#Stukkendeharte Hoofstuk 20 - Rooi Mier
Dit voel vir haar of sy nie vordering maak nie. Daar is seker nog heelwat Bennie van Wyk's in Suid Afrika want dit is 'n algemene naam net so ook met die van. Tog voel sy 'n vreemde konneksie met dié man wat sy net van agter gesien het.
Dit voel soos 'n ewigheid voordat sy die onderpunt van die trappe van die bereik. Sy is uitasem toe sy bo kom. Haar oë begin dadelik soek na die man en vrou. Net toe sy dink hulle is weg sien sy hoe hy besig is om dié deur oop te maak vir die vrou wat saam met hom is.
Sy sit vinnig alles neer en probeer hulle in fokus te kry met haar selfoonkamera. Hopelik kyk hy om. Net toe hy omkyk verskyn iemand anders in die beeld.
Lawrence. Dit kan mos nie wees nie. Is sy nou so behep met die man dat sy hom, wat dood is, op haar sel sien. Sy laat sak die sel stadig. Het Lawrence 'n dubbelganger? Dit ís mos hy daai.
Haar bene voel lam en haar keel droog. Sy is onbewus van alles wat rondom haar aangaan behalwe die toneel wat by daai motor afspeel.
Lawrence neem die sak wat die man langs die motor neergesit het en laai dit in die kattebak. Maak die kattebak toe en klim agter by die motor in.
Almal is nou in die motor. Sahara fokus lankal nie meer op Bennie nie. Haar oë is vasgenael op die motor se agtervenster. Sy kry nie 'n duidelike beeld nie. Die son weerkaats van die venster af.
Sahara reageer nog steeds nie toe die motor uit die straatparkering trek en wegry nie.
Sy hoor nou hoe hy, " môre Juffrou Sahara van Wyk, agga Muller" sê. Lawrence van Wyk. Bennie van Wyk.
Lawrence haal sy sel uit sy sak om te kyk of Sally nog nie die nommer gestuur het nie. Hy raak nou ongeduldig met haar. Vir wat stuur die vroumens nie net die nommer en kry klaar nie.
Hulle ry nou naby die waterfront verby. Hoekom is die brug half? Die geld het seker maar weggeraak.
Hy dink nou aan die vrou op die strand. Waarom het sy so bekend gelyk? Daar was iets geheimsinnigs aan haar met haar sonhoed oor haar gesig, iets bekends aan haar hand wat op die sak gerus het.
Sahara het eindelik uit die trans gekom. Sy buk om haar handdoek en sak op te tel. Daar lê net 'n handdoek. Iemand het haar sak gesteel. Sy gee nie eintlik om nie.
Dit voel of sy een of ander derderangse film gekyk het. Om die een of ander rede was sy deel van die film. Sy droom seker maar. Sy stap na 'n bank daar naby, gaan sit en kyk na die mense wat so rustig op en af loop. Nie een van hulle gee 'n duit om vir haar drama nie.
Net toe sy wil opstaan kom 'n jongman na haar toe aangestap. Hy het haar sak in sy hand.
"Juffrou, is dit jou sak?"
"Ja Meneer. Waar kry jy dit?"
"Ek het gesien hoe 'n meisie dit gryp en aan 'n manspersoon oorhandig. Die het toe by die trappe afgehardloop na die strand toe. Dit was maklik om hom te kry want hy het nie vermoed ek is agter hom aan nie.
Ek dink nie hy het kans gehad om enigiets uit te haal nie."
Hy oorhandig die sak aan haar.
"Baie dankie Meneer."
"Paul. Die naam is Paul." Hy merk dat sy nie haarself is nie.
"Kan ek help?"
"Weereens dankie Paul. Ek moet gaan."
Dit lyk of sy rigtingloos is toe sy wegstap.
Paul kyk haar agterna. "Glad nie moeilik op die oog nie. Ek wonder of sy gereeld hierheen kom."
Sy kan nie op enigiets konsentreer in haar woonstel nie. Lawrence lewe. Lawrence van Wyk het by Bennie van Wyk in die motor geklim. Wat beteken dit? Haar gedagte verban die moontlikheid wat in haar kop wil opkom.
"My pa is ook 'n Bennie van Wyk. Lawrence was saam met 'n Bennie van Wyk. Bennie van Wyk, Lawrence van Wyk. Bennie Lawrence van Wyk. Stop!!! Stop net Sahara," skree sy histeries.
Dan skielik sagter, "Stop asseblief Sahara. Stop asseblief Here. Hoekom martel U my so. Waar het ek U dan gefaal?" Die trane begin vloei terwyl sy opkrul op die rusbank. Sy huil haarself aan die slaap.
Lawrence stuur 'n whatsapp aan Sally om haar te herinner dat hy die nommer dringend nodig het. Hy het sy vriend belowe Sahara sal eendag Mevrou Lawrence van Wyk wees. Hy en sy ouers sit sommer op die rusbank voor die Televisie en eet wegneemetes. Niemand was meer lus vir 'n restaurant nie. Hy eet 'n burger en hulle Chinees.
Die gedagte aan Anton bring 'n tikkie heimwee. "Wie sal ooit weer vir my L of ou L noem."
Sy gedagtes is skielik weer terug by die vrou op die strand. Hy sien haar hare en skielik sien hy dieselfde hare voor die swartbord met daardie hand wat skryf. Daar was tye dat hy vergeet het wat rondom hom aangaan dan het hy elke beweging gevolg wat daai hand maak terwyl dit op die swartbord skryf.
Sahara se hand, Sahara se hare. Kan dit wees? Hy stort 'n klomp sap op die mat.
"En nou?" vra Bennie.
"Sê my seun, wat het geword van die onderwyseressie op wie jy verlief was."
"Waar kom pa daaraan?" Lawrence klink verbaas. Dit is asof sy pa sy gedagtes gelees het.
"Jong, ek weet van die lewe. Ek is mossie vandag se kind nie."
"O julle manne het geheime? Hoekom weet ek niks daarvan nie."
"Seker omdat Mammie so besig is. Soos ek vir Mammie ken sal jy die arme meisie onder kruisverhoor geneem het. Sy sou met 'n stink spoed van my af weggevlug het.
Pa, sy weet nog nie ek is verlief op haar nie."
"Hoekom nie, jy gaan mos nie meer skool nie of skrik haar ouderdom jou af?"
"Nadat sy bedank het by Carlton - Van Heerden, het sy Kaapstad toe gekom. Ek het kontak met haar verloor."
"Daar moet mos 'n manier wees om haar op te spoor seun."
"Bennie, moenie die kind sterk in sy kwaad nie. Wie sê die meisie stel belang in hom? Miskien het sy iemand en dan is sy nog ouer ook."
"Iris!! Nee my vrou. Is ouderdom vir jou belangriker as ons kind se geluk? Het ons hom dan nie geleer om nie bang te wees vir uitdagings nie."
"Ag man. Jy weet mos ek het dit nie bedoel nie. Dit is net dat ons kleinkind oppad is en Janice is 'n oulike meisie."
"Hy is nie lief vir Janice nie. Lawrence, wat is haar naam?"
"Sahara Muller."
Bennie en Iris kyk vinnig na mekaar.
"En nou? Hoekom lyk julle so geskok?". Lawrence kyk van die een na die ander.
Na 'n stilte sê Bennie, "Niks nie seun. Jou ma en ek moet nog iets bespreek." Hy trek Iris op aan die arm en hulle stap slaapkamer toe sonder 'n woord.
"Wat gaan nou aan met dié twee? Hulle tree vreemd op."
Daar kom 'n whatsapp boodskap deur. Eintlik meer as een. Dit is fotos. Dit is Sally geklee in verskillende uitrustings.
"Lawrence, hoe dink jy watter klere laat my op my beste lyk?"
"Ag tog. Gaan die vrou nie einde kry nie?" Hy kies sommer die swart rokkie en laat haar weet.
"Dankie Law. Ek stuur nou Sahara se nommer. Jy het goeie smaak. Nou kan ek Vrydagaand die rokkie aantrek want jy het dit gekies. Jy gaan uitmis en ek gaan jou mis."
Daar kom soentjies deur en dan die nommer.
"Dankie Sally. Geniet die partytjie."
Hy sug van verligting want nou is hy klaar met haar.
"Môre is die begin van nuwe dinge."
Hy druk die selfoon teen sy hart vas.
©Rooi Mier 13.07.2022
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking