#Stukkendeharte S1– Hoofstuk 5 #RooiMier Sahara skakel haar enjin aan en ry huis toe. By die huis is Jenny besig om iets ligs vir middagete voor te berei en haal reeds vleis uit vir aandete. “Middag, Antie. Dinge het goed afgeloop by die bank. Kan ek vir ons sap skink?” “Hou net so vyftien minute vas, dan eet ons sommer. Ek wil ook sê: ek gaan môre Kaapstad toe na my dogter. Ons moet klaar praat — ek moet nog bespreek.” “Ek doen dit sommer op die internet.” Jenny gaan haal haar ID. Sahara lag toe sy weer haar ma se woorde onthou oor hoe om ’n identiteitsnommer te onthou — net vyf belangrike syfers. Binne minute is die bus bespreek. “U vertrek môreaand sesuur. Reël dat iemand u sesuur môreoggend by Kaapstad-stasie oplaai.” Hulle eet gestoomde vis en slaai. Daarna sit Jenny regop. “Kom ons praat klaar. Daardie aand van die partytjie — daar was ’n jongman wat gebloei het. Jou ma het hom na sy kamer vergesel om sy wond te verbind.” Jenny vertel hoe Maria, onder die invloed van drank, saam ...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.