Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Onder die Brug Hoofstuk 3, Tussen Skuld en Genade

  ONDER DIE BRUG Hoofstuk 3, Tussen Skuld en Genade deur Rooimier “Jolene, hoekom het jy nie my oom laat inkom nie?” “Vir wat? Ek ken nie die man nie, en vir al wat ek weet is hy ook ’n verkragter soos jou vark van ’n pa.” Sy draai van John af. “Jou broer was ’n verkragter, maar die blêrrie man wil mos niks weet nie. Hy en sy God vergewe mos verkragters.” “Ek is jammer, Oom John. Sit asseblief. Waar is my maniere? My naam is Elton. Ek het nou net hier aangekom. Was saam met my pastoor – een van ons gemeentelede het afgesterf. Gelukkig is ek met vakansie en kon saamgaan.” Elton klink na iemand wat verskriklik baie kan praat – as jy hom nie in die rede val nie, kry jy nie ’n spreekbeurt nie. Nes sy pa, dink John. “Ek is verskriklik dors. Kan ek water kry, asseblief?” “Jammer, my oom. Jy is seker honger ook. Jolene, skep vir ons, asseblief, my vrou.” Hy stap na haar toe en gee haar ’n soen op die wang. “Oom gaan mos hier slaap. Ek kry solank vir jou ’n slaapplek reg. Die b...

💌 Brose liefde in #Stukkendeharte

💌 Brose liefde in #Stukkendeharte   🌹 Romantiese uittreksel (aptytwekker) > “Larisa, jy is my eerste liefde. Larisa, jy is my laaste liefde. Ja, ek is nog jonk en die lewe lê voor my, maar ek ken hierdie hart van my. Elke klop spel ’n letter van jou naam uit. My asemteue fluister jou naam, Larisa.”   Die dag van liefde is om die draai, en min dinge vang die essensie van jong romanse so raak soos Larisa en Anton se verhaal. In #Stukkendeharte ontdek ons die brose liefde wat tussen hulle ontvlam het – ’n liefde wat beloof het om ’n oneindige verhaal te skryf.   Hierdie uittreksel herinner ons dat ware liefde dikwels sag en kwesbaar is, maar tog sterk genoeg om elke asem en elke hartklop te vul. Dit is die soort liefde wat lesers laat droom, laat hoop en laat onthou dat elke fluistering van ’n naam kosbaar is.   Hou aan volg #Stukkendeharte – die reis van liefde, verlies en menslike verbondenheid wag om jou hart te raak.  

Onder die Brug Hoofstuk 2, Die wagte van Ravensmead

Onder die Brug Hoofstuk 2 – Die wagte van Ravensmead deur Rooi Mier Verwese, moeg en duidelik verhongerd stap hy met sy sak deur die voorhek. Sy klere is skoon, maar verkreukeld. Ag, hopelik is ek nou by die regte mense, dink hy. Hy klop aan die voordeur, maar niemand antwoord nie. Ná twee minute loop hy mismoedig na die hek toe. By die hek kyk hy terug en sien ’n gordyn beweeg – of het hy hom verbeel? Net daar en dan besluit hy om weer te gaan klop. Niemand antwoord nie. “Hallo, dit is John Daries hier. Bly die Daries-familie hier?” skree hy. Geen antwoord nie. Hy hou aan klop vir nog ’n minuut. John besluit dat hy nêrens gaan nie – want hy hét nêrens om te gaan nie. Hy is honger en dors, maar moes leer dat Kapenaars niemand vertrou nie en ook nie maklik gee nie. Dit is sy tweede dag dat hy in Ravensmead ronddwaal op soek na sy broer Paulus. Hy het sy laaste geld op ’n halwe brood en ’n koejawelsap uitgegee gisteraand en toe op Tygerbergstasie gaan sit en slaap. Hy begin t...

Onder die Brug Hoofstuk 1, Waar hoop en honger mekaar ontmoet.

ONDER DIE BRUG Hoofstuk 1, Waar hoop en honger mekaar ontmoet  deur Rooimier Stadig, honger en moeg staan hy op uit sy bed onder die halwe brug in die stad. Hy gryp ’n bottel water wat langs hom staan. Die water is bruinerig in die plastiek 2-liter bottel. Hy vat ’n sluk, spoel sy mond en spuug dit uit voordat hy weer sluk om sy knaende hongerpyn te probeer stil. Dan gooi hy nog ’n bietjie op sy linkerhand, was sy vuil maar bruin gesig, en vee sy nat hand oor sy baard en hare wat vaalgrys vertoon. Sy buurman se plastiekkombers roer en gee hom ’n skewe, geelbruin, haasbek-glimlag, asof hy nou wakker word in sy vyfsterkamer. Hy lyk op die oog af so sorgeloos. “Môre, Martin,” groet hy. Hy vlieg op, hardloop om die pilaar om leeg te maak. “Man, se knypers is mos nie meer so goed nie.” Martin is elke dag verwonderd oor die positiwiteit van hierdie oud-Upingtonner. Eintlik is hy van Kanon Eiland, maar niemand hier rond weet waar dit is nie. So hy is van Upington – uit en geda...

Plekke in #Stukkendeharte, 'n toekomstige verhaal -Upington, Noord Kaap.

Plekke in #Stukkendeharte -Upington Upington: ’n Oase van Geskiedenis, Gasvryheid en Groei Upington, geleë aan die oewer van die Oranje Rivier in die Noord-Kaap, is veel meer as net ’n warm dorpie in die woestyn. Hierdie unieke plek is ’n smeltkroes van geskiedenis, kultuur, moderne ontwikkeling en natuurlike prag wat besoekers en inwoners telkens verras. ’n Blik op die Verlede Upington het ontstaan rondom die sendingstasie gestig deur die Londense Sendinggenootskap in die 1870’s. Dit is later vernoem na Sir Thomas Upington, ’n voormalige premier van die Kaapkolonie. Die stad het gegroei as ’n belangrike landbou- en handelsentrum, veral danksy sy ligging aan die rivier en die ontwikkeling van besproeiingstelsels wat die streek se wingerde en vrugteboorde gevoed het. Die Mense van Upington Die gemeenskap van Upington is ’n diverse en hartlike mengsel van kulture – van Nama en Boesman-afstammelinge tot Afrikaanse boere en stedelike entrepreneurs. Hierdie mense is ...

Plekke genoem in #Stukkendeharte, 'n toekomstige verhaal. Meiringspoort Wes Kaap

Plekke genoem in #Stukkendeharte, Meiringspoort, Wes Kaap  Hfst 48. Dit is hier waar Shane tango. 'n Mens moet ten minste een keer in jou lewe hierdeur ry. Daar is ook 'n pragtige waterval. Ek kan egter nie daai foto wat ek het plaas nie. Daar is kopiereg op. Meiringspoort: ’n Natuurlike Meesterstuk in die Hart van die Klein-Karoo Meiringspoort, geleë tussen die dorpe De Rust en Klaarstroom in die Wes-Kaap, is ’n asemrowende bergpas wat die Swartberge deurkruis. Hierdie 25 km lange kronkelpad volg die loop van die Grootrivier en bied ’n unieke kombinasie van dramatiese rotsformasies, kristalhelder waterpoele en ’n ryk biodiversiteit. Dis nie net ’n pad nie—dis ’n ervaring wat jou nader aan die hart van die Karoo bring. Die geskiedenis van Meiringspoort dateer terug na 1858 toe dit amptelik geopen is. Dit was ’n ingenieurswonder van sy tyd en het die noordelike en suidelike dele van die Kaapkolonie verbind. Vandag is dit steeds ’n belangrike roete, maar o...

Plekke genoem in #Stukkendeharte, 'n toekomstige verhaal, Carnarvon Noord Kaap

Plekke genoem in #Stukkendeharte, Carnarvon, Noord Kaap Willem se dorp, Carnavon Hoofstuk 36. Ek het seker +- 10 jaar terug dié plek gesien en ook net deurgery. Ek het familie hier. Carnarvon in die Noord-Kaap is ’n dorpie met ’n ryk geskiedenis, unieke mense en verrassende besienswaardighede—’n ware Karoo-skat wat wag om ontdek te word. Carnarvon, geleë in die hartjie van die Noord-Kaap, is ’n dorpie wat die siel van die Karoo vasvang. Gestig in 1853 op die terrein van die ou Rynse sendingstasie Schietfontein, het Carnarvon gegroei uit ’n plek van sendingwerk tot ’n gemeenskap wat vandag bekend is vir sy kultuur, gasvryheid en wetenskaplike relevansie. Die dorp se geskiedenis is diep verweef met die stories van die Bastergemeenskap en die invloed van sendelinge soos ds. Christian Wilhelm Alheit. Hierdie geskiedenis leef voort in die argitektuur van die dorp, soos die ikoniese NG...