.
“Lawrence, daar is iets van gister se werk wat ek nie verstaan nie. Kan jy kom help?”
Almal weet Larisa het haar oog op Lawrence en sy maak nie ’n geheim daarvan nie.
“Okay, girl. Solank jy weet die ou is nie single nie.”
Hy loop verby haar tot voor in die klas en gaan staan agter die juffrou se lessenaar.
“Net sodat julle dit almal weet: Ek gaan die vrou wat op dié stoel sit nog my vrou maak. Sy gaan nog Mevrou van Wyk word.”
“Graad 12A, Juffrou Muller sal ongelukkig nie na die klas kan terugkeer nie. Janice Daries, bring asseblief haar handsak kantoor toe.”
Janice neem die handsak. Sy keer vyf minute later terug en lyk nogal bekommerd.
“Iets ernstigs moes gebeur het. Juffrou Muller sit en huil daar in die personeelkamer.”
Lawrence vlieg op en beweeg vinnig na haar terwyl hy vra: “Wat het gebeur? Is sy okay?”
“Ek weet nie. Ons sal moet wag tot Maandag, want die naweek is hier.”
Die volgende halfuur trek maar lank. Lawrence probeer om die vorige dag se Algebra aan Larisa te verduidelik, maar jy kan duidelik sien sy wil nie verstaan nie. Haar oë is heeltyd op hom gerig.
Anton trek Janice se aandag en wys met sy kop na Larisa toe. Hy is duidelik nie beïndruk deur haar openlike aanlêery by Lawrence nie.
Die klok lui. Almal gryp hul sakke en beweeg vinnig na die deur toe, behalwe Lawrence wat nog bly sit. Dan is daar nog Lelanie wat sit en snik terwyl sy iets op haar sel lees. Seker weer besig met een van Nomsa se kortverhale en gedigte. Daai vroumens skryf haar elke keer in trane. Sy lees seker “Versigtig wees vir wat jy wens.”
Een van die seuns sê: “Check julle Maandag,” en beweeg by die deur uit.
“Kom, buddy!”
Anton staan in die deur en roep na Lawrence.
“Daar is niks wat jy nou kan doen nie.”
Lawrence staan stadig op, vat sy sak en loop na die deur toe.

© Rooi Mier 13.07.2022

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die Verlore Seun Hoofstuk 1

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 1 (Gebaseer op die gelyknamige Bybelse gelykenis) Hierdie verhaal dra ek op aan een van ons Mier-familie, Nicolene Engelbrecht. Sy is vir my ’n baken van hoop en innerlike krag. (Ek kan nie meer sê nie, want ek respekteer haar privaatheid.) Om hierdie storie te kon skryf, het ek name aan die karakters gegee. Alhoewel dit ’n verhaal is, sal daar Skrifgedeeltes aangehaal word om die agtergrond in lyn met die Bybel te hou. Josáfat is keelvol vir die harde werk. “Hoekom moet ek soos ’n arbeider leef terwyl my pa ryk is? Dis mos onnodig. Ek wil die lewe gaan beleef. Die stories wat die verkoopsmanne altyd vertel, klink vreeslik interessant. Dit klink vir my asof die mense dáár buite regtig leef. Hier moet ek maar op ’n hopie sit. Die bediendes se meisiekinders is so pragtig, maar ek is nie eens veronderstel om aan hulle te raak nie. As ek dit wel doen, moet ek hulle dreig met verkoop aan buitelanders, en dat hulle nooit weer hul families sal ...

Voorwoord van Die Verlore Seun

🌿 Voorwoord – Die Verlore Seun Skrywer: Rooi Mier Daar is verhale wat jy lees — en dan is daar verhale wat jou lees. Die Verlore Seun is so ’n verhaal. Dit is nie net ’n hervertelling van ’n bekende Bybelse gelykenis nie. Dit is ’n menslike reis deur skuld, trots, verwerping, verlange, genade en herstel. Dis die verhaal van ’n seun wat wegstap… maar ook die verhaal van ’n pa wat bly wag. Van ’n ma wat bly bid. Van ’n broer wat seer dra. En van ’n huis wat leeg bly totdat liefde weer inkom. Hier ontmoet jy Josáfat — koppig, seker van homself, vas oortuig dat vryheid buite die vaderhuis lê. Jy stap saam met hom deur keuses, gevolge, verliese en die lang, stil pad terug. Jy leer ook vir Absalom ken — ’n pa wie se arms wyer is as sy wonde, en Leah — ’n ma wie se gebede harder praat as haar trane. Maar hierdie verhaal gaan nie net oor húlle nie. Dit gaan oor óns. Oor elke mens wat al verkeerd gekies het. Oor elkeen wat al gedink het: “Ek het te ver gegaan. Daar is geen...

Die Verlore Seun Hoofstuk 2

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 2 Daardie aand gaan Absalom bekommerd bed toe. Die kind van hom is ’n ware willewragtig. Hy weet Josáfat gaan nie ophou voordat hy sy sin gekry het nie. Ons het hom nie so grootgemaak nie, dink hy. Hy dink die lewe is maanskyn en rose, maar hy gaan hom vasloop. “Leah, ons het ’n probleem.” “Wat is dit, my man? Was daar weer moeilikheid onder die slawe? Ons behandel hulle beter as die meeste boere in die kontrei, maar daar bly maar probleme. Dit is net daai opstoker, Saul, wat altyd moeilikheid maak.” “Nee, vrou. Dit is Josáfat.” “Ai, die kind. Wat het hy nou weer aangevang? Moet ons hom nie maar na sy oom toe stuur nie?” “Ons kan nie ons probleem op iemand anders afsmeer nie. Ons moet dit self hanteer.” “Wat is sy probleem dié keer?” “Hy wil weggaan. Hy wil die plaas verlaat om die wêreld te leer ken.” “Na een van die stede toe? Nog ’n Sodom of Gomorra? Die mense leef daar asof daar nie ’n God is nie.” “Nou wat gaan jy maak, my man?” ...