Slaan oor na hoofinhoud

Glimlag Kliphard!!


Glimlag kliphard!!!


Die is maar net n Jan grap: Mens vind deesdae so baie probleme by 'n polisiestasie omdat mense nie mekaar se tale verstaan nie en dus nie Lekker kan kommunikeer nie. So gaan twee ouens op 'n dag na die polisiestasie om 'n diefstal te rapporteer.

So verloop die gesprek

Polisie : Wat is jou naam ?

Klaer : My naam is Jan

Polisie : Hoe spel mens Jan ?

Klaer aan sy maat : Kom ons los maar die saak en loop liewer. As hy nie eers Jan kan spel nie, hoe de duiwel gaan hy die saak oplos ?


DOM JAN & SLIM JAN:

Eendag gaan Dom Jan en Slim Jan om die boer se mielies uit sy stoor uit te steel maar hulle loop teen 'n drom vas.

Die boer kom uit en vra WIE IS DAAR ? 

Slim Jan se: Meaow !

Die volgende week gaan hulle weer om mielies te steel en loop weer in die drom vas.

Die boer kom weer uit en vra WIE IS DAAR ?

Dom Jan se: Meaow dis die kat van laas wiek....



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Voorwoord van Die Verlore Seun

🌿 Voorwoord – Die Verlore Seun Skrywer: Rooi Mier Daar is verhale wat jy lees — en dan is daar verhale wat jou lees. Die Verlore Seun is so ’n verhaal. Dit is nie net ’n hervertelling van ’n bekende Bybelse gelykenis nie. Dit is ’n menslike reis deur skuld, trots, verwerping, verlange, genade en herstel. Dis die verhaal van ’n seun wat wegstap… maar ook die verhaal van ’n pa wat bly wag. Van ’n ma wat bly bid. Van ’n broer wat seer dra. En van ’n huis wat leeg bly totdat liefde weer inkom. Hier ontmoet jy Josáfat — koppig, seker van homself, vas oortuig dat vryheid buite die vaderhuis lê. Jy stap saam met hom deur keuses, gevolge, verliese en die lang, stil pad terug. Jy leer ook vir Absalom ken — ’n pa wie se arms wyer is as sy wonde, en Leah — ’n ma wie se gebede harder praat as haar trane. Maar hierdie verhaal gaan nie net oor húlle nie. Dit gaan oor óns. Oor elke mens wat al verkeerd gekies het. Oor elkeen wat al gedink het: “Ek het te ver gegaan. Daar is geen...

Seënwense vir 2026 – Rooi Mier

Seënwense vir 2026 – Rooi Mier ’n Nuwe jaar, ’n nuwe begin met nuwe uitdagings en verwagtinge. Ons is hoopvol dat dit in 2026 beter met ons sal gaan. Dan is daar ook onsekerheid oor die onbekende. Hoe ons egter die jaar gaan beleef, rus grootliks in ons verhouding met ons Skepper. Wie is Hy vir jou? Wat is ons verwagtinge van Hom? Is Jesus Christus jou Verlosser en Saligmaker? Indien Hy is, wil ek u bemoedig dat u nie hoef te vrees nie, want ek word bemoedig deur Paulus in II Timótheüs 1:7: Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Laat ons God eerste plaas in alles, daarom word ons bemoedig: Matthéüs 6:33-34 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. Kom ons versterk ons verhouding met God. Laat Hy vir ons ’n liefdevolle Vader wees, altyd teenwoordig...