Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket geloof

Sommer Net Woorde

 Sommer Net Woorde – RooiMier Skielik, onverwags, slaan jy toe, soos ’n dief in die nag is jy hier. Kom steel ons glimlag, beroof ons van blydskap; ’n traantjie raak ’n rivier wat vloei soos die Oranje in vloed. Jy steur jou nie aan die agtergeblewenes, die vermisting wat jy veroorsaak, solank jy nog ’n kis vul en onder begeleiding stuur na ’n ses-voet-ses. Die trane vloei opnuut, die pastoor sê: “Stof tot stof.” ’n Blom, ’n krans, ’n kruis met ’n naam, datums met ’n begin, maar ongelukkig ook ’n einde. ’n Laaste seëngebed. “Kom drink ’n koffie by die huis.” “Haai Jannie, jou lanklaas gesien.” “Kom ons bly in kontak, hier is my nommer.” Die laaste sien van die blikkantien. Dis eensaam in die huis; daar heers ’n stilte. Die krieke sing hul aanhoudende, een-noot-gesang. Waar niemand sien nie, vloei daar nog ’n traan, en nog een oor ’n aand of twee. O Heer, ons is maar net mens. Ons weet U droog die trane op, die seer bly egter langer talm. Ons lewe — ons leef maar met ver...

My bruid - Rooi Mier

My bruid - Rooi Mier Pragtig, 'n woord wat nie My bruid vereer As sy statig en gelukkig in haar eerste liefde nader Gekleed in wit gewaad en vlekkeloos gewas Sy nader tot My en Ek nader tot haar Op hierdie oomblik is haar verlede vergete Die skarlaken kleed gewas in bloed Wat dit witter maak as wol Ja witter as die witste sneeu En nou? Waar is My bruid? Sy't weggedwaal, haar liefde verflou tot 'n gewoonte Hallelujah Haar Amen beaam haar eie kragtelose poging Eens was sy warm maar nou is sy lou Haar kleed is gevlek soos sy dit probeer was In haar regverdiging van wêreldse standaarde Onwetend en wetend hoereer sy om polities korrek te wees My bruid! My bruid! Geskei deur haar eie ontrouheid en veelwywery Sy, eens wit gekleed maar nou skarlaken op die rug van haar nuwe man Probeer sy om My te verlei; Ek wat eens gesê het daar staan geskrywe Vrou, daar is 'n jaloesie in my wat My nie toelaat om te deel U sal moet kies, u sal moet want daar is twee pa...

My Stompies Gaan Lank Wees

 My Stompies Gaan Lank Wees ’n Ware verhaal vertel deur ’n pastoor Elkeen het nou ’n plek — party sit voor, ander agter, en twee het selfs ’n plekkie op die vloer gekry. Uiteindelik is almal op die bus sodat ek die register kan nagaan. “Daar kom Wynand, hy’s alweer laat!” roep iemand, maar ek sien daar is nog tien minute voor vertrektyd. “Nou het julle vyf minute om toilet toe te gaan — almal moet gaan!” Vir die kinders is dit groot pret, maar om ’n toilet tussen niks en nêrens in die Noord-Kaap te kry, is geen grap nie. Toe slaan die uur: nege-uur — vertrektyd! Almal vat hande en ons vra die Liewe Vader se beskerming en seën. Net ’n minuut word toegelaat om te groet. ’n Minuut is egter lank vir kinders — ouers staan verstom: geen trane nie, geen hartseer nie, net opgewondenheid om weg te kom. En toe is ons op pad… Sommige ouers ry selfs tot dertig kilometer saam, buite Kimberley! Dit is net na twee-uur die oggend en Klaasvakie het die toergroep na die Burgerstrandhuis ...

Onder die Brug Hoofstuk 8, Die Skaduwee van Verraad

Onder die Brug Hoofstuk 8, Die Skaduwee van Verraad deur Rooi Mier Na maande se getroue diensbywoning het John besluit om sy lewe heeltemal te verander. Hy dien nou die Here met oorgawe. Intussen het hy ’n goeie verhouding met Elton sowel as met die pastoor opgebou. Weens sy ouderdom kry hy slegs tydelike werk, wat hom genoeg tyd gee om saam met die pastoor deur te bring. Dit het daartoe gelei dat sy verhouding met God standvastig en diep gewortel geraak het. Hy was juis op pad na die pastoor se huis toe. By sy aankoms hoor hy stemme van agter die huis af. Nadat hy geklop het en niemand oopgemaak het nie, besluit hy om om te stap na waar hy die stemme hoor. Terwyl hy langs die huis afstap, hoor hy Jolene se naam en gaan staan stil om te luister. “Jy sê daai ding, boeta Drew — jy het Jolene verkrag. Ek dink tog jy en Elton was soos broers.” “Dis so, ja, maar ek het haar nog al die tyd begeer. Wat hy nie weet nie, is dat sy die hele tyd ook met ’n ander vriend ges...