Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket Afrikaanse verhaal

Onder die Brug Hoofstuk 7, Waarheen Nou?

Onder die Brug Hoofstuk 7, Waarheen Nou? deur RooiMier  Die volgende oggend, ná die dokter se roetine-ondersoek, haal Martin stilletjies sy klere uit die bedkasie. Terwyl die personeel besig is met oordrag tussen die nag- en dagskof, glip hy ongemerk uit. Niemand sien hom nie. In een van die openbare kleedkamers trek hy die klere aan wat, volgens die susters, ‘n familielid met haar eerste én laaste besoek gebring het. Hy los die hospitaalklere net daar agter en stap by die hospitaal uit. Buite begin hy eenvoudig in ’n rigting stap. Alles voel vreemd, maar daar is iets vaags bekend aan die strate en geboue. Hy kom later op ‘n straat af — die naam op die bord lees Voortrekkerweg. Terwyl hy stap, merk hy 'n lang begraafplaas aan sy regterkant op. Die lang ry grafstene en ou bome trek sy aandag. Hy begin honger raak en onthou toe van die beursie wat in sy besittings was — die een wat bloedbevlek was. Hy het dit gisteraand in sy broeksak gesit. Daar was geld in. Aan die oork...

Onder die Brug Hoofstuk 6, Wanneer Herinneringe Stilraak

Onder die Brug Hoofstuk 6, Wanneer Herinneringe Stilraak deur RooiMier   Vaagweg hoor Martin stemme. Hulle kom al hoe nader. Alles voel soos ‘n droom. ’n Vrouestem sê: “Vandag sal ons hom moet wakker maak. Die medikasie wat hom onder verdowing gehou het, behoort al uit sy sisteem te wees.” ’n Man antwoord: “Hy was vir drie maande onder sedasie. Sy kopbesering het goed herstel. Nou hoop ons maar sy brein funksioneer normaal.” Die vrou praat weer: “Sodra hy sy bewussyn herwin het en ons vasgestel het of hy weet wat gebeur het, moet ons die kapelaan kry om hom te vertel dat sy gesin dood is. Ek weet egter nie wat ’n kapelaan vir hom kan doen nie. Ek glo nie in mites nie — wetenskap is al wat bestaan.” “Ja, Helen,” antwoord die man, “ons is nie almal ateïste nie. Daar is genoegsame bewyse dat daar iets — of Iemand — groter is as net die wetenskap.” “Nie ‘iets’ of ‘iemand’ nie, Dokter. Daar is ‘n Skepper-God. Sonder Hom het niks ontstaan nie,” kom ’n tweede vrouestem in. “Ha...

💌 Brose liefde in #Stukkendeharte

💌 Brose liefde in #Stukkendeharte   🌹 Romantiese uittreksel (aptytwekker) > “Larisa, jy is my eerste liefde. Larisa, jy is my laaste liefde. Ja, ek is nog jonk en die lewe lê voor my, maar ek ken hierdie hart van my. Elke klop spel ’n letter van jou naam uit. My asemteue fluister jou naam, Larisa.”   Die dag van liefde is om die draai, en min dinge vang die essensie van jong romanse so raak soos Larisa en Anton se verhaal. In #Stukkendeharte ontdek ons die brose liefde wat tussen hulle ontvlam het – ’n liefde wat beloof het om ’n oneindige verhaal te skryf.   Hierdie uittreksel herinner ons dat ware liefde dikwels sag en kwesbaar is, maar tog sterk genoeg om elke asem en elke hartklop te vul. Dit is die soort liefde wat lesers laat droom, laat hoop en laat onthou dat elke fluistering van ’n naam kosbaar is.   Hou aan volg #Stukkendeharte – die reis van liefde, verlies en menslike verbondenheid wag om jou hart te raak.