Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Die Verlore Seun Hoofstuk 12

  Die Verlore Seun – Hoofstuk 12 Rooi Mier Josáfat voel steeds dat hy nie werd is om deel van die familie te wees nie. Skamerig stap hy by die deur uit. Wat dink die mense regtig van my? Dis maklik om te sê: “Moenie jou aan ander steur nie,” maar dis nie maklik om te doen nie. Om te hoor dat sy omstandighede verander het, sê ook nie veel. Ja, hy hoef nie meer te swerf nie — maar hy is ook nie amptelik weer deel van die familie nie. Hy is nie juis lus vir mense nie, maar hy moet sy vader gehoorsaam. Jona was ook nie lus om gehoorsaam te wees nie — die opdragte van ’n Vader is nie altyd na jou sin nie. Hy staan ’n oomblik in die deuropening. Sy oë ontmoet dié van sy suster. Daar is trots in haar blik. Sy knik goedkeurend. Absalom roep hom nader. “Kom staan hier langs my, Josáfat. Kom hier, Benjamin.” Hy fluister in Benjamin se oor. Benjamin verdwyn die huis in. Almal wag in spanning. Na ’n rukkie kom Benjamin terug met iets wat in ’n doek toegedraai is. Absalom haal hul...

Die Verlore Seun Hoofstuk 11

Die Verlore Seun – Hoofstuk 11 Rooi Mier “Waar is Markus, my man? Hoe laat kom hy dan huistoe?” “Het jy vergeet? Hy kom nie vanaand huistoe nie. Hy is by die veekamp wat heel suid lê. Ons sien hom môreaand.” “Josáfat het rus nodig. Ek gaan vra dat hulle vir hom opskep sodat hy kan eet en gaan slaap. Jy kan hom môre behoorlik terugverwelkom, my man. Ek gaan gou sy slaapjurk haal — dan kan jy dit vir hom neem.” “Ek maak so. Daar is nog ’n paar dinge wat ek gereed moet kry vir môre.” Leah gaan sit weer op die stoep. Sy neurie ’n psalm terwyl haar naaldwerk vlytig en akkuraat voortgaan. Dit is asof daar nuwe lewe in daardie verouderde hande is. Absalom stap meer regop rond en roep bevele uit. “Môre sal ’n goeie dag wees. Dit sal die eerste dag van die res van ons lewe wees — ten minste van my en Leah s’n. Ons gesinnetjie is weer voltallig. Ons drie dogters wat getroud is, sal nie betyds hier kan wees nie, behalwe dalk die jongste. Sy en haar man woon nie ver hiervandaan nie. Ek mo...

Die Verlore Seun Hoofstuk 10

Die Verlore Seun – Hoofstuk 10 Rooi Mier Leah sit op die stoep en wieg heen en weer. Vandag is sy ekstra tranerig. “Ek verlang so baie na my kind. Wat eet hy? Het hy ’n dak oor sy kop? Asseblief, Here, stuur tog my kind terug huistoe.” Sy lig haar kop op van die naaldwerk en kyk verlangend in die rigting waarheen sy altyd kyk. Niks. Iets vang haar oog ’n bietjie meer oos. Twee figure kom aangestap. “Ek wonder wie dit nou kan wees. My oë is ook nie meer wat dit moet wees nie. Magdalena! Magdalena!” Die diensmeisie verskyn in die deur. “Ek is hier, mevrou.” “Hoe ver is die kos?” “Nog so ’n halfuur, mevrou.” Leah beduie in die rigting van die aankomende figure. “Daar kom mense aan. Hulle sal seker honger wees.” “O, mevrou… ek sien hulle nou. Wag ’n bietjie — dit is meneer wat iemand ondersteun. Die persoon lyk baie swak. Hy leun op sy skouer.” Leah se hart begin skielik vinniger klop. Sy probeer so kalm as moontlik klink. “Kyk mooi. Kan jy die ander persoon herken?” “Nee,...

Die Verlore Seun Hoofstuk 9

  Die Verlore Seun Hoofstuk 9–  Rooi Mier Dit is glad nie 'n maklike reis nie. Josáfat het vir twee volle dae niks gehad om te eet nie en die water wat hy moes drink was vuil. Nou is hy op reis met geen voedsel en 'n kruikie vuil water.  "Here, as dit U wil is, help my om veilig tuis te kom." Hy visualiseer sy eindbestemming. Dit dryf hom voort. Aan die einde van die dag het hy geen idee van hoe ver hy gereis het, hoe ver hy nog moes reis en of hy nog op koers is nie. Soos met die Isrealiete van ouds, kom daar twyfel in sy hart. "Moes ek nie maar by die varkkraal gebly het nie? Was dit nie 'n veiliger opsie nie?" Hy beur egter voort maar die wilskrag is nie meer dieselfde nie. Terwyl hy so loop kom daar 'n gedagte by hom op. "As hy gereeld sy kos en skoon water gekry het by die varkkraal, sou sy trots hom toelaat het om te erken dat hy fouteer het?" Hy kom tot die slotsom dat dit hom dalk langer sou neem maar hy weet lankal dat hy verkeerd ...

Die Verlore Seun Hoofstuk 8

Die Verlore Seun Hoofstuk 8 – Rooi Mier Die volgende oggend is Josáfat vol hoop. “Die mense sal my tog nie ’n werk aanbied en my dan van die honger laat sterf nie. Iets het sekerlik voorgeval. Hulle sal definitief vandag opdaag met kos en water. Dit is mos die logiese ding om te doen. Hulle het iemand nodig om hulle varke op te pas. As ek te swak en te honger is om die diere teen rowers en wilde diere te beskerm, baat dit hulle tog niks nie.” Met sy verswakte liggaam trek Josáfat water uit die put vir die varke. “Ek moet besig bly om die honger teen te werk.” Terwyl hy werk, kyk hy telkens op of hy nie dalk ’n stofwolkie in die verte sien opstyg nie. Dit sou beteken dat skoon water en kos op pad is. Teen tienuur die oggend sien hy inderdaad ’n stofwolkie. “Ek het mos gesê die mense sal my nie in die steek laat nie.” Hy gaan sit op ’n rots. Ná ’n rukkie besef hy egter dat die stofwolkie afkomstig is van ’n trek wat ver van hom af verbygaan. Teen twaalfuur die middag, soos g...