Wys tans plasings met die etiket hoop vir 2026. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket hoop vir 2026. Wys alle plasings

Dinsdag 30 Desember 2025

Seënwense vir 2026 – Rooi Mier

Seënwense vir 2026 – Rooi Mier

’n Nuwe jaar, ’n nuwe begin met nuwe uitdagings en verwagtinge. Ons is hoopvol dat dit in 2026 beter met ons sal gaan. Dan is daar ook onsekerheid oor die onbekende.
Hoe ons egter die jaar gaan beleef, rus grootliks in ons verhouding met ons Skepper. Wie is Hy vir jou? Wat is ons verwagtinge van Hom?
Is Jesus Christus jou Verlosser en Saligmaker?
Indien Hy is, wil ek u bemoedig dat u nie hoef te vrees nie, want ek word bemoedig deur Paulus in II Timótheüs 1:7:
Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Laat ons God eerste plaas in alles, daarom word ons bemoedig:
Matthéüs 6:33-34
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
Kom ons versterk ons verhouding met God. Laat Hy vir ons ’n liefdevolle Vader wees, altyd teenwoordig in ons lewens.
As u Hom nog nie gevind het nie — Hy wag om gevind te word:
Jesaja 55:6
Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
Wees bemoedig: Hy sal jou nooit verlaat of alleen laat trek nie.
Deuteronómium 31:8
En dit is die Here wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.
My wense vir u vir 2026 is dus:
Vrede vir die broeders en liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus!
Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet! Amen.
Efésiërs 6:23–24

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug Onder die Brug neem jou mee op ’n reis van pyn, hoop en onverwagte genesing. Hierdie Afrikaanse kor...