Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket hartseer

Sommer Net Woorde

 Sommer Net Woorde – RooiMier Skielik, onverwags, slaan jy toe, soos ’n dief in die nag is jy hier. Kom steel ons glimlag, beroof ons van blydskap; ’n traantjie raak ’n rivier wat vloei soos die Oranje in vloed. Jy steur jou nie aan die agtergeblewenes, die vermisting wat jy veroorsaak, solank jy nog ’n kis vul en onder begeleiding stuur na ’n ses-voet-ses. Die trane vloei opnuut, die pastoor sê: “Stof tot stof.” ’n Blom, ’n krans, ’n kruis met ’n naam, datums met ’n begin, maar ongelukkig ook ’n einde. ’n Laaste seëngebed. “Kom drink ’n koffie by die huis.” “Haai Jannie, jou lanklaas gesien.” “Kom ons bly in kontak, hier is my nommer.” Die laaste sien van die blikkantien. Dis eensaam in die huis; daar heers ’n stilte. Die krieke sing hul aanhoudende, een-noot-gesang. Waar niemand sien nie, vloei daar nog ’n traan, en nog een oor ’n aand of twee. O Heer, ons is maar net mens. Ons weet U droog die trane op, die seer bly egter langer talm. Ons lewe — ons leef maar met ver...

Onder die Brug Hoofstuk 2, Die wagte van Ravensmead

Onder die Brug Hoofstuk 2 – Die wagte van Ravensmead deur Rooi Mier Verwese, moeg en duidelik verhongerd stap hy met sy sak deur die voorhek. Sy klere is skoon, maar verkreukeld. Ag, hopelik is ek nou by die regte mense, dink hy. Hy klop aan die voordeur, maar niemand antwoord nie. Ná twee minute loop hy mismoedig na die hek toe. By die hek kyk hy terug en sien ’n gordyn beweeg – of het hy hom verbeel? Net daar en dan besluit hy om weer te gaan klop. Niemand antwoord nie. “Hallo, dit is John Daries hier. Bly die Daries-familie hier?” skree hy. Geen antwoord nie. Hy hou aan klop vir nog ’n minuut. John besluit dat hy nêrens gaan nie – want hy hét nêrens om te gaan nie. Hy is honger en dors, maar moes leer dat Kapenaars niemand vertrou nie en ook nie maklik gee nie. Dit is sy tweede dag dat hy in Ravensmead ronddwaal op soek na sy broer Paulus. Hy het sy laaste geld op ’n halwe brood en ’n koejawelsap uitgegee gisteraand en toe op Tygerbergstasie gaan sit en slaap. Hy begin t...