Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings met die etiket Afrikaanse kortverhaal

Agter daai deur

Agter daai deur Onbekend ’n Man is op reis wanneer sy motor naby ’n monnikeklooster onklaar raak. Hy stap na die klooster, klop aan die deur en sê: “Verskoon my, my motor het gebreek. Sal dit moontlik wees om die nag hier oor te bly?” Die monnike nooi hom vriendelik in, gee vir hom kos en maak selfs sy motor reg. Later, toe hy gaan slaap, hoor hy ’n vreemde, geheimsinnige geluid. Die volgende oggend vra hy die monnike wat die geluid was, maar hulle antwoord: “Ons kan dit nie vir jou sê nie. Jy is nie ’n monnik nie.” Die man is teleurgesteld, maar bedank hulle tog en sit sy reis voort. ’n Paar jaar later ry hy weer daar verby en besluit om weer oor te bly, aangesien hy nou al vriende daar gemaak het. Die monnike nooi hom weer in, gee vir hom kos en slaapplek. Daardie nag hoor hy dieselfde vreemde geluid wat hy die vorige keer gehoor het. Die volgende oggend vra hy weer wat dit is, maar die monnike antwoord: “Ons kan dit nie vir jou sê nie. Jy is nie ’n monnik nie.” Die man s...

Dronkaard

Dronkaard - Onbekend Die omie kom gebukkend, skuifelend die pad afgestap, sy verkreukelde hoed styf in sy hand vasgeklem. Die plooie trek donker dongas oor sy gesig, en sy oë is dof en blou. Sy klere hang soos ʼn meelsak om hom, sy skoene het al beter dae gesien. Sy hare wapper in drie slierte om sy voorkop, sonverbrand. "Boetie! Boetie!" roep hy na my. Ek gee hom een kyk en kyk dan anderpad. Net nog 'n boemelaar, net nog 'n bedelaar. "Boetie! Boetie!" roep hy weer. Ek draai my rug op hom en sluit die motordeur oop. "Boetie, boetie! Wag, ek wil met jou praat." Sy stem is skor. "Seker van al die drank," dink ek, klim in die motor en sluit die deur Hy struikel van die sypaadjie af, kom krom, oud en verwaarloos na my aangestap. Ek skakel die motor aan, kry trurat en verlaat hom, eensaam en alleen. "Kry vir jou werk. Maak soos ek maak, dit bring geld, dan kan jy suip tot jy omval," gaan deur my gedagtes. Ek kry eerste rat, wikkel die...

Onder die Brug Hoofstuk 11, Die Slot, Hervonden Vriendskap, Vergifnis en ’n Nuwe Begin

Onder die Brug Hoofstuk 11-Die Slot, Hervonden Vriendskap, Vergifnis en ’n Nuwe Begin deur RooiMier   Die volgende oggend staan John op en kniel bo-op die plastiek wat hy bo-oor sy komberse gooi as hy slaap. Sy oë val op Martin se slaapplek. Die beddegoed is nog opgevou en toegemaak met plastiek soos hy dit die vorige dag gelos. John staan op, hy kan nie bid nie, nie vandag nie. Hy sien nie uit na die dag nie.  In die sopkombuislyn is daar nie ‘n Martin nie. Hy dwaal in Foreshore rond. Op die plek waar Martin gestamp was staan hy ‘n rukkie stil. Miskien wag Martin vir hom by hul slaapplek. Hy haas terug maar daar is net die paartjie wat twee pilare verder ‘woon' wat daar naby sit en eet. Hulle groet hom vriendelik maar hy hoor hulle nie. John besluit om ver te stap. Hy stap na die anderkant van die stad toe, die tuine. Toe dit skemer begin raak stap hy stadig terug. Hy wil hoop maar ook nie. Martin is nog nie terug nie. Twee maande later stap hy in die rig...

Onder die Brug Hoofstuk 4, Wanneer die Waarheid Breek

Onder die Brug Hoofstuk 4, Wanneer die Waarheid Breek deur RooiMier   Die dag het ‘n week geword. Die week het ‘n maand geword. Elton is intussen terug by die werk. Hy vertrek elke oggend om agtuur en kom teen omtrent 17:40 weer tuis. John het intussen uitgevind dat Elton nie kinders kan verwek nie, as gevolg van ‘n ongeluk toe hy nog ‘n kind was. Jolene het nog nie teruggekom nie, maar Elton glo steeds dat God haar sal terugbring. John probeer steeds meer uitvind oor die verkragting, maar elke keer slaan Elton toe soos ‘n boek. Hy het wel laat blyk dat hy nog nie gereed is om daaroor te praat nie. Daardie aand sit hulle saam voor die TV toe iemand aan die deur klop. “Dis Jolene,” sê Elton kalm. “Vandag het ek net geweet sy gaan huis toe kom, nadat ek by die werk gebid het.” Hy maak die deur oop. “Hallo my liefde,” groet hy. Sy stap sonder ‘n woord verby hom en reguit kamer toe. John staan op. “Ek gaan maar kamer toe sodat julle kan praat.” Die volgende oggend slaap hy ...

Onder die Brug Hoofstuk 3, Tussen Skuld en Genade

  ONDER DIE BRUG Hoofstuk 3, Tussen Skuld en Genade deur Rooimier “Jolene, hoekom het jy nie my oom laat inkom nie?” “Vir wat? Ek ken nie die man nie, en vir al wat ek weet is hy ook ’n verkragter soos jou vark van ’n pa.” Sy draai van John af. “Jou broer was ’n verkragter, maar die blêrrie man wil mos niks weet nie. Hy en sy God vergewe mos verkragters.” “Ek is jammer, Oom John. Sit asseblief. Waar is my maniere? My naam is Elton. Ek het nou net hier aangekom. Was saam met my pastoor – een van ons gemeentelede het afgesterf. Gelukkig is ek met vakansie en kon saamgaan.” Elton klink na iemand wat verskriklik baie kan praat – as jy hom nie in die rede val nie, kry jy nie ’n spreekbeurt nie. Nes sy pa, dink John. “Ek is verskriklik dors. Kan ek water kry, asseblief?” “Jammer, my oom. Jy is seker honger ook. Jolene, skep vir ons, asseblief, my vrou.” Hy stap na haar toe en gee haar ’n soen op die wang. “Oom gaan mos hier slaap. Ek kry solank vir jou ’n slaapplek reg. Die b...

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug Onder die Brug neem jou mee op ’n reis van pyn, hoop en onverwagte genesing. Hierdie Afrikaanse kortverhaal speel af in die strate en skuilplekke van Kaapstad, waar mense soms aan die rand van die samelewing leef – maar tog, selfs daar, skyn die lig van vergifnis en liefde. Die verhaal volg John, ’n man van geloof en volharding, wat homself oorgee aan die uitdagings van die lewe en die onvoorspelbare draaie van menslike verhoudings. Hy word gekonfronteer met verraad, verlies en onsekerheid, maar vind tog krag in sy geloof en die eenvoud van opregte gebed. Saam met hom ervaar ons die pyn en vreugde van Elton en Jolene, asook die onverskrokke veerkragtigheid van Martin, ’n voormalige “bergie” wie se lewe onverwags ’n wending neem. Die verhaal ondersoek diep menslike emosies: die swaar las van misverstand en die bevrydende krag van vergifnis. Dit wys hoe selfs in die donkerste oomblikke – of onder ’n stad se koue brug – genade, liefde en gemeenskap...