Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket grappige verhaal

Agter daai deur

Agter daai deur Onbekend ’n Man is op reis wanneer sy motor naby ’n monnikeklooster onklaar raak. Hy stap na die klooster, klop aan die deur en sê: “Verskoon my, my motor het gebreek. Sal dit moontlik wees om die nag hier oor te bly?” Die monnike nooi hom vriendelik in, gee vir hom kos en maak selfs sy motor reg. Later, toe hy gaan slaap, hoor hy ’n vreemde, geheimsinnige geluid. Die volgende oggend vra hy die monnike wat die geluid was, maar hulle antwoord: “Ons kan dit nie vir jou sê nie. Jy is nie ’n monnik nie.” Die man is teleurgesteld, maar bedank hulle tog en sit sy reis voort. ’n Paar jaar later ry hy weer daar verby en besluit om weer oor te bly, aangesien hy nou al vriende daar gemaak het. Die monnike nooi hom weer in, gee vir hom kos en slaapplek. Daardie nag hoor hy dieselfde vreemde geluid wat hy die vorige keer gehoor het. Die volgende oggend vra hy weer wat dit is, maar die monnike antwoord: “Ons kan dit nie vir jou sê nie. Jy is nie ’n monnik nie.” Die man s...

Een Vir My, Een Vir Jou

Een Vir My, Een Vir Jou Onbekend Koos en sy pêl het ’n sak vol lemoene by die bure gesteel. Hulle hardloop toe na die naaste begraafplaas om die buit te gaan verdeel. Net toe hulle by die hek inhardloop, val twee lemoene uit die sak. In hul gejaag laat hulle dit net daar lê. ’n Dronkie wat op pad huis toe van die kroeg is, stap daar verby. Skielik hoor hy stemme uit die begraafplaas: “Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou…” Hy skrik hom behoorlik nugter en hardloop paniekerig na die dominee toe. “Dominee! Dominee! Kom saam my asseblief! Kom hoor hoe deel God en die Satan lyke tussen hulle daar in die begraafplaas!” Hulle hardloop saam begraafplaas toe. Die stemme gaan steeds voort: “Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou…” Skielik sê die een stem: “En wat van die twee by die hek?” “Wag vir my, Dominee…” Die dominee het toe die vinnigste gehardloop. 🏃‍♂️🏃‍♂️🏃‍♂️🏃‍♂️🏃‍♂️