Woensdag 20 Maart 2024

#Stukkendeharte S2 Hfst 55 - Rooi Mier

#Stukkendeharte S2 Hfst 55 - Rooi Mier


Die dokter tel die derde inspuiting op. 

Yvonne kyk hom gespanne aan.

Hy stap na Max toe en spuit hom in.

Yvonne kom staan agter hom. Sy tel die tweede inspuiting van dié wat gister voorberei was op en druk dit van agter af in die dokter se nek. Sy spuit alles uit. 

Die dokter gryp na sy nek. 

"Wat het nou gebeur?"

Hy draai om en sien die spuitnaald in Yvonne se hand.

"Wat het jy nou gedoen?"

"Wat nou Yvonne? Hoekom het jy dit gedoen?"

"Moenie bekommerd wees nie Andy. Sy verlamming gaan net tydelik wees."

Sy draai na die dokter.

"Ek hoop ek is reg né dok. Dit is nommer 2. Jy gaan mos net tydelike verlamming voel?

Dit is nou tyd dat jy die waarheid praat. Vertel vir Andy wat jy gedoen het."

"Sal iemand my vertel wat aangaan asseblief. Dokter? Verpleegster? Praat!"

"Gaan jy praat dokter terwyl jy nog kan?

Sy tel spuit nommer 3 op. 

"As jy nie wil nie maak ek dié ook leeg in jou. Jy sal my nie kan keer nie. Praat gou!"

Andy vererg hom.

"Sal iemand nou praat!"

Die dokter raak wankelrig.

"Die inspuitings wat ek Max gegee het…"

Die dokter hou op praat. Yvonne staan dreigend nader.

"Dit is placebo's."

"Wat is dit?"

 Andy staan ook nou nader.

Die dokter sak inmekaar. Hy kan nie meer staan nie en dit lyk of hy nie kan praat nie."

"Placebo's is basies soos water of dit is pille wat geen effek op jou het nie."

Hulle draai albei na Max toe. Andy ruk aan hom.

"Max kom nou. Jy is uitgevang."

Max reageer egter nie. 

"Max, jy kan maar ophou toneelspeel. Het jy die dokter omgekoop?"

Geen reaksie. 

Yvonne staan nader. Sy voel of daar asemhaling is. Daar is maar baie flou. Op die oog af lyk dit nie so nie. Sy hartklop is ook baie flou.

Sy skrik!

"Het ek 'n fout gemaak? Het hy die regte inspuitings gegee? Is Max besig om dood te gaan?

Het ek nou die dokter vals beskuldig?"

"En nou Yvonne? Is jy seker dit was placebo's? Max lyk nie of hy dit gaan maak nie."

"Ons sal maar moet wag en kyk Andy. Ek was so seker van my saak. Dit gaan 'n paar minute neem om te sien of Max sterf en die dokter sal binne 'n uur weer reg wees want hy het nie die laaste inspuiting gekry nie."

Yvonne stap oor na waar die dokter lê. Hy is nog by sy volle positiewe maar hy is nie enigsins instaat om te beweeg nie.

"Dokter, as jy my kan hoor, knik net jou kop of oë."

Yvonne staan naby sodat sy kan sien indien daar enige reaksie is. Niks nie.

Andy loop op en af. 

"Hoe kon jy so onverantwoordelik optree Yvonne? As die dokter sterf as gevolg van jou optrede is dit op jou gewete. Ek het 'n rede om Max uit die weg te ruim maar eintlik het ek nog nooit iemand vermoor of laat vermoor nie. Ek dink nie een van ons soek onskuldige bloed op ons hande nie."

"Wel, moord bly moord al het die persoon ook wat gedoen. Ek weet dit, jy weet dit. As Max sterf het ons bloed op ons hande. Ons gaan moordenaars wees Andy."

Andy antwoord haar nie. Hy wens net hy was nie nou in hierdie situasie nie. 

Paul se sel lui.

"Larry, ek is oppad na jou plek toe."

"Kom liewer hier na my werksplek toe. Hier is iets wat jy moet sien. Ek wag hier."

Tien minute later is Paul by Larry. 

"Hi. Wat moet ek so dringend sien."

"Hi. Ons is dalk nader aan Yvonne as wat ons dink "

"Hoekom sê jy so?"

"Die motor waarin sy vanoggend gery het staan daar."

Larry wys na die voertuig.

"Seker?"

"Ja, ek is seker. Daar is 'n merk aan die motor wat sy vanoggend gery het. Dié motor het dieselfde merk op dieselfde kant en alhoewel ek nie die registrasie gesien het nie, is dit dieselfde model.

Dit kan nie toeval wees nie."

"Hoe lank staan die voertuig nou hier?"

"'n Geruime tyd, ek het dit al vroeër vanmiddag gesien."

"En jy sê my nou eers?"

"Ag man. Niks het nog gebeur nie. Gaan jy nou aan elke deur in die gebou klop? Dit sal 'n lang tyd neem. Ons sal tog maar net moet wag."

Rencia stop voor dieselfde gebou. Haar hart klop vinniger as sy daaraan dink dat sy nou enige oomblik vir Shane gaan sien.

Terwyl sy na die hoofingang toe stap, verby die besighede op die grondvloer sien sy 'n refleksie van iemand bekend in 'n venster. Sy stop en kyk in die rigting waar die persoon moet staan.

"Dit is mos Larry daai. Hy was voorheen bekend as Gary of G soos hy genoem was toe hy in Max se mag was.

Die man by hom lyk ook bekend. Dit lyk na Paul Slingers, die privaatspeurder. Hy woon en werk moes in die Kaap. 

Wat soek hy hier en saam met Larry?"

Shane weet nie dat sy haar huiswerk deeglik gedoen het voordat sy met hom begin werk het nie. Sy het gesigte en name vir ure gememoriseer. Elke beskikbare detail rondom Max se saak is aan haar bekend.

"Paul is mos Yvonne se broer en Larry was verlief op haar. Dié ontmoeting kan nie toevallig wees nie. My instink sê hier is iets aan die gang."

Rencia besluit om in haar motor te gaan wag. Nie Paul of Larry ken haar nie so dit behoort nie suspisieus te wees nie.

Max kreun en beweeg sy arm.

#RooiMier

©Rooi Mier 17.01.2023

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Plekke in #Stukkendeharte -Upington

Plekke in #Stukkendeharte -Upington Gordonia Hospitaal Dr Harry Surtie Hospitaal Upington Medi -Clinic ...