Seënwense vir 2026 – Rooi Mier ’n Nuwe jaar, ’n nuwe begin met nuwe uitdagings en verwagtinge. Ons is hoopvol dat dit in 2026 beter met ons sal gaan. Dan is daar ook onsekerheid oor die onbekende. Hoe ons egter die jaar gaan beleef, rus grootliks in ons verhouding met ons Skepper. Wie is Hy vir jou? Wat is ons verwagtinge van Hom? Is Jesus Christus jou Verlosser en Saligmaker? Indien Hy is, wil ek u bemoedig dat u nie hoef te vrees nie, want ek word bemoedig deur Paulus in II Timótheüs 1:7: Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Laat ons God eerste plaas in alles, daarom word ons bemoedig: Matthéüs 6:33-34 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. Kom ons versterk ons verhouding met God. Laat Hy vir ons ’n liefdevolle Vader wees, altyd teenwoordig...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.