Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Die Verlore Seun Hoofstuk 5

Die Verlore Seun Hoofstuk 5 – Rooi Mier Markus is vroeg op, soos gewoonlik. Nadat hy sy span aan die werk gesit het, staan en dink hy aan sy naderende troudag. Die probleem is net: hy weet nie wanneer hy sy bruid moet gaan haal nie. Volgens hulle kultuur moet sy onder andere besluit wanneer hy moet gaan. Intussen moet hy maar aanhou werk en voorberei vir die onbekende dag. Hy dink ook aan Josáfat. Wat maak hy? Sy onverantwoordelikheid gaan Markus se verstand te bowe. Vir hom is dit verregaande dat ’n mens so ongehoorsaam aan jou vader kan wees, en dat daardie einste vader steeds daagliks oor die horison kyk of hy hom nie dalk sien aankom nie. Pappa Absalom gee hopeloos te veel genade. Hoekom skryf hy nie net die kind af en kry klaar nie? Dit is immers duidelik vir almal dat Josáfat nie gaan terugkom nie—ten minste nie terwyl hy nog enigiets oor het nie. Soms wens Markus dat hulle albei weer klein was. Alhoewel Josáfat reeds toe tekens van selfsug gewys het en duidelik nie baie erg geha...

Die Verlore Seun Hoofstuk 4

Die Verlore Seun Hoofstuk 4 – Rooi Mier Josáfat kom by ’n streek uit wat naby ’n stad geleë is. Dit sal vir hom die perfekte eindbestemming wees. Dit is nie ver om stad toe te gaan nie, en hier kan hy sy vee laat wei. Hy merk op dat die vee wat die mense hier aanhou, verskil van dié waar hy vandaan kom. Die mense hier rond hou ook varke aan. As ’n Jood is dit vir hom ’n gruwel. Sy tradisie laat hom nie toe om naby daardie goed te kom nie. Josáfat slaan laer op. Hy gaan net hier bly totdat die eienaar van die grond opdaag. Dan sal hy aanbied om die stuk grond te koop. Hy kan dit bekostig om ’n goeie prys te bied. Intussen kan hy lekker uitrus sodat hy môre ’n bietjie die stad kan gaan verken. Hy het al gesien, soos hy getrek het, dat die mense hier rond nie so eng is nie. Hulle lewe. Dit is die soort lewe wat hy wil voer. Sal dit dan nou so ’n groot sonde wees as hy ’n bietjie dronk word? Hy lag kliphard toe hy aan sy ouboet Markus dink. “Hy gaan sekerlik ’n oorval kry as hy ho...

Die Verlore Seun Hoofstuk 3

Die Verlore Seun Hoofstuk 3 – Rooi Mier Die volgende paar dae is daar ’n gewerskaf soos min. Skape word getel volgens geslag en ouderdom. Alles word volgens ’n bepaalde verhouding verdeel sodat Absalom, Markus en Josáfat elk kry wat hulle toekom. Die erfporsie wat die seuns ontvang, is dieselfde as wat hulle sou kry indien hulle sou trou. Dit is die eerste keer dat Josáfat regtig hard werk—nie uit ywer nie, maar om seker te maak dat hy nie dalk ingeloop word nie. Sy kwota slawe werk net so hard om al sy besittings gereed te kry vir die trek. Dié slawe is egter nie gelukkig dat hulle aan hom toegeken is nie. Hulle weet dat hulle geen waardigheid van hom sal ontvang nie, en ook geen regverdigheid nie. Lyfstraf sal mildelik toegedien word. Hulle kan egter nie kla nie. Slawe kla nie—dit kan hulle straf op die hals haal. Dit neem omtrent ’n maand om alles gereed te kry. Markus sorg dat hy in die veld is toe Josáfat vertrek. Leah omhels Josáfat. “My kind, belowe jy sal mooi na jouse...

Die Verlore Seun Hoofstuk 2

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 2 Daardie aand gaan Absalom bekommerd bed toe. Die kind van hom is ’n ware willewragtig. Hy weet Josáfat gaan nie ophou voordat hy sy sin gekry het nie. Ons het hom nie so grootgemaak nie, dink hy. Hy dink die lewe is maanskyn en rose, maar hy gaan hom vasloop. “Leah, ons het ’n probleem.” “Wat is dit, my man? Was daar weer moeilikheid onder die slawe? Ons behandel hulle beter as die meeste boere in die kontrei, maar daar bly maar probleme. Dit is net daai opstoker, Saul, wat altyd moeilikheid maak.” “Nee, vrou. Dit is Josáfat.” “Ai, die kind. Wat het hy nou weer aangevang? Moet ons hom nie maar na sy oom toe stuur nie?” “Ons kan nie ons probleem op iemand anders afsmeer nie. Ons moet dit self hanteer.” “Wat is sy probleem dié keer?” “Hy wil weggaan. Hy wil die plaas verlaat om die wêreld te leer ken.” “Na een van die stede toe? Nog ’n Sodom of Gomorra? Die mense leef daar asof daar nie ’n God is nie.” “Nou wat gaan jy maak, my man?”...

Die Verlore Seun Hoofstuk 1

Die Verlore Seun – Rooi Mier Hoofstuk 1 (Gebaseer op die gelyknamige Bybelse gelykenis) Hierdie verhaal dra ek op aan een van ons Mier-familie, Nicolene Engelbrecht. Sy is vir my ’n baken van hoop en innerlike krag. (Ek kan nie meer sê nie, want ek respekteer haar privaatheid.) Om hierdie storie te kon skryf, het ek name aan die karakters gegee. Alhoewel dit ’n verhaal is, sal daar Skrifgedeeltes aangehaal word om die agtergrond in lyn met die Bybel te hou. Josáfat is keelvol vir die harde werk. “Hoekom moet ek soos ’n arbeider leef terwyl my pa ryk is? Dis mos onnodig. Ek wil die lewe gaan beleef. Die stories wat die verkoopsmanne altyd vertel, klink vreeslik interessant. Dit klink vir my asof die mense dáár buite regtig leef. Hier moet ek maar op ’n hopie sit. Die bediendes se meisiekinders is so pragtig, maar ek is nie eens veronderstel om aan hulle te raak nie. As ek dit wel doen, moet ek hulle dreig met verkoop aan buitelanders, en dat hulle nooit weer hul families sa...