ONDER DIE BRUG Hoofstuk 1, Waar hoop en honger mekaar ontmoet deur Rooimier Stadig, honger en moeg staan hy op uit sy bed onder die halwe brug in die stad. Hy gryp ’n bottel water wat langs hom staan. Die water is bruinerig in die plastiek 2-liter bottel. Hy vat ’n sluk, spoel sy mond en spuug dit uit voordat hy weer sluk om sy knaende hongerpyn te probeer stil. Dan gooi hy nog ’n bietjie op sy linkerhand, was sy vuil maar bruin gesig, en vee sy nat hand oor sy baard en hare wat vaalgrys vertoon. Sy buurman se plastiekkombers roer en gee hom ’n skewe, geelbruin, haasbek-glimlag, asof hy nou wakker word in sy vyfsterkamer. Hy lyk op die oog af so sorgeloos. “Môre, Martin,” groet hy. Hy vlieg op, hardloop om die pilaar om leeg te maak. “Man, se knypers is mos nie meer so goed nie.” Martin is elke dag verwonderd oor die positiwiteit van hierdie oud-Upingtonner. Eintlik is hy van Kanon Eiland, maar niemand hier rond weet waar dit is nie. So hy is van Upington – uit en geda...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.