Slaan oor na hoofinhoud

DIE STRUKTURE VAN PROFESIE Inleiding

DIE  STRUKTURE VAN PROFESIE Inleiding - Steven Dubee

Hosea 4:6 "My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priestersamp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet." (Lees ook Jes 5:13)

Profesie is een van die mees kontroversiële en tog ook kragtigste onderwerpe in die Bybel. God het Sy planne vir die toekoms in profesie verseël. Om dit "oop te sluit" moet mens 'n deeglike studie daarvan doen.

Alhoewel dit verseël is, wil God tog aan ons Sy planne vir die toekoms openbaar.

Amos 3:7 "Want die Here dien niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie."

Sommige mense redeneer wel dat dit nie noodsaaklik is dat ons weet wat God beplan nie solank hulle aanhou om Hom te dien. Hy het immers vir Daniël beveel om profesie geheim te hou.

Daniël 12:9 "En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe."

Wel, is ons nie nou in die tyd van die einde nie?

Openbaring 22:10 "En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby."

Behalwe om die toekoms te openbaar, watter ander voordele hou profesie vir ons?

a. Dit bewys dat Jesus God is.

b. Dit bewys dat die Bybel deur God geïnspireer is. (Sommige mense is vinnig om daarop te wys dat die Bybel deur mense geskryf is.)

c. Dit wys ons waar ins in die tydlyn is.

d. Help ons om misleiding of valse profesieë te identifiseer.

e. Verseker ons dat God nog in beheer is.

Net soos ons, is satan en sy engele geskape wesens. Hulle lewe, soos ons, "binne die tydlyn"; wat beteken hulle kan net sien wat reeds gebeur het tot die hede. Om in die toekoms te sien moet hulle profesie bestudeer en daarvolgens beplan. God staan alleen buite die tydlyn en daarom kan Hy alleen van ewigheid tot in die ewige toekoms sien.

Roger J Morneau, 'n gewese hoëpriester van satan, het 'n boek geskryf, "A trip into the Supernatural". Hierin verduidelik hy hoe hy en medediensknegte van satan, beplanningssessies gehad het met satan en sy engele. 

Hier is 'n aanhaling uit sy boek: "The spirits would encourage people to listen to their feelings instead of the word of Christ and His prophets."

As hierdie aanhaling 'n paar intellektuele wenkbroue laat lig, moet dit dan nou maar so wees. Ek het agtergekom dat geleerdheid mens soms ongelowig maak.

As satan met Eva in die tuin van Eden kon praat, aan Jesus verskyn het hier op aarde om Hom te probeer versoek, hoekom kan hy (satan) en sy engele dan nie met sy diensknegte vergader nie? Of redeneer ek nou met ek nou met kinderlikke logika?

Die meeste Christene het al die teksvers iewers aangehaal, 'Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wereldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.' (Efésiers 6:12)

Voorbeeld:

V. Hoe was die diens vandag?

A. Geseënd (ander sê lekker)

V. Hoekom?

A. Die "worship" was "awesome"!

Klink dit bekend? Die meeste van die tyd word die boodskap wat bedien was as 'n nagedagte bygevoeg. As ons sintuie nie geprikkel word nie, is die kerkdiens "dood". Bogenoemde aanhaling het beslis sy weg tot binne in die kerk gevind. Die gevolg is dat die bou van leerstellings op enkel teksverse buite konteks moontlik geword het; want weinig oordink die Woord van God. Wat die prediker sê is ja en amen. (In sommige kerke skryf mense graag die tekverse neer maar kom ons wees eerlik; hoeveel gaan dit weer oor met die Bybel byderhand.

Profesie word op verskillende maniere deur God aan ons gebied. Ons gaan dit behandel in die studie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die Verlore Seun Hoofstuk 1

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 1 (Gebaseer op die gelyknamige Bybelse gelykenis) Hierdie verhaal dra ek op aan een van ons Mier-familie, Nicolene Engelbrecht. Sy is vir my ’n baken van hoop en innerlike krag. (Ek kan nie meer sê nie, want ek respekteer haar privaatheid.) Om hierdie storie te kon skryf, het ek name aan die karakters gegee. Alhoewel dit ’n verhaal is, sal daar Skrifgedeeltes aangehaal word om die agtergrond in lyn met die Bybel te hou. Josáfat is keelvol vir die harde werk. “Hoekom moet ek soos ’n arbeider leef terwyl my pa ryk is? Dis mos onnodig. Ek wil die lewe gaan beleef. Die stories wat die verkoopsmanne altyd vertel, klink vreeslik interessant. Dit klink vir my asof die mense dáár buite regtig leef. Hier moet ek maar op ’n hopie sit. Die bediendes se meisiekinders is so pragtig, maar ek is nie eens veronderstel om aan hulle te raak nie. As ek dit wel doen, moet ek hulle dreig met verkoop aan buitelanders, en dat hulle nooit weer hul families sa...

Voorwoord van Die Verlore Seun

🌿 Voorwoord – Die Verlore Seun Skrywer: Rooi Mier Daar is verhale wat jy lees — en dan is daar verhale wat jou lees. Die Verlore Seun is so ’n verhaal. Dit is nie net ’n hervertelling van ’n bekende Bybelse gelykenis nie. Dit is ’n menslike reis deur skuld, trots, verwerping, verlange, genade en herstel. Dis die verhaal van ’n seun wat wegstap… maar ook die verhaal van ’n pa wat bly wag. Van ’n ma wat bly bid. Van ’n broer wat seer dra. En van ’n huis wat leeg bly totdat liefde weer inkom. Hier ontmoet jy Josáfat — koppig, seker van homself, vas oortuig dat vryheid buite die vaderhuis lê. Jy stap saam met hom deur keuses, gevolge, verliese en die lang, stil pad terug. Jy leer ook vir Absalom ken — ’n pa wie se arms wyer is as sy wonde, en Leah — ’n ma wie se gebede harder praat as haar trane. Maar hierdie verhaal gaan nie net oor húlle nie. Dit gaan oor óns. Oor elke mens wat al verkeerd gekies het. Oor elkeen wat al gedink het: “Ek het te ver gegaan. Daar is geen pad terug n...

Die Verlore Seun Hoofstuk 2

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 2 Daardie aand gaan Absalom bekommerd bed toe. Die kind van hom is ’n ware willewragtig. Hy weet Josáfat gaan nie ophou voordat hy sy sin gekry het nie. Ons het hom nie so grootgemaak nie, dink hy. Hy dink die lewe is maanskyn en rose, maar hy gaan hom vasloop. “Leah, ons het ’n probleem.” “Wat is dit, my man? Was daar weer moeilikheid onder die slawe? Ons behandel hulle beter as die meeste boere in die kontrei, maar daar bly maar probleme. Dit is net daai opstoker, Saul, wat altyd moeilikheid maak.” “Nee, vrou. Dit is Josáfat.” “Ai, die kind. Wat het hy nou weer aangevang? Moet ons hom nie maar na sy oom toe stuur nie?” “Ons kan nie ons probleem op iemand anders afsmeer nie. Ons moet dit self hanteer.” “Wat is sy probleem dié keer?” “Hy wil weggaan. Hy wil die plaas verlaat om die wêreld te leer ken.” “Na een van die stede toe? Nog ’n Sodom of Gomorra? Die mense leef daar asof daar nie ’n God is nie.” “Nou wat gaan jy maak, my man?”...