#Stukkendeharte – Rooi Mier #Stukkendeharte S1 Hoofstuk 1 – Rooi Mier Die klok lui. Dit is tyd om periodes te ruil. Lawrence van Wyk is opgewonde, soos altyd, om by die Wiskundeklas uit te kom. Om die waarheid te sê, hy het die Ekonomieperiode omgewens. “Auw die L, jy is alweer haastig vir Maths. Of is dit vir Sahara Muller, die beauty met breins? Daai kind is te mooi vir ’n Wiskunde-onnie. Daai grysgroen oë van haar is soos magnete. Julle twee het nogal dieselfde kleur oë.” Anton le Fleur knipoog vir Lawrence. “Bra, hou jy net jou hande tuis en jou oë in jou boeke. Ek sal die loerwerk doen. Watch my, ek gaan daai blom nog vra om met my te trou.” “Jy sal moet chill, buddy. Volgende jaar begin daar nog sewe jaar se studies.” “Daai is mos hoekom ek nou my move moet maak. Ek kan nie die Uptise verlaat voor ek haar as my eie het nie. Sahara Muller – nee, van Wyk – jy is myne.” “Jy vergeet daai kind is bekeer, nè. Dan is sy nog ouer as jy ook.” “Wie worry nou oor age? En die bekering is haa...
Een dag na ses dae. Rooi Mier Versigtig loer die son oor die berg. Daar heers 'n opgewondenheid want dit is lente en die blomme pronk in hul helder kleed oor 'n landskap wat eens dor was en verlate gevoel het. Die son glimlag en steek sy vingers uit om die reenboogkleurige veld te streel. Sy goue aanraking laat die doudruppels glinster soos diamante. Die lied van die voëls vul die fris lentelug; melodiëus, tog eie aan elke verskillende spesie. Sommige baljaar omdat hulle hul daaglikse brood gevind het terwyl sommige mannetjies liefdesliedjies fluister. Die miere vind hul weg in militêre orde oor klippe en blare en sand en alles wat die natuur in hul pad neerlê. Elkeen gaan getrou en onverstoord aan met die taak voor hande. Die wind blaas saggies en speels oor die blare. Op hul beurt wals die blare op die maat van 'n onhoorbare blaasorkes. 'n Meerkat staan op wag op 'n rots terwyl sy familie skarrel oor die veld; soekend na hul daaglikse brood. Die son...