Slaan oor na hoofinhoud

DIE STRUKTURE VAN PROFESIE 2

STRUKTURE VAN PROFESIE (Simbole in Profesie) - Steven Dubee

Wat is die grootste rede hoekom mense nie die boek, Die Openbaring van Johannes lees nie? Hulle verstaan glad nie die boek nie agv die simboliek in dit. Ek het al selfs mense hoor sê dat hulle bang is vir die boek. Dit word natuurlik veroorsaak deur die beelde van drake en diere. 

As dit maar net 'n gewone fiksie was sou dit seker oraait gewees het; maar nou is dit dinge wat werklik gebeur het of nog moet gebeur. Sommige mense noem Openbaring selfs 'n geslote boek.

Nou hoe kan God ons iets gee wat ons glag nie verstaan of waar ons raai raai moet speel?

Het ons ons self al afgevra hoe 'n onverstaanbare en geslote boek se naam Openbaring kan wees? Profesie is dan juis om ons bewus te maak wat gaan gebeur.

Amos 3:7 "Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, openbaar het nie."

Die boek begin juis met die stelling dat dit 'n openbaring van Jesus Christus wat aan Johannes "te kenne gegee" is. Die King James Version gebruik die woorde "signified to John"; woorde wat baie belangrik is veral in die konteks van Openbaring. Die Griekse woord "semaino" beteken "deur bekend te maak deur simboliek".

Van die simboliek wat in die boek gebruik word is drake, diere, die see, die vrou, ens. Ons kan nie 'n letterlike toepassing aan die woorde gee nie. Ons moet ook onthou dat die vroeë kerk nie atoombomme, vuurpyle, Obama se "heath bill", ens sou verstaan nie; dus moes die simboliek betekenis vir hulle hê omdat die Bybel geskryf was vir mense oor die eeue. 

So om Openbaring (en Daniël; want die een moet saam met die ander gelees word) te verstaan, moet ons die simboliek van die boek verstaan. Hoe weet ons dan waarvan Openbaring praat? Indien elkeen van ons moet oordra hoe ons dit verstaan, sal ons miljoene verskillende openbarings van die boek het. Die enigste uitweg is dus om van God af self te hoor deur Sy Woord. God moet ons dus self vertel om te verhoed dat daar weggeneem of bygevoeg word.

Ope 22:18 & 19 waarsku ons juis daarteen.

Oor die feit dat mense sê dat dit 'n "toeboek" is, is daar juis 'n teksvers wat ons beveel om die profesie bekend te maak.

Ope 22:10 "En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby."

Laat die Woord van God ons dan vertel wat die simbole in die profesie beteken.

2 Pet 1:20 "terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie" (lees asb verse 19 & 21 saam).

Wat beteken die simbole?

Simboliek hou profesie suiwer sodat daar nie mee gepeuter kan word nie. Profesie kan "maklik" of "moeilik" wees om te ontleed; alhoewel ons dit uit die Woord kry.

Voorbeeld van maklik

Ope 12:13 "En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het."

Lees ook Ope 12:17 en 13:4. Ons gaan vir eers net die woord "draak" gebruik in al drie verse.

Wie sê die Woord is die draak? Kom ons lees.

Ope 12:9 "En die groot draak is neergewerp, die ou slamg wat genoem word duiwel en satan, ......."

Voorbeeld van Moeilik

Dan 7:6 " ....... en dit het vier vlerke van 'n voël op sy rug gehad; ...." lees die hele vers

Kom ons konsentreer op die woord "vlerke".

Dit is duidelik dat "vlerke" belangrik is in die profesie. Al lees ons die hele boek van Daniël deur, is dit moontlik dat ons nog steeds nie sal weet wat vlerke beteken nie omdat dit nie in dié boek verduidelik word nie. So ons moet buite Daniël gaan soek.

Ese 1:8&9 "........Maar aangaande die aangesigte en die vkerke van al vier, hulle vlerke was aanmekaar verbind. Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan."

Ese 1:24 "En as hulle gaan, het ek die geruis van hulle vlerke gehoor soos die geruis van baie waters, soos die stem van die Almagtige - 'n gedruis soos die stem van 'n leër. As hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak."

Ese 10:16 "En as die gérubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die gerubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie."

Lees ook Ese 10:19 

Al die bogenoemde verse praat van beweging, spoed, krag,momentum, vasberadenheid van 'n weermag, ens. Hoe meer vlerke daar dus in die profesie is, hoe groter bogenoemde elemente.

Om Dan 7:6 heeltemaal te verstaan het ons verdere studie nodig om hierdie "dier" te verstaan. Kortliks wil ek egter uitwys dat daar van heerskappy gepraat word wat aandui dat hier van 'n koninkryk of 'n koning gepraat word. In 'n studie oor die hoofstuk sal ons sien dat die koninkryk baie vinnig en groot uitgebrei het soos dit in hierdie profesie aangedui word.

Ons sien dys hie belangrik dit is dat God ons deur skrif lei om profesie te verstaan. Maak seker dat u eie siening nie gebruik word om profesie te probeer uitlê nie.

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde van simbole waar geen verdere verduideliking nodig is nie omdat die Bybel so duidelik is daaroor.


Lees die skrifte om die simboliek te verstaan:

a. Draak (Ope 12:13) >> duiwel, satan (Ope 12:9)

b. 7 Kandelaars (Ope 1:12) >> 7 Gemeentes (Ope 1:20)

c. 7 Sterre (Ope 1:16) >> 7 Engele (Boodskappers, maw leiers/predikers van die gemeentes - Ope 1:20)

In Ope 12:4 beten dit die engele wat Lucifer aangehang het

d. Vrou (Ope 12:1) >> Die Kerk ~~ Ware Kerk (Ope 12)

                                                        ~~ Valse Kerk (Hoer) (Ope 17)

Die verhaal van die 10 maagde is 'n pragtige voorstelling van die kerk wat wag op die bruidegom asook die wat ongeduldig word, op ander maniere die salwing van God soek en te laat wil terugkeer.

e. Diere, Kop, Horings (Dan 7 & Ope 17:7) >> Konings insluitend presidente, Koninkryke wat lande en gebiede insluit, ens (Ope 17:9-10; Dan 7:17 & 24)

f. See, Riviere, Waters (Dan 2:7, Ope 12: 15, 16) >> Volke, Menigtes, Nasies & Tale (Ope 17:15)

g. Wind (Dan 7:2) >> Oorlog (Jer 49:36,37)

h. Dag (profetiese dag) (Ope 12:6 & 14 & Dan 7:25) >> 1 profetiese dag verteenwoordig  1 jaar wat volgens die Joodse kalender 360 dae is.   (Num 14:34 & Ese 4:6) 'n tyd = 1 profetiese jaar = 360 jaar. Ope 12:6 - 1260 jaar; Ope 12:14 - 1260 jaar

Probeer nou enige van die hoofstukke in Opebaring te lees wat nog altyd vir u Grieks was en kyk hoeveel slegs die paar simbole u laat verstaan. Daar is natuurlik baie meer. Probeer om dit na te spoor deur u Bybel te gebruik.

U moet egter onthou dat dit net van toepassing is in profesie.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die Verlore Seun Hoofstuk 1

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 1 (Gebaseer op die gelyknamige Bybelse gelykenis) Hierdie verhaal dra ek op aan een van ons Mier-familie, Nicolene Engelbrecht. Sy is vir my ’n baken van hoop en innerlike krag. (Ek kan nie meer sê nie, want ek respekteer haar privaatheid.) Om hierdie storie te kon skryf, het ek name aan die karakters gegee. Alhoewel dit ’n verhaal is, sal daar Skrifgedeeltes aangehaal word om die agtergrond in lyn met die Bybel te hou. Josáfat is keelvol vir die harde werk. “Hoekom moet ek soos ’n arbeider leef terwyl my pa ryk is? Dis mos onnodig. Ek wil die lewe gaan beleef. Die stories wat die verkoopsmanne altyd vertel, klink vreeslik interessant. Dit klink vir my asof die mense dáár buite regtig leef. Hier moet ek maar op ’n hopie sit. Die bediendes se meisiekinders is so pragtig, maar ek is nie eens veronderstel om aan hulle te raak nie. As ek dit wel doen, moet ek hulle dreig met verkoop aan buitelanders, en dat hulle nooit weer hul families sa...

Voorwoord van Die Verlore Seun

🌿 Voorwoord – Die Verlore Seun Skrywer: Rooi Mier Daar is verhale wat jy lees — en dan is daar verhale wat jou lees. Die Verlore Seun is so ’n verhaal. Dit is nie net ’n hervertelling van ’n bekende Bybelse gelykenis nie. Dit is ’n menslike reis deur skuld, trots, verwerping, verlange, genade en herstel. Dis die verhaal van ’n seun wat wegstap… maar ook die verhaal van ’n pa wat bly wag. Van ’n ma wat bly bid. Van ’n broer wat seer dra. En van ’n huis wat leeg bly totdat liefde weer inkom. Hier ontmoet jy Josáfat — koppig, seker van homself, vas oortuig dat vryheid buite die vaderhuis lê. Jy stap saam met hom deur keuses, gevolge, verliese en die lang, stil pad terug. Jy leer ook vir Absalom ken — ’n pa wie se arms wyer is as sy wonde, en Leah — ’n ma wie se gebede harder praat as haar trane. Maar hierdie verhaal gaan nie net oor húlle nie. Dit gaan oor óns. Oor elke mens wat al verkeerd gekies het. Oor elkeen wat al gedink het: “Ek het te ver gegaan. Daar is geen pad terug n...

Die Verlore Seun Hoofstuk 2

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 2 Daardie aand gaan Absalom bekommerd bed toe. Die kind van hom is ’n ware willewragtig. Hy weet Josáfat gaan nie ophou voordat hy sy sin gekry het nie. Ons het hom nie so grootgemaak nie, dink hy. Hy dink die lewe is maanskyn en rose, maar hy gaan hom vasloop. “Leah, ons het ’n probleem.” “Wat is dit, my man? Was daar weer moeilikheid onder die slawe? Ons behandel hulle beter as die meeste boere in die kontrei, maar daar bly maar probleme. Dit is net daai opstoker, Saul, wat altyd moeilikheid maak.” “Nee, vrou. Dit is Josáfat.” “Ai, die kind. Wat het hy nou weer aangevang? Moet ons hom nie maar na sy oom toe stuur nie?” “Ons kan nie ons probleem op iemand anders afsmeer nie. Ons moet dit self hanteer.” “Wat is sy probleem dié keer?” “Hy wil weggaan. Hy wil die plaas verlaat om die wêreld te leer ken.” “Na een van die stede toe? Nog ’n Sodom of Gomorra? Die mense leef daar asof daar nie ’n God is nie.” “Nou wat gaan jy maak, my man?”...