Die Verlore Seun – Hoofstuk 11 Rooi Mier “Waar is Markus, my man? Hoe laat kom hy dan huistoe?” “Het jy vergeet? Hy kom nie vanaand huistoe nie. Hy is by die veekamp wat heel suid lê. Ons sien hom môreaand.” “Josáfat het rus nodig. Ek gaan vra dat hulle vir hom opskep sodat hy kan eet en gaan slaap. Jy kan hom môre behoorlik terugverwelkom, my man. Ek gaan gou sy slaapjurk haal — dan kan jy dit vir hom neem.” “Ek maak so. Daar is nog ’n paar dinge wat ek gereed moet kry vir môre.” Leah gaan sit weer op die stoep. Sy neurie ’n psalm terwyl haar naaldwerk vlytig en akkuraat voortgaan. Dit is asof daar nuwe lewe in daardie verouderde hande is. Absalom stap meer regop rond en roep bevele uit. “Môre sal ’n goeie dag wees. Dit sal die eerste dag van die res van ons lewe wees — ten minste van my en Leah s’n. Ons gesinnetjie is weer voltallig. Ons drie dogters wat getroud is, sal nie betyds hier kan wees nie, behalwe dalk die jongste. Sy en haar man woon nie ver hiervandaan nie. Ek mo...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.