DIE SABBAT 2 - Steven Dubee
Hoekom is daar ‘n Sabbat?
Mens moet mos rus?
Ja, ons het almal rus nodig. Niemand kan dag na dag werk sonder dat h/sy rus nie. Maak nie saak watter soorte werk jy doen nie. Jy raak liggaamlik en geestelik uitgeput. Dus het ons almal rus nodig. God het gerus om vir ons ‘n voorbeeld te stel.
Gen 2:2-3 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
Deu 5:13-14 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God;
dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy. (Eks 20:9-10) Exo 31:14-15 Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word. Eks 34:21 Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.
Jes 56:2 Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.
Later sal ons kyk of die Sabbat in die Nuwe Testament onderhou was of nie.
Was dit egter al rede hoekom God die Sabbat ingestel het?
Kom ons kyk.
Eks 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.
Gedenk? Moet ons die Sabbatdag vier? Hoekom?
Eks 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Beteken dit dat, omdat God 6 dae lank geskep het, moet die Sabbat gedenk word?
Jes 56:4-5 Want so sê die HERE aan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond: Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure ‘n gedenkteken en ‘n naam gee wat beter is as seuns en dogters; ‘n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.
Deur die Sabbat te onderhou, erken jy dat God die Skepper is. Geen ander God van enige ander geloof kan daarop aanspraak maak dat hulle enigiets geskep het nie; nie eers ‘n miggie nie.
Ope 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. Heb 4:4 Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;
Die God wat aanbid moet word is die Skeppergod.
Geseën en Geheilig
Gen 2:3 En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
As jy deur die skeppingsdae lees, sal jy vind dat nie een van die ander dae (Dag 1-6) geseën was of geheilig was nie.
Net die Sabbat.
Wanneer God iets seën, vir hoe lank is dit geseën?
1 Kro 17:27 Dit het U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën om vir ewig voor u aangesig te wees; want U, HERE, het geseën, en dit sal vir ewig geseënd wees.
Wanneer God se Woord sê vir ewig, beteken dit vir ewig.
Pre 3:14 Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.
Dit beteken nie totdat Jesus gekruisig word, of opgestaan het, of opgevaar het na die hemel nie. Vir ewig is tot in alle ewigheid.
Wat beteken geheilig?
Exo 29:1 En dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: ....... Eks 13:2 Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.
Eks 19:23 Toe het Moses die HERE geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit. Heb 7:26 Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;
Rom 7:12 Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.
So wat beteken heilig?
As ons na die skrifte kyk, sien ons dat ‘heilig’, afgesonder vir God beteken. Die Sabbat is dus vir ewig geseën en afgesonder vir God.
Wanneer het God dan die Sabbat dag geseën en geheilig?
Ons sal moet kyk hoe God te werke gaan om die antwoord te kry. As ons die skeppingsverhaal lees, lyk dit of dit met die skepping gebeur het.
Gen 2:1-3 So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.
En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
Maar is dit hoe God te werke gaan?
As Hy dit geseën en geheilig het met die skepping, lyk dit al of dit ‘n nagedagte was. Volgens skrifgedeeltes in die Bybel, is niks wat God doen ‘n nagedagte nie. Kom ons kyk.
Efe 1:3-5 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,
deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, 1 Pet 1:20 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil
Dit is duidelik dat God se planne in plek nog voor die gronglegging van die wêreld; definitief nie ‘n nagedagte nie. So was die Sabbat ook geseën en geheilig voor die grondlegging van die wêreld?
Heb 4:3 Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie— alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.
Heb 3:7 tot 4:10 handel oor die rus wat God se mense moet ingaan. Hierdie rus is op ‘n spesifieke dag, die Sabbat.
Dus, as ons bogenoemde teks in konteks lees, vertel dit ons dat die Sabbat al voorberei was by die grondlegging van die wêreld, nie toe die skepping voltooi was nie.
Jes 46:9-10 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;
wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen
Wonderlik.
God weet al van voor Hy begin het wat die eindproduk sal wees. Die oomblik as Hy ‘n besluit neem, is dit vir Hom volbring. Die aksie om dan die Sabbat te seën en te heilig is die voltooiïng van ‘n beplanning van voor die gronglegging van die aarde. Dit is hoelank die Sabbat geseën en geheilig is.
Nog dieselfde God
Wanneer ons sing, “Dis nog dieselfde Jesus”, wat sê ons eintlik? Beteken dit nie dat God dieselfde was, is en altyd sal wees nie? As dit waar is, beteken dit dan nie dat Hy volstaan by Sy besluite wat Hy by die grondlegging geneem het nie?
Is dit nie die soort God wat ons wil dien nie?
Een wat ons weet sal nie môre van plan sal verander nie?
Mal 3:6 Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie. Heb 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
Psa 102:28 Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie. Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
Ope 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Dit is ‘n paar skrifte wat sonder twyfel aandui dat God absoluut dieselfde bly.
Sing saam met my; “Dis nog dieselfde Jesus!”
Kan ek enige dag aanbid?
Natuurlik is dit Bybels om te sê jy kan God enige dag aanbid. U kan God die eerste dag aanbid, of die vierde dag of net wanneer u wil. Ja, enige dag, indien u nie u Sabbatsdag aanbidding verontagsaam nie.
U aanbidding op enige of elke dag van die week vervang nie u Sabbatsdag nie. Sommige mense gebruik die verskoning vir Sondagaanbidding. Ja, skriftuurlik kan u maar elke dag aanbid.
Mat 26:55 In daardie uur het Jesus vir die skare gesê: Het julle soos teen ‘n rower uitgekom met swaarde en stokke om My gevange te neem? Dag vir dag het Ek by julle gesit en leer in die tempel, en julle het My nie gegryp nie.
Mar 14:49 Dag vir dag was Ek by julle in die tempel besig om te leer, en julle het My nie gegryp nie. Maar die Skrifte moes vervul word.
Jesus het enige dag gebruik om die mense te leer.
Die Nuwe Testamentiese kerk het ook daagliks bymekaar gekom.
Han 2:46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet
Han 5:42 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.
Kom ons kyk ook na die Ou Testament.
Num 28:2-5 Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle:Julle moet daarvoor sorg om my offer, my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring. En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as ‘n voortdurende brandoffer.
Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei; met ‘n tiende van ‘n efa fynmeel as spysoffer, gemeng met ‘n kwart-hin uitgestampte olie.
Dit is duidelik dat daar ‘n daaglikse offerstelsel was. As u egter verder lees, sal u sien dat die Sabbatsoffer verdubbel was deur die priesters.
Num 28:9-10 Maar op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van ‘n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.
Dit is die brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
Bo en behalwe die daaglikse brandoffer, moes daar ook nog ‘n Sabbatsoffer gebring word op die Sabbat; dus dubbel. Ons offer mos nie meer diere nie; is dalk u reaksie. Ja, u is reg, maar is die wet nie nou geestelik nie?
Rom 7:14 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. 1 Pet 2:5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
As ‘n heilige priesterdom bring ons nou geestelike offers.
Wat is geestelike offers?
Lev 22:29 En as julle ‘n lofoffer aan die HERE bring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.
Psa 107:22 en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel. Psa 116:17 Ek sal U ‘n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.
Die Engelse Vertalings verwys na ‘n lofoffer in die spesifieke tekse as ‘sacrifice of thanksgiving’.
Jer 17:26 En hulle sal kom uit die stede van Juda en uit die omstreke van Jerusalem en uit die land Benjamin en uit die Laeveld en uit die Gebergte en uit die Suidland, hulle wat brandoffer en slagoffer en spysoffer en wierook aanbring, en lofoffer aanbring in die huis van die HERE.
Jer 33:11 die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die HERE van die leërskare, want die HERE is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! —van die wat ‘n lofoffer bring in die huis van die HERE; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die HERE. Heb 13:15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
Engelse vertalings verwys na die lofoffer in die boonste 3 verse as ‘sacrifice of praise’.
Of ons dus nou praat van lofoffers of dankoffers; praat ons van geestelike offers. Hosea praat van offerdiere wat met die lippe aangebied word.
Hos 14:3 Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.
Soos met Ou Testamentiese diereoffers, moet geestelike offers ook daagliks wees. Die Ou Testamentiese offers wys egter dat op die Sabbat dit verdubbel moet word; wat beteken dat ons meer tyd moet maak vir God op hierdie dag. Daarom moet ons die dag, soos in opdrag van die gebod, afsonder vir God.
Lev 23:3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ‘n dag van volkome rus, ‘n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie dit is ‘n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.
Die boodskap is baie duidelik, terwyl jy enige ander dag iewers tyd moet afknyp om aan God te wei; behoort die hele Sabbat aan God. Jy kan dit nie verskuif nie; want dit is die dag deur God self uitverkies.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking