Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket emosionele slot

Onder die Brug Hoofstuk 11, Die Slot, Hervonden Vriendskap, Vergifnis en ’n Nuwe Begin

Onder die Brug Hoofstuk 11-Die Slot, Hervonden Vriendskap, Vergifnis en ’n Nuwe Begin deur RooiMier   Die volgende oggend staan John op en kniel bo-op die plastiek wat hy bo-oor sy komberse gooi as hy slaap. Sy oë val op Martin se slaapplek. Die beddegoed is nog opgevou en toegemaak met plastiek soos hy dit die vorige dag gelos.  John staan op, hy kan nie bid nie, nie vandag nie. Hy sien nie uit na die dag nie. In die sopkombuislyn is daar nie ‘n Martin nie. Hy dwaal in Foreshore rond. Op die plek waar Martin gestamp was staan hy ‘n rukkie stil. Miskien wag Martin vir hom by hul slaapplek.   Hy haas terug maar daar is net die paartjie wat twee pilare verder ‘woon' wat daar naby sit en eet. Hulle groet hom vriendelik maar hy hoor hulle nie. John besluit om ver te stap. Hy stap na die anderkant van die stad toe, die tuine.  Toe dit skemer begin raak stap hy stadig terug. Hy wil hoop maar ook nie. Martin is nog nie terug nie.  Twee maande lat...