Sondag 24 Maart 2024

#Stukkendeharte S2 Hfst 58 - Rooi Mier

#Stukkendeharte S2 Hfst 58 - Rooi Mier


“Dit is tyd dat ek beheer neem.”

Sahara skakel Lawrence se nommer.

“Kan jy vanaand by my kom eet?”

Lawrence klink verbaas, “Wat is die geleentheid?”

“Sahara het my nog nooit uitgenooi vandat ons ontdek het ons is nie broer en suster nie. Wat wil sy sê?”

Hy kan egter aan geen moontlike rede dink behalwe dat sy wil sê sy voel nog steeds vir hom soos ‘n broer. Net die gedagte maak hom neerslagtig.

“Asseblief tog, net nie dit nie.”

“Kom jy?”, klink Sahara se stem in sy ore op.

“Ja ek sal. Ek moet net gou vir my ma sê ek gaan nie hier eet nie. Dit is al amper ons etenstyd.”

“Ma Iris sal verstaan. Sê ek stuur my liefde.”

Hy ry gou winkel toe om haar gunsteling sjokolade te koop en ‘n bos blomme.

Andy ontvang die liggingspen, skakel sy motor aan en begin te ry volgens die aanwysings.

“Upington is nogal nie ‘n slegte plek nie. Onder normale omstandighede sou ek hier kon woon, as ek net die hitte kan hanteer.”

Shane volg Yvonne, Wie die ambulans volg verby die militêre basis. Kort op sy hakke volg Rencia. 

Hy sien dat die ambulans se regter flikker aangaan en trek af. As hy nou aanry sal Yvonne beslis bewus word van die feit dat hy haar volg. Teen die tyd dat die ambulans draai het hy alreeds afgetrek.

Rencia trek agter hom op. Hy merk die voertuig op wat ‘n hele ent agter hulle ook aftrek.

Rencia draai haar vensters af toe hy nader stap. Hy haal sy sel uit en skakel iemand.

“Hallo Larry. Ek is bewus van jou en Paul agter ons. Wees gewaarsku, as julle inmeng slaap julle agter die tralies.”

“Maar ons probeer net vir Yvonne kry.”

“Ek sal alles probeer om haar veilig te hou Larry. Ek weet net nie hoe ek haar uit die tronk gaan hou as sy betrokke is by Max se ontsnapping uit die tronk nie.

Ek lui af.”

“Hulle het by ‘n grond pad afgedraai, so ek dink nie hulle sal te ver ry nie. Klim saam met my by my motor in.”

Rencia kyk hom vraend aan.

“Wat van my motor. Jy vergeet ons is in Suid Afrika, ek sal dalk nooit weer my kar sien nie.

Shane glimlag.

“Ook weer waar. Wag, ek het ‘n plan.”

Hy haal weer sy sel uit.

“Larry, jy en Paul moet die voertuig wat ons hier agter laat oppad asseblief. Ek los die sleutel. Julle kan ons mos sien. Ons gaan met my motor ry.”

Rencia klim uit en sy stap na Shane se motor. Hy sluit haar motor, waai die sleutel vir Paul hulle om te sien en sit dit voor die regteragterwiel. 

“Wie is die dame by hom? Glad nie sleg nie Larry.”

“Ons is hier om Yvonne te kry, hou jou hormone in toom.”

Larry glimlag. Hulle ry tot by die motor wat Shane hulle agtergelaat het.

Paul, as gevolg van sy privaatspeurder agtergrond, neem onmiddelik die sleutel en druk die immobiliseerder. Hy klim in die motor en begin onmiddelik te snuffel.

Dit neem hom nie lank om sy leidrade te vind nie.

“Sy is ‘n speurder of polisievrou.”

Hy klim weer uit, gee die sleutel vir Larry en gaan klim after die stuurwiel by Larry se voertuig.

“My suster is daar anderkant. Ek kan nie hier wag nie. Pas jy maar die kar op.”

‘n Ander voertuig ry verby hulle. Net toe hy wou wegtrek, sien Paul dat die voertuig ook sy flikker aan het om by die pad voor regs in te draai. 

“Wie kan dit nou wees? Ek sal maar ‘n rukkie moet wag.”

“Ja Paul, dit is veiliger.”

Andy draai van die hoofpad af. So 600 tot 800 meter weg sien hy 'n groot huis. Daar staan ‘n ambulans en nog ‘n voertuig. Yvonne klim uit die voertuig.

Dan sien hy ‘n voertuig, nie te ver van waar hy is agter ‘n bos. Dit lyk of dit weggesteek is. Hy stop.

“Wat gaan hier aan? Wie Wil nie gesien wees nie?”

Hy kyk na die huis en weer na die voertuig. Dit is leeg.

“Shane die speurder, dit is sy voertuig. Wat nou gemaak? Shane mag my nie sien nie.”

Hy draai om en ry uit. By die hoofpad staan hy stil en bel vir Yvonne.

“Sy moet weet van Shane. Hoe gaan sy wegkom?”

“Hi Andy, ons is by die plek.”

“Yvonne, jy moet daar wegkom, Shane die speurder is dalk daar. Sy motor is hier naby die hoofpad.”

“Wat sê jy?”

“Onmiddelik! Probeer naby die hoofpad kom. Ek ry weg. Bel my as jy weggekom het.”

Hy draai regs, weg van die voertuie wat daar langs die pad staan.

“Is hulle dalk ook van die polisie?”

Een van die voertuie trek weg en begin in sy rigting te ry. Andy probeer kalm voort te ry.

Hy sien dat die voertuig afdraai waar hy uitgekom het. 

“So hulle is van die polisie.”

Sahara se hart bokspring skielik toe haar deurklokkie lui.

“Ag nee meisiekind, jy is mos nie meer ‘n tiener nie.”

Sy kyk vir laas of alles reg is. Die kerse brand en die tafel is mooi gedek. Sy gaan maak die deur oop.

Lawrence wou net weer klop toe die deur oopswaai. Sy wit tande skitter toe hy glimlag.

“Amper klop ek in jou gesig.”

Sy glimlag net.

“Kom binne.”

Intussen het Max heeltemal bygekom. Hy kyk van die een paramedikus na die ander.

“Waar is ek? Waar vat julle my heen?”

Die spiertier paramedikus maak hom los en beduie hy moet stil bly.

“Of ek slaan jou mond vir jou toe.”

Max kyk weer na die langer een. Hy lyk bekend.

“Ken ons mekaar? Waar het ons ontmoet Langes?”

Die lange vermy sy oë.

“Nee, ek ken jou net van die TV af.”

Max is nie oortuig nie. Hy kyk hom stip aan. Sy gedagtes gaan terug na die tyd wat hy die eerste keer in Upington gekom het. Hy het die ou omgekoop vir inligting. ‘Langes’ was toe nog in die polisiemag.

“Twee keer!”

Spiertier kyk na hom.

“Yl jy? Wat beteken dit?”

“Niks. Ek dink maar net hardop.”

Toe Spiertier weg kyk wys hy twee met sy vingers en vryf met sy duim op sy gebuigde wysvinger. 

Langes ken daai teken. Dit is geld. 

“Hy wil my twee keer soveel aanbied as wat ek nou gaan kry. So ek moet hom seker help ontsnap?”

Hy kyk weg van Spiertier en Max want dit voel of hulle sy gedagtes kan lees.

Spiertier beduie dat hy moet help regop te kry.

“Kom ons kyk of hy al kan loop met ondersteuning.”

Max bly regop maar moet ondersteun word. Hulle stap stadig na die groot huis toe.”

“Dit is sowaar Meneer M.”

Shane klink beside verbaas en opgewonde. 

“Uiteindelik!”

Rencia is bly dat sy besluit het op jeans waar sy en Shane aan die kant van die huis agter ‘n paar dromme wegkruip en alles dophou.

Hulle is verbaas toe Yvonne skielik in haar motor klim en wegry. Dit is egter onmoontlik om haar nou te volg sonder om gesien te word.

“Waarheen gaan sy dan nou”, vra Langes verwonderd.

Daar is ‘n bankie naby die deur. Die paramedici laat Max daarop sit. Langes haal sy sel uit. Hy stap weg om ‘n oproep te maak. 

Spiertier sluit die deur oop maar hy hou Max gedurig onder oë.

“Mens weet nooit met hom nie.”

Langes kom terug en sê, “Alles is gereël …”,  hy bly vir ‘n betekenisvolle wyle stil en gaan dan voort, “Max is hierdie keer vas.”

Hy kyk Max stip in die oë. 

#RooiMier

©Rooi Mier 17.01.2023

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Plekke in #Stukkendeharte -Upington

Plekke in #Stukkendeharte -Upington Gordonia Hospitaal Dr Harry Surtie Hospitaal Upington Medi -Clinic ...