Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket Kaapse verhale

Onder die Brug Hoofstuk 5, Die Dag Toe Alles Stil Geword Het

Onder die Brug Hoofstuk 5, Die Dag Toe Alles Stil Geword Het deur RooiMier   Martin Adriaanse groet sy vrou, klim in sy Mercedes, sit die radio aan en ry werk toe. Sy vriend het die vorige aand die motor huis toe bestuur, daarom is hy nie verbaas toe hy hoor dis ingestel op 'n Christelike radiostasie nie. Hy en 'n vennoot het Johannesburg toe gevlieg en met die vennoot se motor lughawe toe gery. Gisteraand het dié hom huis toe gebring. Die lied wat speel het Martin al dikwels gehoor. Sonder om regtig aan dit te dink, neurie hy saam: “I know the Lord will make a way, for me.” Hy is gelukkig. Sy bankbalans is gesond. Hy het 'n liefdevolle gesin. Wat meer kan 'n man vra? Sy persoonlike assistent is gewoonlik voor hom by die kantoor, maar vandag stap sy saam met hom in. Sy bied aan om koffie te maak voordat hulle die dag bespreek. Martin vra dat sy sy namiddagafsprake moet kanselleer — hy wil tyd saam met sy gesin deurbring. Die kinders sal dit waardeer; hy het ...