Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Die Verlore Seun Hoofstuk 8

Die Verlore Seun Hoofstuk 8 – Rooi Mier Die volgende oggend is Josáfat vol hoop. “Die mense sal my tog nie ’n werk aanbied en my dan van die honger laat sterf nie. Iets het sekerlik voorgeval. Hulle sal definitief vandag opdaag met kos en water. Dit is mos die logiese ding om te doen. Hulle het iemand nodig om hulle varke op te pas. As ek te swak en te honger is om die diere teen rowers en wilde diere te beskerm, baat dit hulle tog niks nie.” Met sy verswakte liggaam trek Josáfat water uit die put vir die varke. “Ek moet besig bly om die honger teen te werk.” Terwyl hy werk, kyk hy telkens op of hy nie dalk ’n stofwolkie in die verte sien opstyg nie. Dit sou beteken dat skoon water en kos op pad is. Teen tienuur die oggend sien hy inderdaad ’n stofwolkie. “Ek het mos gesê die mense sal my nie in die steek laat nie.” Hy gaan sit op ’n rots. Ná ’n rukkie besef hy egter dat die stofwolkie afkomstig is van ’n trek wat ver van hom af verbygaan. Teen twaalfuur die middag, soos gem...

Die Verlore Seun Hoofstuk 7

Die Verlore Seun – Hoofstuk 7 Rooi Mier Leah het die hele nag gehuil. Waar is haar kind? Lewe hy nog? En as hy lewe, het hy darem iets om te eet? Sy weet dat al wat vir haar oorbly, gebed is. Deur haar trane het sy die vorige aand by God gesmeek om haar seun te bewaar. Vanoggend is sy totaal uitgeput – só erg dat sy nie eens kon opstaan om kos vir haar man en Markus voor te sit nie. Alhoewel haar dienaresse dit kon doen, voel sy dat dit haar taak is as vrou en ma. Vandag is sy egter eenvoudig te moeg. Sy vermoed dat Absalom net so uitgeput is. Hy het ook die hele nag rondgerol. Tog weet sy dat hy sal opstaan en veld toe gaan. Sy kan nie onthou dat haar man al ooit ’n dag se werk gemis het nie, behalwe vir die Sabbat of wanneer hulle Jerusalem toe gereis het. Maar hy raak oud, en dit maak haar bekommerd. Ouderdom haal ’n mens stil-stil in. Sy sien hoe hy deesdae ’n bietjie langer neem om sy take af te handel en meer rusperiodes nodig het. Sy span is betroubaar, maar Absalom glo daar...

Die Verlore Seun Hoofstuk 6

Die Verlore Seun Hoofstuk 6 – Rooi Mier Markus is vroeg op, soos gewoonlik. Hy sal harder moet werk. Absalom, sy pa, het juis gisteraand begin skimp dat hulle ’n huis vir sy bruid sal moet begin bou. Markus weet sy pa begin dink dat dit binnekort tyd is dat hy sy bruid moet gaan haal. Terwyl hy in die landerye werk, dink hy aan hul tradisies. Baie van die jongmanne in die streek wil hê dat die tradisies – of ten minste sekere gedeeltes daarvan – afgeskaf moet word, maar vir hom is dit perfek. Hy sal altyd aan sy tradisies wil vashou. Sy gedagtes gaan terug na die dag van die onderhandelinge, nou al drie jaar gelede. Die moeilikste oomblik vir hom was toe hy ’n glasie wyn — wat eintlik net vars uitgedrukte druiwesap was — aan sy bruid aangebied het. As sy die glasie sou weier, sou dit beteken dat sy nie met hom wou trou nie. Dit was ’n senutergende oomblik. Groot was sy verligting toe sy dit neem en drink. Op daardie oomblik het sy werklik sy bruid geword. Met hulle terugreis het h...

Die Verlore Seun Hoofstuk 5

Die Verlore Seun Hoofstuk 5 – Rooi Mier Markus is vroeg op, soos gewoonlik. Nadat hy sy span aan die werk gesit het, staan en dink hy aan sy naderende troudag. Die probleem is net: hy weet nie wanneer hy sy bruid moet gaan haal nie. Volgens hulle kultuur moet sy onder andere besluit wanneer hy moet gaan. Intussen moet hy maar aanhou werk en voorberei vir die onbekende dag. Hy dink ook aan Josáfat. Wat maak hy? Sy onverantwoordelikheid gaan Markus se verstand te bowe. Vir hom is dit verregaande dat ’n mens so ongehoorsaam aan jou vader kan wees, en dat daardie einste vader steeds daagliks oor die horison kyk of hy hom nie dalk sien aankom nie. Pappa Absalom gee hopeloos te veel genade. Hoekom skryf hy nie net die kind af en kry klaar nie? Dit is immers duidelik vir almal dat Josáfat nie gaan terugkom nie—ten minste nie terwyl hy nog enigiets oor het nie. Soms wens Markus dat hulle albei weer klein was. Alhoewel Josáfat reeds toe tekens van selfsug gewys het en duidelik nie baie erg geha...

Die Verlore Seun Hoofstuk 4

Die Verlore Seun Hoofstuk 4 – Rooi Mier Josáfat kom by ’n streek uit wat naby ’n stad geleë is. Dit sal vir hom die perfekte eindbestemming wees. Dit is nie ver om stad toe te gaan nie, en hier kan hy sy vee laat wei. Hy merk op dat die vee wat die mense hier aanhou, verskil van dié waar hy vandaan kom. Die mense hier rond hou ook varke aan. As ’n Jood is dit vir hom ’n gruwel. Sy tradisie laat hom nie toe om naby daardie goed te kom nie. Josáfat slaan laer op. Hy gaan net hier bly totdat die eienaar van die grond opdaag. Dan sal hy aanbied om die stuk grond te koop. Hy kan dit bekostig om ’n goeie prys te bied. Intussen kan hy lekker uitrus sodat hy môre ’n bietjie die stad kan gaan verken. Hy het al gesien, soos hy getrek het, dat die mense hier rond nie so eng is nie. Hulle lewe. Dit is die soort lewe wat hy wil voer. Sal dit dan nou so ’n groot sonde wees as hy ’n bietjie dronk word? Hy lag kliphard toe hy aan sy ouboet Markus dink. “Hy gaan sekerlik ’n oorval kry as hy hoor...

Die Verlore Seun Hoofstuk 3

Die Verlore Seun Hoofstuk 3 – Rooi Mier Die volgende paar dae is daar ’n gewerskaf soos min. Skape word getel volgens geslag en ouderdom. Alles word volgens ’n bepaalde verhouding verdeel sodat Absalom, Markus en Josáfat elk kry wat hulle toekom. Die erfporsie wat die seuns ontvang, is dieselfde as wat hulle sou kry indien hulle sou trou. Dit is die eerste keer dat Josáfat regtig hard werk—nie uit ywer nie, maar om seker te maak dat hy nie dalk ingeloop word nie. Sy kwota slawe werk net so hard om al sy besittings gereed te kry vir die trek. Dié slawe is egter nie gelukkig dat hulle aan hom toegeken is nie. Hulle weet dat hulle geen waardigheid van hom sal ontvang nie, en ook geen regverdigheid nie. Lyfstraf sal mildelik toegedien word. Hulle kan egter nie kla nie. Slawe kla nie—dit kan hulle straf op die hals haal. Dit neem omtrent ’n maand om alles gereed te kry. Markus sorg dat hy in die veld is toe Josáfat vertrek. Leah omhels Josáfat. “My kind, belowe jy sal mooi na jouself...

Die Verlore Seun Hoofstuk 2

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 2 Daardie aand gaan Absalom bekommerd bed toe. Die kind van hom is ’n ware willewragtig. Hy weet Josáfat gaan nie ophou voordat hy sy sin gekry het nie. Ons het hom nie so grootgemaak nie, dink hy. Hy dink die lewe is maanskyn en rose, maar hy gaan hom vasloop. “Leah, ons het ’n probleem.” “Wat is dit, my man? Was daar weer moeilikheid onder die slawe? Ons behandel hulle beter as die meeste boere in die kontrei, maar daar bly maar probleme. Dit is net daai opstoker, Saul, wat altyd moeilikheid maak.” “Nee, vrou. Dit is Josáfat.” “Ai, die kind. Wat het hy nou weer aangevang? Moet ons hom nie maar na sy oom toe stuur nie?” “Ons kan nie ons probleem op iemand anders afsmeer nie. Ons moet dit self hanteer.” “Wat is sy probleem dié keer?” “Hy wil weggaan. Hy wil die plaas verlaat om die wêreld te leer ken.” “Na een van die stede toe? Nog ’n Sodom of Gomorra? Die mense leef daar asof daar nie ’n God is nie.” “Nou wat gaan jy maak, my man?” ...

Die Verlore Seun Hoofstuk 1

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 1 (Gebaseer op die gelyknamige Bybelse gelykenis) Hierdie verhaal dra ek op aan een van ons Mier-familie, Nicolene Engelbrecht. Sy is vir my ’n baken van hoop en innerlike krag. (Ek kan nie meer sê nie, want ek respekteer haar privaatheid.) Om hierdie storie te kon skryf, het ek name aan die karakters gegee. Alhoewel dit ’n verhaal is, sal daar Skrifgedeeltes aangehaal word om die agtergrond in lyn met die Bybel te hou. Josáfat is keelvol vir die harde werk. “Hoekom moet ek soos ’n arbeider leef terwyl my pa ryk is? Dis mos onnodig. Ek wil die lewe gaan beleef. Die stories wat die verkoopsmanne altyd vertel, klink vreeslik interessant. Dit klink vir my asof die mense dáár buite regtig leef. Hier moet ek maar op ’n hopie sit. Die bediendes se meisiekinders is so pragtig, maar ek is nie eens veronderstel om aan hulle te raak nie. As ek dit wel doen, moet ek hulle dreig met verkoop aan buitelanders, en dat hulle nooit weer hul families sal ...

Agter daai deur

Agter daai deur Onbekend ’n Man is op reis wanneer sy motor naby ’n monnikeklooster onklaar raak. Hy stap na die klooster, klop aan die deur en sê: “Verskoon my, my motor het gebreek. Sal dit moontlik wees om die nag hier oor te bly?” Die monnike nooi hom vriendelik in, gee vir hom kos en maak selfs sy motor reg. Later, toe hy gaan slaap, hoor hy ’n vreemde, geheimsinnige geluid. Die volgende oggend vra hy die monnike wat die geluid was, maar hulle antwoord: “Ons kan dit nie vir jou sê nie. Jy is nie ’n monnik nie.” Die man is teleurgesteld, maar bedank hulle tog en sit sy reis voort. ’n Paar jaar later ry hy weer daar verby en besluit om weer oor te bly, aangesien hy nou al vriende daar gemaak het. Die monnike nooi hom weer in, gee vir hom kos en slaapplek. Daardie nag hoor hy dieselfde vreemde geluid wat hy die vorige keer gehoor het. Die volgende oggend vra hy weer wat dit is, maar die monnike antwoord: “Ons kan dit nie vir jou sê nie. Jy is nie ’n monnik nie.” Die man s...

Nat Broek

Nat Broek  Rooi Mier Pssssssht! Die deure van die waens van die trein gaan oop toe die trein op Faure-stasie tot stilstand kom. Verskeie mense staan op en beweeg na die deure. Soos hulle uitklim, is ander reeds besig om in te klim. Dit is Woensdagoggend om 07:15. Die trein is oppad van Strand-stasie na Kaapstad-stasie. Dit is ‘n langerige rit wat oor verskeie stasies strek en omtrent 1 uur en 40 minute kan duur. Soos gewoonlik is die trein redelik vol, maar daar is nog genoeg sitplek tot by Eersterivier-stasie, waarna dit baie vol gaan word, met meer mense wat gaan inklim as uit. ‘n Vrou merk dat die man wat oorkant haar gesit het, sy sak op die bagasierak vergeet het toe hy uitklim op Faure. “Ek sal dit maar by die Metropersoneel op Eersterivier-stasie inhandig as hy uitklim. Die trein is alreeds weer oppad, en die deure sluit. Almal wat verder as Eersterivier reis, maak seker dat hulle sitplekke het, want daarna gaan sommige sekerlik moet staan.” “Goeie môre alma...

My bruid - Rooi Mier

My bruid - Rooi Mier Pragtig, 'n woord wat nie My bruid vereer As sy statig en gelukkig in haar eerste liefde nader Gekleed in wit gewaad en vlekkeloos gewas Sy nader tot My en Ek nader tot haar Op hierdie oomblik is haar verlede vergete Die skarlaken kleed gewas in bloed Wat dit witter maak as wol Ja witter as die witste sneeu En nou? Waar is My bruid? Sy't weggedwaal, haar liefde verflou tot 'n gewoonte Hallelujah Haar Amen beaam haar eie kragtelose poging Eens was sy warm maar nou is sy lou Haar kleed is gevlek soos sy dit probeer was In haar regverdiging van wêreldse standaarde Onwetend en wetend hoereer sy om polities korrek te wees My bruid! My bruid! Geskei deur haar eie ontrouheid en veelwywery Sy, eens wit gekleed maar nou skarlaken op die rug van haar nuwe man Probeer sy om My te verlei; Ek wat eens gesê het daar staan geskrywe Vrou, daar is 'n jaloesie in my wat My nie toelaat om te deel U sal moet kies, u sal moet want daar is twee pa...

Glimlag Kliphard!!

Glimlag kliphard!!! Die is maar net n Jan grap: Mens vind deesdae so baie probleme by 'n polisiestasie omdat mense nie mekaar se tale verstaan nie en dus nie Lekker kan kommunikeer nie. So gaan twee ouens op 'n dag na die polisiestasie om 'n diefstal te rapporteer. So verloop die gesprek Polisie : Wat is jou naam ? Klaer : My naam is Jan Polisie : Hoe spel mens Jan ? Klaer aan sy maat : Kom ons los maar die saak en loop liewer. As hy nie eers Jan kan spel nie, hoe de duiwel gaan hy die saak oplos ? DOM JAN & SLIM JAN: Eendag gaan Dom Jan en Slim Jan om die boer se mielies uit sy stoor uit te steel maar hulle loop teen 'n drom vas. Die boer kom uit en vra WIE IS DAAR ?  Slim Jan se: Meaow ! Die volgende week gaan hulle weer om mielies te steel en loop weer in die drom vas. Die boer kom weer uit en vra WIE IS DAAR ? Dom Jan se: Meaow dis die kat van laas wiek....

10 Feite wat jou sal laat glimlag

10 Feite wat jou sal laat glimlag 1.  Jy kan nie jou oë met seep was nie. 2.  Jy kan nie al jou hare tel nie. 3.  Jy kan nie deur jou neus asemhaal met jou tong uitgesteek nie. 4.  Jy het so pas nommer 3 probeer. 6.  Jy het uitgevind dit is moontlik – maar jy lyk soos ’n moeg hond. 7.  Jy glimlag nou, want ek het jou uitgevang. 8.  Jy het nommer 5 oorgeslaan. 9.  Het jy nou gaan kyk of daar werklik ’n nommer 5 is? 10. Jy lag nou lekker, want jy is wéér uitgevang!

Voorwoord van Die Verlore Seun

🌿 Voorwoord – Die Verlore Seun Skrywer: Rooi Mier Daar is verhale wat jy lees — en dan is daar verhale wat jou lees. Die Verlore Seun is so ’n verhaal. Dit is nie net ’n hervertelling van ’n bekende Bybelse gelykenis nie. Dit is ’n menslike reis deur skuld, trots, verwerping, verlange, genade en herstel. Dis die verhaal van ’n seun wat wegstap… maar ook die verhaal van ’n pa wat bly wag. Van ’n ma wat bly bid. Van ’n broer wat seer dra. En van ’n huis wat leeg bly totdat liefde weer inkom. Hier ontmoet jy Josáfat — koppig, seker van homself, vas oortuig dat vryheid buite die vaderhuis lê. Jy stap saam met hom deur keuses, gevolge, verliese en die lang, stil pad terug. Jy leer ook vir Absalom ken — ’n pa wie se arms wyer is as sy wonde, en Leah — ’n ma wie se gebede harder praat as haar trane. Maar hierdie verhaal gaan nie net oor húlle nie. Dit gaan oor óns. Oor elke mens wat al verkeerd gekies het. Oor elkeen wat al gedink het: “Ek het te ver gegaan. Daar is geen...

💌 Brose liefde in #Stukkendeharte

💌 Brose liefde in #Stukkendeharte   🌹 Romantiese uittreksel (aptytwekker) > “Larisa, jy is my eerste liefde. Larisa, jy is my laaste liefde. Ja, ek is nog jonk en die lewe lê voor my, maar ek ken hierdie hart van my. Elke klop spel ’n letter van jou naam uit. My asemteue fluister jou naam, Larisa.”   Die dag van liefde is om die draai, en min dinge vang die essensie van jong romanse so raak soos Larisa en Anton se verhaal. In #Stukkendeharte ontdek ons die brose liefde wat tussen hulle ontvlam het – ’n liefde wat beloof het om ’n oneindige verhaal te skryf.   Hierdie uittreksel herinner ons dat ware liefde dikwels sag en kwesbaar is, maar tog sterk genoeg om elke asem en elke hartklop te vul. Dit is die soort liefde wat lesers laat droom, laat hoop en laat onthou dat elke fluistering van ’n naam kosbaar is.   Hou aan volg #Stukkendeharte – die reis van liefde, verlies en menslike verbondenheid wag om jou hart te raak.  

Seënwense vir 2026 – Rooi Mier

Seënwense vir 2026 – Rooi Mier ’n Nuwe jaar, ’n nuwe begin met nuwe uitdagings en verwagtinge. Ons is hoopvol dat dit in 2026 beter met ons sal gaan. Dan is daar ook onsekerheid oor die onbekende. Hoe ons egter die jaar gaan beleef, rus grootliks in ons verhouding met ons Skepper. Wie is Hy vir jou? Wat is ons verwagtinge van Hom? Is Jesus Christus jou Verlosser en Saligmaker? Indien Hy is, wil ek u bemoedig dat u nie hoef te vrees nie, want ek word bemoedig deur Paulus in II Timótheüs 1:7: Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Laat ons God eerste plaas in alles, daarom word ons bemoedig: Matthéüs 6:33-34 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. Kom ons versterk ons verhouding met God. Laat Hy vir ons ’n liefdevolle Vader wees, altyd teenwoordig...