Die Verlore Seun Hoofstuk 5 – Rooi Mier Markus is vroeg op, soos gewoonlik. Nadat hy sy span aan die werk gesit het, staan en dink hy aan sy naderende troudag. Die probleem is net: hy weet nie wanneer hy sy bruid moet gaan haal nie. Volgens hulle kultuur moet sy onder andere besluit wanneer hy moet gaan. Intussen moet hy maar aanhou werk en voorberei vir die onbekende dag. Hy dink ook aan Josáfat. Wat maak hy? Sy onverantwoordelikheid gaan Markus se verstand te bowe. Vir hom is dit verregaande dat ’n mens so ongehoorsaam aan jou vader kan wees, en dat daardie einste vader steeds daagliks oor die horison kyk of hy hom nie dalk sien aankom nie. Pappa Absalom gee hopeloos te veel genade. Hoekom skryf hy nie net die kind af en kry klaar nie? Dit is immers duidelik vir almal dat Josáfat nie gaan terugkom nie—ten minste nie terwyl hy nog enigiets oor het nie. Soms wens Markus dat hulle albei weer klein was. Alhoewel Josáfat reeds toe tekens van selfsug gewys het en duidelik nie baie erg geha...
Lus vir om sommer net Afrikaanse stories en gedigte te lees vir die lekker.