Onder die Brug Hoofstuk 2 – Die wagte van Ravensmead deur Rooi Mier Verwese, moeg en duidelik verhongerd stap hy met sy sak deur die voorhek. Sy klere is skoon, maar verkreukeld. Ag, hopelik is ek nou by die regte mense, dink hy. Hy klop aan die voordeur, maar niemand antwoord nie. Ná twee minute loop hy mismoedig na die hek toe. By die hek kyk hy terug en sien ’n gordyn beweeg – of het hy hom verbeel? Net daar en dan besluit hy om weer te gaan klop. Niemand antwoord nie. “Hallo, dit is John Daries hier. Bly die Daries-familie hier?” skree hy. Geen antwoord nie. Hy hou aan klop vir nog ’n minuut. John besluit dat hy nêrens gaan nie – want hy hét nêrens om te gaan nie. Hy is honger en dors, maar moes leer dat Kapenaars niemand vertrou nie en ook nie maklik gee nie. Dit is sy tweede dag dat hy in Ravensmead ronddwaal op soek na sy broer Paulus. Hy het sy laaste geld op ’n halwe brood en ’n koejawelsap uitgegee gisteraand en toe op Tygerbergstasie gaan sit en slaap. Hy begin t...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.