Die Verlore Seun – Hoofstuk 7 Rooi Mier Leah het die hele nag gehuil. Waar is haar kind? Lewe hy nog? En as hy lewe, het hy darem iets om te eet? Sy weet dat al wat vir haar oorbly, gebed is. Deur haar trane het sy die vorige aand by God gesmeek om haar seun te bewaar. Vanoggend is sy totaal uitgeput – só erg dat sy nie eens kon opstaan om kos vir haar man en Markus voor te sit nie. Alhoewel haar dienaresse dit kon doen, voel sy dat dit haar taak is as vrou en ma. Vandag is sy egter eenvoudig te moeg. Sy vermoed dat Absalom net so uitgeput is. Hy het ook die hele nag rondgerol. Tog weet sy dat hy sal opstaan en veld toe gaan. Sy kan nie onthou dat haar man al ooit ’n dag se werk gemis het nie, behalwe vir die Sabbat of wanneer hulle Jerusalem toe gereis het. Maar hy raak oud, en dit maak haar bekommerd. Ouderdom haal ’n mens stil-stil in. Sy sien hoe hy deesdae ’n bietjie langer neem om sy take af te handel en meer rusperiodes nodig het. Sy span is betroubaar, maar Absalom glo daar...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.