#Stukkendeharte S2 Hfst 56 - Rooi Mier
Rencia besluit om in haar motor te gaan wag. Nie Paul of Larry ken haar nie so dit behoort nie suspisieus te wees nie.
Max kreun en beweeg sy arm. Yvonne sug verlig. Dit beteken sy het nie 'n fout gemaak nie. Die laaste inspuiting wat die dokter aan Max toegedien het was inderdaad 'n placebo. Dit het geen uitwerking gehad op Max nie.
Sy trek Andy aan die arm na die voorste vertrek toe en maak die deur agter haar toe.
"Kan jy nou sien Andy? Max sou beslis nie doodgegaan het nie. As ons hom hiervandaan vervoer het sou hy op die pad bygekom het.
Ek dink egter jy is verlig want dit is duidelik dat jy nie 'n moordenaar is nie.
Wat het Max dan gesondig?"
"Ek is net moeg daarvoor om altyd te vlug van hom af. Hy het my lewe geruineer. As ek ‘n normale lewe wil lei, moet hy sterf.”
Yvonne kyk hom vraend aan en dink, “wat het Max aan dié man gedoen?”
Sy sê hardop, “Ek sal maar nie verder vra nie want dit is duidelik dat jy nie daaroor wil praat nie.”
Rencia wonder of sy Shane moet inlig. Hy sit daar Bo in sy kantoor en weet nie dat Paul en Larry letterlik onder sy neus is nie. Van waar sy sit in haar motor, kyk sy na sy kantoor se vensters.
“Ek wonder wat hy gaan sê as hy die werklike rede waarom ek spesifiek met hom op Max se saak werk, weet. As ek weet ek moes arms draai om op die saak geplaas te word.
Moes ek nou staan en verlief raak op die man. Dit is nie goed nie.
Shame is die eerlikste, reguitpad speurder wat ek ken. Vir dié rede sal ek maar my gevoelens vir hom moet onderdruk en die verhouding stop. Dit is vir die beste maar ek sterk genoeg kan wees om dit deur te voer?
Dit is duidelik dat Paul en Larry op iets of iemand wag. Shane wag daar bo vir my so ek sal hom seker moet verwittig hoekom ek nog nie by Hom is nie.”
“Hi Rencia, jy is laat, waar is jy?”
“Ek sit hier onder in my motor. Raai vir wie sien ek hier onder?”
“Kom op dan vertel jy my persoonlik, ek kan nie wag om jou te sien nie.”
“Ernstig Shane, jy sal nou wil weet.”
“Nou sê tog maar Rencia dan kom jy op.”
“Ek dink nie jy sal wil hê dat ek op kom nie. Dit is Paul en Larry!”
Daar is ‘n paar sekondes van stilte.
“Shane? Is jy nog daar?”
“Jy bedoel Paul die privaatspeurder en Larry wat ‘G’ was? Die gewese handlanger van Candice?”
“Ken jy ‘n ander Paul en Larry kombinasie? Natuurlik is dit hulle.”
“Ek kom dadelik!”
“Nee Shane, hulle gaan jou sien en dalk weg gaan. Dit lyk of hulle vir iemand wag. Dalk is dit vir Yvonne. Dit is dalk ons kans om haar op te spoor.
Ek lui nou af.”
“Ek kan nie in my kantoor sit en wag nie.”
Shane sluit sy kantoor. Hy pyl op die noodtrappe af wat hom agter die gebou sal laat uitkom.
By die uitgang gooi hy die bos blomme wat Hy nog steeds in sy hand het in die vullisblik. Daar staan ‘n ambulans buite.
“Iemand in die gebou het seker siek geword. Die nooduitgang is seker beter en vinniger om by ‘n pasiënt uit te kom.”
Shane gee nie veel verdere aandag daaraan nie en loop agterom die gebou totdat hy die parkeerarea voor kan sien. Hy sien Rencia in die motor sit en wou net na haar toe beweeg toe hy Paul en Larry sien.
“Ek sal maar hier moet wag.”
Max kreun weer. Dit lyk of hy bykom. Yvonne draai na hom toe.
“Dit lyk my hy kom by Andy. Wat nou?”
“Nou moet ons hom hier weg kry. Ek het reeds ‘n ambulans van ‘n privaatmaatskappy bestel. Dit staan hier agter die gebou. Die paramedici is alreeds oppad. Hulle gebruik die hysbak vir voorraad.”
Daar is ‘n klop aan die deur. Andy maak oop. Twee manne staan daar met ‘n draagbaar.
“Kom binne. Het iemand julle gesien?”
“Nee meneer. Daar het wel iemand verby die ambulans gekoop maar ek dink nie hy het iets vermoed nie.”
Die kort, gespierde man kyk vir oulaas in die gang op en af terwyl die langer een na Max toe loop.
“Ek dog jy sê die man is bewusteloos meneer. Meneer wie nou weer?”
“Moet jou nie bekommer oor my naam nie. Laai hom en bind hom vas op die draagbaar.”
“Maar hy is dan vasgebind.”
“Man, hoe het jy ‘n paramedikus geword? Natuurlik moét jy hom eers losmaak en dan weer op die draagbaar vasbind. Sorg ook dat hy nie kan praat of skree nie. Niemand mag ook sy gesig sien nie.”
“Maar dit is dan Max, meneer M. Die polisie soek hom dan!”
“Betaal èk jou of die polisie?” Andy klink geïrriteerd.
Rencia raak rusteloos.
“Ek kan nie net so sit nie. Hopelik kan ek vinnig na Shane se kantoor toe gaan. Dit lyk nie of Paul en Larry iewers gaan nie.”
Sy klim uit haar motor en stap na die hoofingang terwyl sy net so vlugtig in hul rigting kyk. Op die tweede vloer loop sy verby paramedici met ‘n pasiënt op ‘n draagbaar. Daar loop ook ‘n verpleegster agter hulle aan. Sy lyk vaagweg bekend maar Rencia stap aan. Sy klop aan Shane se kantoor se deur. Dit was nogals vreemd vir haar dat hy ‘n kantoor weg van die polisiestasie gekry het maar sy verstaan dat dit ‘n tydelike reëling is omdat hy eintlik in Kaapstad gebaseer is en Max se saak is sensitief. Sy klop weer, nog steeds geen antwoord nie.
Sy gebruik hul kodeklop, nog steeds niks.
“Dit is snaaks, hy was dan nou net hier.”
Sy wou net weer klop toe onthou sy wie die verpleegster is.
“Yvonne, dit is Yvonne.”
Sy haas haar in die gang af. Hulle is weg.
“Ag toggie, waar het hulle heen verdwyn? Hoe kon ek hulle verloor?
As dit Yvonne is, is die pasiënt dalk Max Adriaanse. Verdomde Max Adriaanse; het hy alweer weggekom.
Ek sal jou nog kry Meneer M! Dit is al jare dat ek op jou spoor is maar dié wraak gaan soet wees. Stroopsoet!”
#RooiMier
©Rooi Mier 17.01.2023
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking