Die Verlore Seun Hoofstuk 8 – Rooi Mier Die volgende oggend is Josáfat vol hoop. “Die mense sal my tog nie ’n werk aanbied en my dan van die honger laat sterf nie. Iets het sekerlik voorgeval. Hulle sal definitief vandag opdaag met kos en water. Dit is mos die logiese ding om te doen. Hulle het iemand nodig om hulle varke op te pas. As ek te swak en te honger is om die diere teen rowers en wilde diere te beskerm, baat dit hulle tog niks nie.” Met sy verswakte liggaam trek Josáfat water uit die put vir die varke. “Ek moet besig bly om die honger teen te werk.” Terwyl hy werk, kyk hy telkens op of hy nie dalk ’n stofwolkie in die verte sien opstyg nie. Dit sou beteken dat skoon water en kos op pad is. Teen tienuur die oggend sien hy inderdaad ’n stofwolkie. “Ek het mos gesê die mense sal my nie in die steek laat nie.” Hy gaan sit op ’n rots. Ná ’n rukkie besef hy egter dat die stofwolkie afkomstig is van ’n trek wat ver van hom af verbygaan. Teen twaalfuur die middag, soos gem...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.