#Stukkendeharte S1 Hoofstuk 2 – Rooi Mier Die Maandagoggend is hy vroeg op pad skool toe. Sy naweek was glad nie lekker nie. Hy het ook tot ’n besef gekom dat hy nie net Juffrou Muller bewonder nie; hy het diep gevoelens vir haar. Al die leerders beweeg na die saal toe die klok lui. Dit is die Maandagoggendbyeenkoms. Na skriflesing en gebed deur Mnr Jacobs, gaan staan Mnr Solomons, die skoolhoof, agter die mikrofoon. Nadat hy die gewone gesê het oor samewerking tussen onderwysers en leerders, kondig hy aan dat Juffrou Muller nie die week by die skool gaan wees nie. Haar ma het skielik Vrydag afgesterf. Die begrafnis sal Donderdag wees, maar net ’n onderwyser of twee gaan dit bywoon ter ondersteuning. Die Mullers wil dit klein hou. ’n Hulponderwyser gaan haar klasse waarneem. Dit was die langste week in Lawrence se skoolloopbaan. Hy deel nie sy ontdekking van liefde met sy beste vriend, Anton, nie, want hy weet wat hy gaan sê: “Chill L, jy is nog jonk, buddy. Los daai vir die adults.” D...
#Stukkendeharte – Rooi Mier #Stukkendeharte S1 Hoofstuk 1 – Rooi Mier Die klok lui. Dit is tyd om periodes te ruil. Lawrence van Wyk is opgewonde, soos altyd, om by die Wiskundeklas uit te kom. Om die waarheid te sê, hy het die Ekonomieperiode omgewens. “Auw die L, jy is alweer haastig vir Maths. Of is dit vir Sahara Muller, die beauty met breins? Daai kind is te mooi vir ’n Wiskunde-onnie. Daai grysgroen oë van haar is soos magnete. Julle twee het nogal dieselfde kleur oë.” Anton le Fleur knipoog vir Lawrence. “Bra, hou jy net jou hande tuis en jou oë in jou boeke. Ek sal die loerwerk doen. Watch my, ek gaan daai blom nog vra om met my te trou.” “Jy sal moet chill, buddy. Volgende jaar begin daar nog sewe jaar se studies.” “Daai is mos hoekom ek nou my move moet maak. Ek kan nie die Uptise verlaat voor ek haar as my eie het nie. Sahara Muller – nee, van Wyk – jy is myne.” “Jy vergeet daai kind is bekeer, nè. Dan is sy nog ouer as jy ook.” “Wie worry nou oor age? En die bekering is haa...