Die Verlore Seun – Hoofstuk 12 Rooi Mier Josáfat voel steeds dat hy nie werd is om deel van die familie te wees nie. Skamerig stap hy by die deur uit. Wat dink die mense regtig van my? Dis maklik om te sê: “Moenie jou aan ander steur nie,” maar dis nie maklik om te doen nie. Om te hoor dat sy omstandighede verander het, sê ook nie veel. Ja, hy hoef nie meer te swerf nie — maar hy is ook nie amptelik weer deel van die familie nie. Hy is nie juis lus vir mense nie, maar hy moet sy vader gehoorsaam. Jona was ook nie lus om gehoorsaam te wees nie — die opdragte van ’n Vader is nie altyd na jou sin nie. Hy staan ’n oomblik in die deuropening. Sy oë ontmoet dié van sy suster. Daar is trots in haar blik. Sy knik goedkeurend. Absalom roep hom nader. “Kom staan hier langs my, Josáfat. Kom hier, Benjamin.” Hy fluister in Benjamin se oor. Benjamin verdwyn die huis in. Almal wag in spanning. Na ’n rukkie kom Benjamin terug met iets wat in ’n doek toegedraai is. Absalom haal hul...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.