Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket natuur

Een dag na ses dae. Rooi Mier

Een dag na ses dae.  Rooi Mier Versigtig loer die son oor die berg. Daar heers 'n opgewondenheid want dit is lente en die blomme pronk in hul helder kleed oor 'n landskap wat eens dor was en verlate gevoel het. Die son glimlag en steek sy vingers uit om die reenboogkleurige veld te streel. Sy goue aanraking laat die doudruppels glinster soos diamante.  Die lied van die voëls vul die fris lentelug; melodiëus, tog eie aan elke verskillende spesie. Sommige baljaar omdat hulle hul daaglikse brood gevind het terwyl sommige mannetjies liefdesliedjies fluister. Die miere vind hul weg in militêre orde oor klippe en blare en sand en alles wat die natuur in hul pad neerlê. Elkeen gaan getrou en onverstoord aan met die taak voor hande.  Die wind blaas saggies en speels oor die blare. Op hul beurt wals die blare op die maat van 'n onhoorbare blaasorkes. 'n Meerkat staan op wag op 'n rots terwyl sy familie skarrel oor die veld; soekend na hul daaglikse brood. Die son...