Onder die Brug Hoofstuk 11-Die Slot, Hervonden Vriendskap, Vergifnis en ’n Nuwe Begin
deur RooiMier
Die volgende oggend staan John op en kniel bo-op die plastiek wat hy bo-oor sy komberse gooi as hy slaap. Sy oë val op Martin se slaapplek. Die beddegoed is nog opgevou en toegemaak met plastiek soos hy dit die vorige dag gelos.
John staan op, hy kan nie bid nie, nie vandag nie. Hy sien nie uit na die dag nie. In die sopkombuislyn is daar nie ‘n Martin nie. Hy dwaal in Foreshore rond. Op die plek waar Martin gestamp was staan hy ‘n rukkie stil. Miskien wag Martin vir hom by hul slaapplek.
Hy haas terug maar daar is net die paartjie wat twee pilare verder ‘woon' wat daar naby sit en eet. Hulle groet hom vriendelik maar hy hoor hulle nie. John besluit om ver te stap. Hy stap na die anderkant van die stad toe, die tuine.
Toe dit skemer begin raak stap hy stadig terug. Hy wil hoop maar ook nie. Martin is nog nie terug nie.
Twee maande later stap hy in die rigting van Kaapstad Stadion. Dit is besig vandag. Daar is ‘n rugby eindstryd. Stormers speel teen die Bulls in ‘n nuwe kompetisie. Dit is nog vroeg maar die mense begin al aankom. Hulle is opgewonde en vrygewig. Hy het meer geld as wat hy in maande gehad het. Na twee ure stap hy na ‘n vis en chips winkel. Hy gaan homself bederf.
Tot dusver kon hy nog nooit vir Martin opspoor nie. Sy lewe moet aangaan. Hy stap middestad se kant toe. Na ‘n rukkie naby die stasie besluit hy hy gaan maar rus. Hy slaap sleg die afgelope tyd en is moeg.
Naby die brug staan ‘n grys Mercedes. Hy besluit om aan die anderkant van die pad te loop. Skielik hoor hy, ‘Boemelaar! Kom hier jou bergie!’
Onder normale omstandighede sou hy dit geignoreer het maar die stem klink bekend. Kan dit wees? Die deur van die Mercedes gaan oop. ‘John my vriend.’
John staan vasgenael op een plek. ‘Dit is nie waar nie, of is dit?’ Martin, wat by die bestuurderskant uitgeklim staan langs die motor. Hy begin in John se rigting stap. Skielik begin hy hardloop, ‘John, John!’
John kan nog steeds nie beweeg nie. Martin gryp hom in ‘n omhelsing, ‘my broer!’. Sy stem klink skor, soos iemand wat wil huil. Skielik begin sy liggaam te ruk met snikke. John voel die trane op sy nek val. Sy trane vloei ook maar hy huil geluidloos.
Na ‘n paar minute sê John, ‘Kom nou, die mense gaan praat.’
‘Gee ek dan om! Alles werk ten goede mee vir …’ John sit sy vinger op Martin se lippe. ‘Ek het gedink ek sien jou nooit weer nie,’ sê hy.
Martin vat John se hand en lei hom na die voertuig. ‘Klim in. Ja, dit is myne.’ John klim huiwerig in. ‘Waarheen?’ Martin begin ry sonder ‘n woord. Hulle ry in die rigting van die noordelike voorstede.
Hulle trek op by ‘n dubbelverdieping. Pragtige woning.Kom ons gaan by die sydeur in. Binne die huis in ‘n kamer waar daar klere op die bed lê. Nuut. ‘Dit is joune. Daar is die badkamer. Neem solank ‘n warm bad en trek diè klere aan.’
‘Maar ..’
‘Geen maars. Ek is terug oor ‘n uur.’
John neem eers ‘n stort. Die water lyk vuil en vetterig. Na dit tap hy water in die bad. Klim in en begin ontspan. Hy begin vaak voel na tien minute en klim uit. Nadat hy aangetrek het gaan sit hy maar op die bank in die kamer, te bang om rond te beweeg in die huis.
Na ‘n rukkie klop iemand aan die deur en maak oop. ‘Dit is my huis indien jy wonder. Ek onthou alles vanaf die dag dat die Ferrari my gestamp het. Ek sal jou later alles vertel. Kom saam.’ John sien dat hulle in'n onthaal area instap.
Martin neem hom na ‘n muur met portrette. Dit is sy oorlede vrou en kinders verduidelik hy. Agter John se rug wink hy na die ingang. Hier is iemand vir jou. John draai stadig om. Wie kan dit wees?
Jolene staan in die opening. Sy lyk anders. Dit lyk of sy meer ontspanne en gelukkig is.
‘Oom John', sy klink opreg bly om hom te sien. Sy stap tot omtrent ‘n tree van hom af. Trane begin oor haar wange loop. ‘Ek het na u gesoek. U sal nie weet hou jammer ek is oor hoe ek u behandel het nie. Vergewe my oom.’ John steek sy arms uit. Hy kan dit nie verdra om iemand te sien huil nie; die tweede keer vandag.
‘Wat is daar om te vergewe my kind. Jy moet liewer vir my vergewe.’
Sy plaas haar hande in syne. Ek het iets vir u saamgebring. Dit moes ‘n teken gewees het want iemand stap in. ‘Elton! Elton?’
‘Dit is ek my oom, onkruid vergaan nie.’ Alles raak te veel vir John en hy gaan sit. ‘n Mens kan net soveel vat. Hoeveel trane kan ‘n mens stort?
‘Kom sit almal. Elton kan verduidelik terwyl ons eet,’ sê Martin. Kosse word ingedra deur kelners. ‘Laat hierdie tjankbalie eers sy gesig gaan was,’ sê John. Nog twee persone sluit by hulle aan. Dit is familie van Martin.
Elton vertel hoe hy een aand skielik nie kon asemhaal nie. Hy was na aan die dood. Omdat almal bang was vir covid het die bewaarder hom sommer dood verklaar omdat hy nie wou nader kom nie. Volgens sy selmaats was hy dood. Drew was in dieselfde tronk by die sel langsaan. Hy het sy onwettige sel gebruik om sy broer, die pastoor te verwittig.
By die lykshuis het iemand ontdek daar is nog asemhaling. Daar is huidiglik ‘n ondersoek aan oor hoe dit moontlik is dat ‘n bewaarder iemand dood kan verklaar sonder die teenwoordigheid van ‘n dokter.
Dit was blote toeval dat John die volgende dag op Kaapstadstasie ‘n lid van die gemeente raakgeloop het wat hom van Elton se dood vertel het.
‘Almal gaan oorslaap vanaand, hier is genoeg slaapplek.’ Martin gaan wys elkeen waar hulle gaan slaap.
‘Ek sal môre my storie vertel. John, dit is jou permanente kamer dié.’
Goeie nag almal.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking