Nat Broek Rooi Mier Pssssssht! Die deure van die waens van die trein gaan oop toe die trein op Faure-stasie tot stilstand kom. Verskeie mense staan op en beweeg na die deure. Soos hulle uitklim, is ander reeds besig om in te klim. Dit is Woensdagoggend om 07:15. Die trein is oppad van Strand-stasie na Kaapstad-stasie. Dit is ‘n langerige rit wat oor verskeie stasies strek en omtrent 1 uur en 40 minute kan duur. Soos gewoonlik is die trein redelik vol, maar daar is nog genoeg sitplek tot by Eersterivier-stasie, waarna dit baie vol gaan word, met meer mense wat gaan inklim as uit. ‘n Vrou merk dat die man wat oorkant haar gesit het, sy sak op die bagasierak vergeet het toe hy uitklim op Faure. “Ek sal dit maar by die Metropersoneel op Eersterivier-stasie inhandig as hy uitklim. Die trein is alreeds weer oppad, en die deure sluit. Almal wat verder as Eersterivier reis, maak seker dat hulle sitplekke het, want daarna gaan sommige sekerlik moet staan.” “Goeie môre alma...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.