Dinsdag 27 September 2022

#Stukkendeharte S1 Hoofstuk 1 - Rooi Mier

#Stukkendeharte S1 Hoofstuk 1 - Rooi Mier


Die klok lui. Dit is tyd om periodes te ruil. Lawrence van Wyk is opgewonde, soos altyd, om by die Wiskunde klas uit te kom. Om die waarheid te sê, hy het die Ekonomie periode omgewens.

‘Auw die L(el), jy is alweer haastig vir Maths of is dit vir Sahara Muller, die beauty met breins. Daai kind is te mooi vir ‘n Wiskunde onnie. Daai grysgroen oë van haar is soos magnete. Julle twee het nogal dieselfde kleur oë.’ Anton le Fleur knipoog vir Lawrence.

‘ Bra, hou jy net jou hande tuis en jou oë in jou boeke. Ek sal die loerwerk doen. Watch my, ek gaan daai blom nog vra om met my te trou.’

‘Jy sal moet chill buddy. Volgende jaar begin daar nog sewe jaar se studies.’

‘Daai is mos hoekom ek nou my move moet maak. Ek kan nie die Uptise verlaat voor ek haar as my eie het nie. Sahara Muller, nee, van Wyk, jy is myne.’

‘Jy vergeet daai kind is bekeer nê. Dan is sy nog ouer as jy ook.’

‘Wie worry nou oor age en die bekering is haar saak; ek glo wat ek glo en sy wat sy wil. Goeie môre Juffrou Sahara van Wyk, agga, Muller.'

‘Lawrence gaan sit net. Môre almal. Ons gaan voort met Trigonometrie.’


‘Juffrou Muller, u moet dringend na die kantoor kom.’ Die interkom grens ‘n bietjie.

‘Gaan julle solank deur gister se werk, ek is nou weer terug.’ Juffrou Muller haas haar by die klas uit.


‘Lawrence, daar is iets van gister se werk wat ek nie verstaan nie. Kan jy kom help?’ Almal weet Larisa het haar oog op Lawrence en sy maak nie ‘n geheim daarvan nie.

‘Okay girl, solank jy weet die ou is nie single nie.’ Hy loop verby haar tot voor in die klas en gaan staan agter die Juffrou se lessenaar. ‘Net sodat julle dit almal weet, ek gaan die vrou wat op dié stoel sit nog my vrou maak. Sy gaan nog Mevrou van Wyk word.’


‘Graad 12A, Juffrou Muller sal ongelukkig nie na die klas kan terugkeer nie. Janice Daries, bring asseblief haar handsak kantoor toe.’ Janice neem die handsak.


Sy keer 5 minute later terug en lyk nogal bekommerd. "Iets ernstigs moes gebeur het, Juffrou Muller sit en huil daar in die personeelkamer."

Lawrence vlieg op en beweeg vinnig na haar terwyl hy vra, "Wat het gebeur? Is sy ok?"

"Ek weet nie. Ons sal moet wag tot Maandag want die naweek is hier."


Die volgende halfuur trek maar lank. Lawrence probeer om die vorige dag se Algebra aan Larisa te verduidelik maar jy kan duidelik sien sy wil nie verstaan nie. Haar oë is heeltyd op hom gerig.

Anton trek Janice se aandag en wys met die kop na Larisa toe. Hy is duidelik nie beïndruk deur haar openlike aanlêery by Lawrence nie.


Die klok lui. Almal gryp hul sakke en beweeg vinnig na die deur toe, behalwe Lawrence wat nog bly sit en dan is daar nog Lelanie wat sit en snik terwyl sy iets op haar sel lees. Seker weer besig met een van Nomsa se Kort Verhale en Gedigte. Daai vroumens skryf haar elke keer in trane. Sy lees seker 'Versigtig wees vir wat jy wens.'


Een van die seuns sê, "Check julle Maandag" en beweeg by die deur uit.

"Kom buddy!" Anton staan in die deur en roep na Lawrence. "Daar is niks wat jy nou kan doen nie." 

Lawrence staan stadig op, vat sy sak en loop na die deur toe.

©Rooi Mier 13.07.2022

Onder die Brug 1

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Plekke in #Stukkendeharte -Upington

Plekke in #Stukkendeharte -Upington Gordonia Hospitaal Dr Harry Surtie Hospitaal Upington Medi -Clinic ...