Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf 2026

Onder die Brug Hoofstuk 1, Waar hoop en honger mekaar ontmoet.

ONDER DIE BRUG Hoofstuk 1, Waar hoop en honger mekaar ontmoet  deur Rooimier Stadig, honger en moeg staan hy op uit sy bed onder die halwe brug in die stad. Hy gryp ’n bottel water wat langs hom staan. Die water is bruinerig in die plastiek 2-liter bottel. Hy vat ’n sluk, spoel sy mond en spuug dit uit voordat hy weer sluk om sy knaende hongerpyn te probeer stil. Dan gooi hy nog ’n bietjie op sy linkerhand, was sy vuil maar bruin gesig, en vee sy nat hand oor sy baard en hare wat vaalgrys vertoon. Sy buurman se plastiekkombers roer en gee hom ’n skewe, geelbruin, haasbek-glimlag, asof hy nou wakker word in sy vyfsterkamer. Hy lyk op die oog af so sorgeloos. “Môre, Martin,” groet hy. Hy vlieg op, hardloop om die pilaar om leeg te maak. “Man, se knypers is mos nie meer so goed nie.” Martin is elke dag verwonderd oor die positiwiteit van hierdie oud-Upingtonner. Eintlik is hy van Kanon Eiland, maar niemand hier rond weet waar dit is nie. So hy is van Upington – uit en geda...

Dronkaard

Dronkaard - Onbekend Die omie kom gebukkend, skuifelend die pad afgestap, sy verkreukelde hoed styf in sy hand vasgeklem. Die plooie trek donker dongas oor sy gesig, en sy oë is dof en blou. Sy klere hang soos ʼn meelsak om hom, sy skoene het al beter dae gesien. Sy hare wapper in drie slierte om sy voorkop, sonverbrand. "Boetie! Boetie!" roep hy na my. Ek gee hom een kyk en kyk dan anderpad. Net nog 'n boemelaar, net nog 'n bedelaar. "Boetie! Boetie!" roep hy weer. Ek draai my rug op hom en sluit die motordeur oop. "Boetie, boetie! Wag, ek wil met jou praat." Sy stem is skor. "Seker van al die drank," dink ek, klim in die motor en sluit die deur Hy struikel van die sypaadjie af, kom krom, oud en verwaarloos na my aangestap. Ek skakel die motor aan, kry trurat en verlaat hom, eensaam en alleen. "Kry vir jou werk. Maak soos ek maak, dit bring geld, dan kan jy suip tot jy omval," gaan deur my gedagtes. Ek kry eerste rat, wikkel die...

Plekke in #Stukkendeharte, 'n toekomstige verhaal. Vanwyksvlei Noord Kaap

Plekke in #Stukkendeharte, Vanwyksvlei, Noord Kaap   Vanwyksvlei, Steven, Sarie en Mavis se dorp. Foto no 3 is Kokerboom straat waarin dié 3 woon. Baie dankie vir foto bydrae van lesers Geraldine Adams en Stefanus Tieties. In die hart van die Noord-Kaap lê Vanwyksvlei, ’n geharde dorpie wat al sedert 1882 bestaan. Geleë in een van die droogste dele van die sentrale Karoo, is Vanwyksvlei sinoniem met uithouvermoë, eenvoud en ’n diep verbondenheid tot die land en sy mense. Die dorp is oorspronklik gestig as Van Wyk’s Vley Estate en is vernoem na ’n plaaslike boer. Water was van die begin af ’n lewenslyn vir die gemeenskap. Die Vanwyksvlei-dam, gebou in 1882, was die eerste regeringsdam in Suid-Afrika en speel steeds ’n belangrike rol in die dorp se oorlewing. Vandag huisves Vanwyksvlei sowat 1 700 inwoners, waarvan die meerderheid bruinmense is. Die gemeenskap is hegte en trots, met baie wat steeds hul bestaan maak uit veeboerdery, veral skaapboerdery. Die dorre land...

Plekke genoem in #Stukkendeharte, 'n toekomstige verhaal. Keetmanshoop Namibia

Plekke genoem in #Stukkendeharte, Keetmanshoop, Namibia Keetmanshoop waar Martin in Hoofstuk 23 was. Keetmanshoop is ’n historiese juweel in die suide van Namibië, bekend vir sy unieke landskappe, koloniale argitektuur en die ikoniese Kokerboomwoud. Hierdie blog neem jou op ’n reis deur sy verlede, mense en besienswaardighede. 🌍 Keetmanshoop: Die Hart van Suidelike Namibië Keetmanshoop, geleë in die ǁKaras-streek van Namibië, is nie net ’n strategiese spilpunt op die pad na Lüderitz of die Visriviercanyon nie, maar ook ’n dorp met ’n ryk geskiedenis en unieke natuurlike skoonheid. Gestig op 14 April 1866 deur die Rynse Sendinggenootskap, het Keetmanshoop ontstaan rondom ’n sendingstasie op die terrein van ’n fontein bekend as ǂNūǂgoaes, wat beteken “Swartmodder” in die Khoekhoe-taal. Die dorp is vernoem na Johann Keetman, ’n Duitse filantroop wat die sendingstasie finansieel ondersteun het, al het hy self nooit die dorp besoek nie. Vandag is Keetmanshoop die administratiew...

Plekke genoem in #Stukkendeharte, 'n toekomstige verhaal, Carnarvon Noord Kaap

Plekke genoem in #Stukkendeharte, Carnarvon, Noord Kaap Willem se dorp, Carnavon Hoofstuk 36. Ek het seker +- 10 jaar terug dié plek gesien en ook net deurgery. Ek het familie hier. Carnarvon in die Noord-Kaap is ’n dorpie met ’n ryk geskiedenis, unieke mense en verrassende besienswaardighede—’n ware Karoo-skat wat wag om ontdek te word. Carnarvon, geleë in die hartjie van die Noord-Kaap, is ’n dorpie wat die siel van die Karoo vasvang. Gestig in 1853 op die terrein van die ou Rynse sendingstasie Schietfontein, het Carnarvon gegroei uit ’n plek van sendingwerk tot ’n gemeenskap wat vandag bekend is vir sy kultuur, gasvryheid en wetenskaplike relevansie. Die dorp se geskiedenis is diep verweef met die stories van die Bastergemeenskap en die invloed van sendelinge soos ds. Christian Wilhelm Alheit. Hierdie geskiedenis leef voort in die argitektuur van die dorp, soos die ikoniese NG...

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug

Voorwoord / Aptytwekker – Onder die Brug - Rooi Mier Onder die Brug neem jou mee op ’n reis van pyn, hoop en onverwagte genesing. Hierdie Afrikaanse kortverhaal speel af in die strate en skuilplekke van Kaapstad, waar mense soms aan die rand van die samelewing leef – maar tog, selfs daar, skyn die lig van vergifnis en liefde. Die verhaal volg John, ’n man van geloof en volharding, wat homself oorgee aan die uitdagings van die lewe en die onvoorspelbare draaie van menslike verhoudings. Hy word gekonfronteer met verraad, verlies en onsekerheid, maar vind tog krag in sy geloof en die eenvoud van opregte gebed. Saam met hom ervaar ons die pyn en vreugde van Elton en Jolene, asook die onverskrokke veerkragtigheid van Martin, ’n voormalige “bergie” wie se lewe onverwags ’n wending neem. Die verhaal ondersoek diep menslike emosies: die swaar las van misverstand en die bevrydende krag van vergifnis. Dit wys hoe selfs in die donkerste oomblikke – of onder ’n stad se koue brug – genade, liefde e...

Die Verlore Seun Hoofstuk 13, Die Slot

Die Verlore Seun – Hoofstuk 13 Die Slot Rooi Mier Josáfat voel oorweldig. Hy het op die meeste verwag dat sy pa hom ’n dienskneg sou maak nadat hy soveel hartseer veroorsaak het. Dieselfde vader wat hy verwerp het, verwelkom hom nou met ope arms terug. Daar is absoluut niks wat hy kan doen om dit te vergoed nie. Hy dink aan sy verlede. Alles wat hy deurgemaak het, was die gevolg van sy eie keuses. Hy het sy pa geblameer omdat hy sogenaamde “outydse” waardes op hom afgedwing het. Nou besef hy: sy pa het dit nie afgedwing nie — hy het hom ’n keuse gegee. Om binne die raamwerk van familie-waardes te leef, was sy eie besluit. Hy het Markus ook geblameer. Maar waarvoor? Omdat Markus gehoorsaam was? Omdat hy die waardes nie net aanvaar het nie, maar geleef het? Ag, as ek maar net nie so kortsigtig was nie, kon ek my al die pyn gespaar het. “Ja, Josáfat,” hoor hy sy pa se stem in sy gedagtes, “sonde en ongehoorsaamheid bring pyn — meestal vir jouself. Ons word vir ons eie sondes vera...

Die Verlore Seun Hoofstuk 12

Die Verlore Seun – Hoofstuk 12 Rooi Mier Josáfat voel steeds dat hy nie werd is om deel van die familie te wees nie. Skamerig stap hy by die deur uit. Wat dink die mense regtig van my? Dis maklik om te sê: “Moenie jou aan ander steur nie,” maar dis nie maklik om te doen nie. Om te hoor dat sy omstandighede verander het, sê ook nie veel. Ja, hy hoef nie meer te swerf nie — maar hy is ook nie amptelik weer deel van die familie nie. Hy is nie juis lus vir mense nie, maar hy moet sy vader gehoorsaam. Jona was ook nie lus om gehoorsaam te wees nie — die opdragte van ’n Vader is nie altyd na jou sin nie. Hy staan ’n oomblik in die deuropening. Sy oë ontmoet dié van sy suster. Daar is trots in haar blik. Sy knik goedkeurend. Absalom roep hom nader. “Kom staan hier langs my, Josáfat. Kom hier, Benjamin.” Hy fluister in Benjamin se oor. Benjamin verdwyn die huis in. Almal wag in spanning. Na ’n rukkie kom Benjamin terug met iets wat in ’n doek toegedraai is. Absalom haal hul famili...

Die Verlore Seun Hoofstuk 11

Die Verlore Seun – Hoofstuk 11 Rooi Mier “Waar is Markus, my man? Hoe laat kom hy dan huistoe?” “Het jy vergeet? Hy kom nie vanaand huistoe nie. Hy is by die veekamp wat heel suid lê. Ons sien hom môreaand.” “Josáfat het rus nodig. Ek gaan vra dat hulle vir hom opskep sodat hy kan eet en gaan slaap. Jy kan hom môre behoorlik terugverwelkom, my man. Ek gaan gou sy slaapjurk haal — dan kan jy dit vir hom neem.” “Ek maak so. Daar is nog ’n paar dinge wat ek gereed moet kry vir môre.” Leah gaan sit weer op die stoep. Sy neurie ’n psalm terwyl haar naaldwerk vlytig en akkuraat voortgaan. Dit is asof daar nuwe lewe in daardie verouderde hande is. Absalom stap meer regop rond en roep bevele uit. “Môre sal ’n goeie dag wees. Dit sal die eerste dag van die res van ons lewe wees — ten minste van my en Leah s’n. Ons gesinnetjie is weer voltallig. Ons drie dogters wat getroud is, sal nie betyds hier kan wees nie, behalwe dalk die jongste. Sy en haar man woon nie ver hiervandaan nie. Ek mo...

Die Verlore Seun Hoofstuk 10

Die Verlore Seun – Hoofstuk 10 Rooi Mier Leah sit op die stoep en wieg heen en weer. Vandag is sy ekstra tranerig. “Ek verlang so baie na my kind. Wat eet hy? Het hy ’n dak oor sy kop? Asseblief, Here, stuur tog my kind terug huistoe.” Sy lig haar kop op van die naaldwerk en kyk verlangend in die rigting waarheen sy altyd kyk. Niks. Iets vang haar oog ’n bietjie meer oos. Twee figure kom aangestap. “Ek wonder wie dit nou kan wees. My oë is ook nie meer wat dit moet wees nie. Magdalena! Magdalena!” Die diensmeisie verskyn in die deur. “Ek is hier, mevrou.” “Hoe ver is die kos?” “Nog so ’n halfuur, mevrou.” Leah beduie in die rigting van die aankomende figure. “Daar kom mense aan. Hulle sal seker honger wees.” “O, mevrou… ek sien hulle nou. Wag ’n bietjie — dit is meneer wat iemand ondersteun. Die persoon lyk baie swak. Hy leun op sy skouer.” Leah se hart begin skielik vinniger klop. Sy probeer so kalm as moontlik klink. “Kyk mooi. Kan jy die ander persoon herken?” “Nee,...

Die Verlore Seun Hoofstuk 9

Die Verlore Seun Hoofstuk 9–  Rooi Mier Dit is glad nie 'n maklike reis nie. Josáfat het vir twee volle dae niks gehad om te eet nie en die water wat hy moes drink was vuil. Nou is hy op reis met geen voedsel en 'n kruikie vuil water.  "Here, as dit U wil is, help my om veilig tuis te kom." Hy visualiseer sy eindbestemming. Dit dryf hom voort. Aan die einde van die dag het hy geen idee van hoe ver hy gereis het, hoe ver hy nog moes reis en of hy nog op koers is nie. Soos met die Isrealiete van ouds, kom daar twyfel in sy hart. "Moes ek nie maar by die varkkraal gebly het nie? Was dit nie 'n veiliger opsie nie?" Hy beur egter voort maar die wilskrag is nie meer dieselfde nie. Terwyl hy so loop kom daar 'n gedagte by hom op. "As hy gereeld sy kos en skoon water gekry het by die varkkraal, sou sy trots hom toelaat het om te erken dat hy fouteer het?" Hy kom tot die slotsom dat dit hom dalk langer sou neem maar hy weet lankal dat hy verkeerd en...

Die Verlore Seun Hoofstuk 8

Die Verlore Seun Hoofstuk 8 – Rooi Mier Die volgende oggend is Josáfat vol hoop. “Die mense sal my tog nie ’n werk aanbied en my dan van die honger laat sterf nie. Iets het sekerlik voorgeval. Hulle sal definitief vandag opdaag met kos en water. Dit is mos die logiese ding om te doen. Hulle het iemand nodig om hulle varke op te pas. As ek te swak en te honger is om die diere teen rowers en wilde diere te beskerm, baat dit hulle tog niks nie.” Met sy verswakte liggaam trek Josáfat water uit die put vir die varke. “Ek moet besig bly om die honger teen te werk.” Terwyl hy werk, kyk hy telkens op of hy nie dalk ’n stofwolkie in die verte sien opstyg nie. Dit sou beteken dat skoon water en kos op pad is. Teen tienuur die oggend sien hy inderdaad ’n stofwolkie. “Ek het mos gesê die mense sal my nie in die steek laat nie.” Hy gaan sit op ’n rots. Ná ’n rukkie besef hy egter dat die stofwolkie afkomstig is van ’n trek wat ver van hom af verbygaan. Teen twaalfuur die middag, soos gem...

Die Verlore Seun Hoofstuk 7

Die Verlore Seun – Hoofstuk 7 Rooi Mier Leah het die hele nag gehuil. Waar is haar kind? Lewe hy nog? En as hy lewe, het hy darem iets om te eet? Sy weet dat al wat vir haar oorbly, gebed is. Deur haar trane het sy die vorige aand by God gesmeek om haar seun te bewaar. Vanoggend is sy totaal uitgeput – só erg dat sy nie eens kon opstaan om kos vir haar man en Markus voor te sit nie. Alhoewel haar dienaresse dit kon doen, voel sy dat dit haar taak is as vrou en ma. Vandag is sy egter eenvoudig te moeg. Sy vermoed dat Absalom net so uitgeput is. Hy het ook die hele nag rondgerol. Tog weet sy dat hy sal opstaan en veld toe gaan. Sy kan nie onthou dat haar man al ooit ’n dag se werk gemis het nie, behalwe vir die Sabbat of wanneer hulle Jerusalem toe gereis het. Maar hy raak oud, en dit maak haar bekommerd. Ouderdom haal ’n mens stil-stil in. Sy sien hoe hy deesdae ’n bietjie langer neem om sy take af te handel en meer rusperiodes nodig het. Sy span is betroubaar, maar Absalom glo daar...

Die Verlore Seun Hoofstuk 6

Die Verlore Seun Hoofstuk 6 – Rooi Mier Markus is vroeg op, soos gewoonlik. Hy sal harder moet werk. Absalom, sy pa, het juis gisteraand begin skimp dat hulle ’n huis vir sy bruid sal moet begin bou. Markus weet sy pa begin dink dat dit binnekort tyd is dat hy sy bruid moet gaan haal. Terwyl hy in die landerye werk, dink hy aan hul tradisies. Baie van die jongmanne in die streek wil hê dat die tradisies – of ten minste sekere gedeeltes daarvan – afgeskaf moet word, maar vir hom is dit perfek. Hy sal altyd aan sy tradisies wil vashou. Sy gedagtes gaan terug na die dag van die onderhandelinge, nou al drie jaar gelede. Die moeilikste oomblik vir hom was toe hy ’n glasie wyn — wat eintlik net vars uitgedrukte druiwesap was — aan sy bruid aangebied het. As sy die glasie sou weier, sou dit beteken dat sy nie met hom wou trou nie. Dit was ’n senutergende oomblik. Groot was sy verligting toe sy dit neem en drink. Op daardie oomblik het sy werklik sy bruid geword. Met hulle terugreis het h...

Die Verlore Seun Hoofstuk 5

Die Verlore Seun Hoofstuk 5 – Rooi Mier Markus is vroeg op, soos gewoonlik. Nadat hy sy span aan die werk gesit het, staan en dink hy aan sy naderende troudag. Die probleem is net: hy weet nie wanneer hy sy bruid moet gaan haal nie. Volgens hulle kultuur moet sy onder andere besluit wanneer hy moet gaan. Intussen moet hy maar aanhou werk en voorberei vir die onbekende dag. Hy dink ook aan Josáfat. Wat maak hy? Sy onverantwoordelikheid gaan Markus se verstand te bowe. Vir hom is dit verregaande dat ’n mens so ongehoorsaam aan jou vader kan wees, en dat daardie einste vader steeds daagliks oor die horison kyk of hy hom nie dalk sien aankom nie. Pappa Absalom gee hopeloos te veel genade. Hoekom skryf hy nie net die kind af en kry klaar nie? Dit is immers duidelik vir almal dat Josáfat nie gaan terugkom nie—ten minste nie terwyl hy nog enigiets oor het nie. Soms wens Markus dat hulle albei weer klein was. Alhoewel Josáfat reeds toe tekens van selfsug gewys het en duidelik nie baie erg geha...