#Stukkendeharte S1– Hoofstuk 4 #RooiMier Die volgende oggend raak Sahara laat wakker. Teen 10:00 sit sy en eet ontbyt. “Ek moet bid vir ’n wonderwerk,” fluister sy. “Lawrence moet op een of ander manier die Here vind.” Sy het skaars klaar geëet toe daar aan die voordeur geklop word. Dit is haar tannie Jenny — met tasse en al. “En nou, Antie? Ek het nie geweet u is oppad nie.” “Goeie môre, Sahara. ’n Mens groet eers,” antwoord Jenny terwyl die taxi wegry. Sy dra een tas in en beduie na die ander. “Ons praat later. Ek is moeg en honger.” Sahara berei vir haar iets te ete voor. Jenny eet in stilte. Dit is duidelik sy is gespanne. Ná ete gaan lê sy om te rus. By die skool is die matriekleerders duidelik nie hulself nie. Lawrence is vir die eerste keer in sy lewe babalaas. Ná sy tweede bier was hy reeds dronk — hy het nog nooit tevore alkohol gebruik nie. Teen 03:00 die oggend het sy pa hom ingewag. “Onverantwoordelik,” was die woord wat in sy kop bly vassteek. Sy pa dring daarop aan dat hy...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.