Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

💌 Brose liefde in #Stukkendeharte

💌 Brose liefde in #Stukkendeharte   🌹 Romantiese uittreksel (aptytwekker) > “Larisa, jy is my eerste liefde. Larisa, jy is my laaste liefde. Ja, ek is nog jonk en die lewe lê voor my, maar ek ken hierdie hart van my. Elke klop spel ’n letter van jou naam uit. My asemteue fluister jou naam, Larisa.”   Die dag van liefde is om die draai, en min dinge vang die essensie van jong romanse so raak soos Larisa en Anton se verhaal. In #Stukkendeharte ontdek ons die brose liefde wat tussen hulle ontvlam het – ’n liefde wat beloof het om ’n oneindige verhaal te skryf.   Hierdie uittreksel herinner ons dat ware liefde dikwels sag en kwesbaar is, maar tog sterk genoeg om elke asem en elke hartklop te vul. Dit is die soort liefde wat lesers laat droom, laat hoop en laat onthou dat elke fluistering van ’n naam kosbaar is.   Hou aan volg #Stukkendeharte – die reis van liefde, verlies en menslike verbondenheid wag om jou hart te raak.  

Seënwense vir 2026 – Rooi Mier

Seënwense vir 2026 – Rooi Mier ’n Nuwe jaar, ’n nuwe begin met nuwe uitdagings en verwagtinge. Ons is hoopvol dat dit in 2026 beter met ons sal gaan. Dan is daar ook onsekerheid oor die onbekende. Hoe ons egter die jaar gaan beleef, rus grootliks in ons verhouding met ons Skepper. Wie is Hy vir jou? Wat is ons verwagtinge van Hom? Is Jesus Christus jou Verlosser en Saligmaker? Indien Hy is, wil ek u bemoedig dat u nie hoef te vrees nie, want ek word bemoedig deur Paulus in II Timótheüs 1:7: Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Laat ons God eerste plaas in alles, daarom word ons bemoedig: Matthéüs 6:33-34 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. Kom ons versterk ons verhouding met God. Laat Hy vir ons ’n liefdevolle Vader wees, altyd teenwoordig...