Dinsdag 26 Maart 2024

#Stukkendeharte S2 Hfst 60 - Rooi Mier

#Stukkendeharte S2 Hfst 60 - Rooi Mier

Net toe hy by Larry aankom, kom daar twee voertuie aan en hulle draai in na waar die aksie was. Hy kyk die voertuie agterna terwyl hy die deur oopmaak. Albei voertuie het ten minste vier persone in.

“Ek wonder darem Larry, dit is nie die polisie nie.”

Hy voel onrustig en klim vinnig in die voertuig.

“Kom, gou Larry, volg hulle. Iets is fout.”

Larry trek met skreeuende bande weg. Paul kry darem tyd om die immobiliseerder te druk om sy voertuig te sluit. Hy weet nie eers verseker of sy motor se vensters op is nie.

Shane hou die vuurwapen gerig op die twee gevangenes terwyl dit Spiertier, wat intussen bygekom het naby sit en sy kop vas hou. Shane het natuurlik seker gemaak dat hy nie gewapen is nie.

Rencia is nuuskierig oor hoe die huis van binne lyk. Die deur is nie gesluit nie. Sy gaan binne, skakel die ligte aan en is verstom dat die huis so smaakvol gemeubileer is. Sy hoop dat daar niemand binne is nie. Dit lyk nogal bietjie stowwerig en ‘n venster aan die agterkant is oop.

Sy hoor hoe voertuie buite optrek toe sy uit die badkamer kom.

“Uiteindelik! Ek sal maar net ‘n ander plan moet beraam om Max self in die hande te kry en te laat boet”

Buite is Shane verbouereerd. Die manne wat uit die voertuie klim is beslis nie polisiemanne en hulle het vuurwapens in hul hande; almal van hulle. Dit is beslis nie die polisie nie.

Hy gee vinnig ‘n tree nader aan Max, trek hom op en beweeg sodat met sy rug teen die muur staan met Max voor hom. Sy vuurwapen teen Meneer M sê kop.

“Wie is julle?” 

Die agt manne staan dreigend nader. Dit duidelik die leier wat sy hand opsteek en beduie die ander moet stop.

Sy stem builder skielik, “Speurder, jy kan seker tel né. Ons is agt plus Long Tom en jy is net een. Dit is die eerste keer dat ek so ‘n onnoselle speurder sien wat alleen opereer. 

Al skiet jy ook vir Meneer M gaan jy nie lewend weg kom nie. Laat hom vry!”

Shane weet dat al sou hy Max vrylaat, sal hulle hom nog steeds skiet. Hy trek Max vas teen hom met sy linkerhand van agter oor Max se bors terwyl hy die vuurwapen teen Max se kop druk.

Skielik klink daar ‘n skoot op. Die patroon slaan met millimeters te spaar, sonder om Shane se kop te tref teen die muur agter hom vas. Hy skrik toe ‘n stukkie van die pleisterwerk teen sy kop skiet. Die hand wat Meneer M vashou, los vir ‘n oomblik, seker om aan sy agterkom te voel maar Max begin te val daarom gryp hy onmiddelik weer vas. Hy besef dat hy dood kon gewese het want dit was nie iemand wat gemis het nie maar eerder wat opsetlik wou mis.

“Arme speurdertjie, as ek wou was jy nou morsdood. Ek was ‘n skerpskutter in die weermag; van die bestes. Laat Max gaan of jy is dood.

O ja, ek is onbeskof, ek het myself nog nie voorgestel nie. Rodney Damons. Jy ken seker my naam?”

Shane besef onmiddelik wie dit is. Die naam word gekoppel aan moorde op verskillende top speurders, ‘n magistraat of twee, aanklaers en advokate.

Shane kap terug, “Wat soek jy hier, is jy ook een van Max se skoothondjies.”

Rodney glimlag, “n Skatryk skoothondjie terwyl jy ‘n paar sente verdien. Kom oor dié kant toe Shane Cupido. Max kan jou status van middelklas, dit is mos wat ‘n staatsamptenaar is, na ryk verander.”

“Nooit!”

“Dan gaan jy arm sterf ou maat.”

Skielik klap daar weer ‘n skoot. Rodney sê vuurwapen val en hy gryp na sy skouer.

“Eina! Deksels!”

Sy manne duik almal grond toe. Niemand het dit verwag nie. Wie het nou geskiet?

Nog ‘n skoot klap. Hierdie keer steier Rodney teen ‘n motor vas, hy gryp na sy bors, gee dan ‘n tree vorentoe en val op sy gesig.

Die hel bars los. Rodney se manne begin wild te skiet in die rigting van waar die skoot gekom het. Dit lyk nie of hulle enige opleiding gehad het nie.

Terwyl almal se oë en vuur gerig is op ‘n bos daar naby, glip Shane met Max, wat nou swaar voel, by die huis se deur in.

“Waar bly die polisie? Dit was duidelik nie een van hulle wat geskiet het nie want die risiko dat ek en Max raakgeskiet word, soos die manne nouwild skiet, was te groot.

Dit kan ook nie Rencia wees nie. Sy sou ook nie skiet nie en sy is iewers hier in die huis.”

Shane kyk rond, “Rencia, Rencia, waar is jy?”, fluisterroep hy.

Geen antwoord. Max voel baie swaar en hy hang. 

“Iets is fout. Is hy miskien raakgeskiet?”

Dit lyk of Max bewusteloos is. “Ek val nie daarvoor nie Meneer M. Jou plan gaan nie werk nie.”

Hy skud aan Max maar daar is geen reaksie nie.

“Ek moet die deur sluit. Max kan nie so vinnig beweeg nie. Ek moet die kans vat.”

Hy lê hom op sy maag neer met die hande wat geboei is agter sy rug, beweeg versigtig agteruit, wapen op Max gerig en sluit met een hand.

Buite klink daar nog enkele skote op. Dan hoor Shane die geluid van polisiesirenes.

“Uiteindelik!”

Die skietery hou op. Shane hoor morirdeure klap.

“Waar is Rencia?”

Dan klink daar vier skote op.

Rencia, het net uit die badkamer gekom toe sy die eerste skoot hoor. Sy hoor ‘n stem opklink. 

“Dit klink soos …, nee dit kan nie wees nie.”

Dan hoor sy die naam, Rodney. Sy vries geskok. 

“So ons paaie kruis weer, my liewe stiefboetie.”

Haat begin skielik in haar oorkook. Dit bring ‘n donker, boosaardige gevoel in haar op. Rencia staan ‘n minuut of twee stil om haar self onder beheer te bring. Dit is egter moeilik.

“As daar een mens in hierdie wêreld is wat ek meer haat as vir Max, dan is dit my stiefboetie.

Ek het gehoop dat Max my na hom gaan lei. Nou, nadat ek begin hoop opgee het, gebeur dit skielik.”

Sy haal diep asem en klim deur die venster. Buite kry sy haar vuurwapen gereed. Waar sy aan die kant van die huis staan hoor sy hoe hy Shane probeer omkoop.

So ‘n entjie weg van die huis af sien sy bome.

“Ek kan dit gebruik as skeiling en probeer in ‘n posisie kom waar ek almal kan sien.”

Rencia hardloop eers agtertoe, dan peil sy op die bome af. Agter die bome kruip sy soos ‘n luiperd om in ‘n posisie te kom waar sy almal wat voor die huis is kan sien. 

Daar staan hy. So naby en tog so ver. Shane staan met sy rug teen die muur en hou Max voor hom vas.

“Ek kan jou nou doodskiet gemors maar dit kan Shane se lewe in gevaar plaas. Vir die res gee ek nie om nie.”

Haar korrel is op haar stiefbroer se hart.

Dan merk sy ‘n beweging links van haar op. Eers dink sy dat dit deel van Rodney se manne is maar herken vir Larry toe hy half regop kom.

Larry het ‘n vuurwapen in sy hand en hy skiet; Rodney se vuurwapen val.

“Wat maak jy?”, fluister skree sy vir Larry.

Rencia besef dat dinge lelik kan raak. Protokol of te nie, sy sal moet skiet om verwarring te veroorsaak.

Haar skoot tref Rodney in die hart.

#RooiMier

©Rooi Mier 17.01.2023

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Plekke in #Stukkendeharte -Upington

Plekke in #Stukkendeharte -Upington Gordonia Hospitaal Dr Harry Surtie Hospitaal Upington Medi -Clinic ...