Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket Christelike inspirasie

Dronkaard

Dronkaard - Onbekend Die omie kom gebukkend, skuifelend die pad afgestap, sy verkreukelde hoed styf in sy hand vasgeklem. Die plooie trek donker dongas oor sy gesig, en sy oë is dof en blou. Sy klere hang soos ʼn meelsak om hom, sy skoene het al beter dae gesien. Sy hare wapper in drie slierte om sy voorkop, sonverbrand. "Boetie! Boetie!" roep hy na my. Ek gee hom een kyk en kyk dan anderpad. Net nog 'n boemelaar, net nog 'n bedelaar. "Boetie! Boetie!" roep hy weer. Ek draai my rug op hom en sluit die motordeur oop. "Boetie, boetie! Wag, ek wil met jou praat." Sy stem is skor. "Seker van al die drank," dink ek, klim in die motor en sluit die deur Hy struikel van die sypaadjie af, kom krom, oud en verwaarloos na my aangestap. Ek skakel die motor aan, kry trurat en verlaat hom, eensaam en alleen. "Kry vir jou werk. Maak soos ek maak, dit bring geld, dan kan jy suip tot jy omval," gaan deur my gedagtes. Ek kry eerste rat, wikkel die...

Eendag!! – Rooimier

 Eendag!! – Rooimier Eendag lank gelede was daar ’n Man. Hy was genoem die Woord. Die Woord deur wie die aarde se woestheid en leegheid tot orde geroep is. “Laat daar lig wees.” Die Woord deur wie die hemelruim gevul is met son en maan. Die Woord deur wie plant en dier tot stand gekom het. Op die sesde dag het hierdie Woord egter stil geraak. Hy het afgebuk en my gevorm met Sy hande — vir my, vir wie Hy vyf dae lank ’n plek om te leef voorberei het. Hy het my aangestel as heerser oor Sy skepping. Dankie, Skepper van hemel en aarde en alles wat daarop leef. Dankie, Formeerder van liggaam en Lewegewende Asem. U het my ’n lewende siel gemaak — ’n mens. Eendag lank gelede was daar ’n Man gewees. Hy was Verlosser genoem. Hierdie Man het gesien hoe ek eet van die verbode vrug. Om my te beskerm, moes Hy my uit die tuin verban. As ek daar gebly het, sou die slang my ook van die boom van die lewe laat eet het. Sou ek, sondaar, dan vir ewig gelewe het — ewig met sonde op sonde? Hy moes onder...