Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket Kaapstad

Onder die Brug Hoofstuk 11, Die Slot, Hervonden Vriendskap, Vergifnis en ’n Nuwe Begin

Onder die Brug Hoofstuk 11-Die Slot, Hervonden Vriendskap, Vergifnis en ’n Nuwe Begin deur RooiMier   Die volgende oggend staan John op en kniel bo-op die plastiek wat hy bo-oor sy komberse gooi as hy slaap. Sy oë val op Martin se slaapplek. Die beddegoed is nog opgevou en toegemaak met plastiek soos hy dit die vorige dag gelos. John staan op, hy kan nie bid nie, nie vandag nie. Hy sien nie uit na die dag nie.  In die sopkombuislyn is daar nie ‘n Martin nie. Hy dwaal in Foreshore rond. Op die plek waar Martin gestamp was staan hy ‘n rukkie stil. Miskien wag Martin vir hom by hul slaapplek. Hy haas terug maar daar is net die paartjie wat twee pilare verder ‘woon' wat daar naby sit en eet. Hulle groet hom vriendelik maar hy hoor hulle nie. John besluit om ver te stap. Hy stap na die anderkant van die stad toe, die tuine. Toe dit skemer begin raak stap hy stadig terug. Hy wil hoop maar ook nie. Martin is nog nie terug nie. Twee maande later stap hy in die rig...

Onder die Brug Hoofstuk 7, Waarheen Nou?

Onder die Brug Hoofstuk 7, Waarheen Nou? deur RooiMier  Die volgende oggend, ná die dokter se roetine-ondersoek, haal Martin stilletjies sy klere uit die bedkasie. Terwyl die personeel besig is met oordrag tussen die nag- en dagskof, glip hy ongemerk uit. Niemand sien hom nie. In een van die openbare kleedkamers trek hy die klere aan wat, volgens die susters, ‘n familielid met haar eerste én laaste besoek gebring het. Hy los die hospitaalklere net daar agter en stap by die hospitaal uit. Buite begin hy eenvoudig in ’n rigting stap. Alles voel vreemd, maar daar is iets vaags bekend aan die strate en geboue. Hy kom later op ‘n straat af — die naam op die bord lees Voortrekkerweg. Terwyl hy stap, merk hy 'n lang begraafplaas aan sy regterkant op. Die lang ry grafstene en ou bome trek sy aandag. Hy begin honger raak en onthou toe van die beursie wat in sy besittings was — die een wat bloedbevlek was. Hy het dit gisteraand in sy broeksak gesit. Daar was geld in. Aan die oork...

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug Onder die Brug neem jou mee op ’n reis van pyn, hoop en onverwagte genesing. Hierdie Afrikaanse kortverhaal speel af in die strate en skuilplekke van Kaapstad, waar mense soms aan die rand van die samelewing leef – maar tog, selfs daar, skyn die lig van vergifnis en liefde. Die verhaal volg John, ’n man van geloof en volharding, wat homself oorgee aan die uitdagings van die lewe en die onvoorspelbare draaie van menslike verhoudings. Hy word gekonfronteer met verraad, verlies en onsekerheid, maar vind tog krag in sy geloof en die eenvoud van opregte gebed. Saam met hom ervaar ons die pyn en vreugde van Elton en Jolene, asook die onverskrokke veerkragtigheid van Martin, ’n voormalige “bergie” wie se lewe onverwags ’n wending neem. Die verhaal ondersoek diep menslike emosies: die swaar las van misverstand en die bevrydende krag van vergifnis. Dit wys hoe selfs in die donkerste oomblikke – of onder ’n stad se koue brug – genade, liefde en gemeenskap...