Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket geloof en hoop

Onder die Brug Hoofstuk 9, Wanneer die Waarheid Skeur

Onder die Brug Hoofstuk 9, Wanneer die Waarheid Skeur deur RooiMier   Elton sit doodstil. Nie ’n woord kom uit nie. Twee dinge moet hy verwerk: die verligting dat sy pa nie ’n verkragter was nie, en die verraad — dat sy vrou al jare lank met een van sy vriende geslaap het. John besluit om hom ook in te lig oor Drew se dreigement. Maar voordat hy iets kan sê, hoor hulle ‘n geluid by die deur. Jolene staan daar — bleek, geskok. Sy sê niks. Sy draai net om en verdwyn gang-af. Elton staan op en stap kamer toe. John laat hom gaan. Hy kyk by die deur uit, maar Jolene is nêrens te sien nie. Hy sluit die deur. As sy nie ‘n sleutel het nie, sal sy sekerlik klop. Hy gaan sit. Was dit die regte ding om te doen? Hy kyk na bo. "Here, U moet maar onderneem." Hy begin bid — ‘n lang, eerlike gebed. Tydens sy gebed hoor hy snikke. Later ‘n sagte stem: “Dankie vir U genade, Here. Here, ek is stukkend… en tog ook verlig. Dankie vir die waarheid. Gee my krag om te vergewe.” Dan raak ...

Onder die Brug Hoofstuk 3, Tussen Skuld en Genade

  ONDER DIE BRUG Hoofstuk 3, Tussen Skuld en Genade deur Rooimier “Jolene, hoekom het jy nie my oom laat inkom nie?” “Vir wat? Ek ken nie die man nie, en vir al wat ek weet is hy ook ’n verkragter soos jou vark van ’n pa.” Sy draai van John af. “Jou broer was ’n verkragter, maar die blêrrie man wil mos niks weet nie. Hy en sy God vergewe mos verkragters.” “Ek is jammer, Oom John. Sit asseblief. Waar is my maniere? My naam is Elton. Ek het nou net hier aangekom. Was saam met my pastoor – een van ons gemeentelede het afgesterf. Gelukkig is ek met vakansie en kon saamgaan.” Elton klink na iemand wat verskriklik baie kan praat – as jy hom nie in die rede val nie, kry jy nie ’n spreekbeurt nie. Nes sy pa, dink John. “Ek is verskriklik dors. Kan ek water kry, asseblief?” “Jammer, my oom. Jy is seker honger ook. Jolene, skep vir ons, asseblief, my vrou.” Hy stap na haar toe en gee haar ’n soen op die wang. “Oom gaan mos hier slaap. Ek kry solank vir jou ’n slaapplek reg. Die b...

Eendag!! – Rooimier

 Eendag!! – Rooimier Eendag lank gelede was daar ’n Man. Hy was genoem die Woord. Die Woord deur wie die aarde se woestheid en leegheid tot orde geroep is. “Laat daar lig wees.” Die Woord deur wie die hemelruim gevul is met son en maan. Die Woord deur wie plant en dier tot stand gekom het. Op die sesde dag het hierdie Woord egter stil geraak. Hy het afgebuk en my gevorm met Sy hande — vir my, vir wie Hy vyf dae lank ’n plek om te leef voorberei het. Hy het my aangestel as heerser oor Sy skepping. Dankie, Skepper van hemel en aarde en alles wat daarop leef. Dankie, Formeerder van liggaam en Lewegewende Asem. U het my ’n lewende siel gemaak — ’n mens. Eendag lank gelede was daar ’n Man gewees. Hy was Verlosser genoem. Hierdie Man het gesien hoe ek eet van die verbode vrug. Om my te beskerm, moes Hy my uit die tuin verban. As ek daar gebly het, sou die slang my ook van die boom van die lewe laat eet het. Sou ek, sondaar, dan vir ewig gelewe het — ewig met sonde op sonde? Hy moes onder...

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug Onder die Brug neem jou mee op ’n reis van pyn, hoop en onverwagte genesing. Hierdie Afrikaanse kortverhaal speel af in die strate en skuilplekke van Kaapstad, waar mense soms aan die rand van die samelewing leef – maar tog, selfs daar, skyn die lig van vergifnis en liefde. Die verhaal volg John, ’n man van geloof en volharding, wat homself oorgee aan die uitdagings van die lewe en die onvoorspelbare draaie van menslike verhoudings. Hy word gekonfronteer met verraad, verlies en onsekerheid, maar vind tog krag in sy geloof en die eenvoud van opregte gebed. Saam met hom ervaar ons die pyn en vreugde van Elton en Jolene, asook die onverskrokke veerkragtigheid van Martin, ’n voormalige “bergie” wie se lewe onverwags ’n wending neem. Die verhaal ondersoek diep menslike emosies: die swaar las van misverstand en die bevrydende krag van vergifnis. Dit wys hoe selfs in die donkerste oomblikke – of onder ’n stad se koue brug – genade, liefde en gemeenskap...